Craig Bodeker is 'n jong onafhanklike filmmaker, en dit het alles begin net ná die verkiesing van pres. Obama en die daaropvolgende oproep onder neo-liberale vir n gesprek oor ras in Amerika. Bodeker het onmiddellik 'n paar dollars geleen, aan 'n paar vrae gewerk, 'n film span bymekaar gesit en die strate van Denver, Colorado waar hy woon ingevaar om onderhoude te voer.
Hy het ook 'n advertensie op 'n bekende Amerikaanse webblad gesit om vrywilligers te werf, met die tema “Beëindig rasisme nou!”, en die mense wat hy so gewerf het, het hy dan ook mee onderhoude gevoer.
Die resultaat is n interessante en eienaardig genoeg humoristiese film, geskiet in wit en swart wat alles bewys, behalwe wat Amerikaanse aanhangers van die “wit – rassisme geloof” sou wou hoor. Wat die film ( +-1uur lank) so goed maak is die eenvoud daarvan. Bodeker vra direkte vrae soos “Wat is rassisme?”; Sien jy dit in jou alledaagse lewe?”; “Kan jy my 'n voorbeeld daarvan gee?”
Die antwoorde verskil so hemelsbreed dat dit lagwekkend is.
Bodeker gaan verder, en hy vra: “ Hoekom is basketbal 90% swart? Byna almal sê omdat swartes beter daarin is. Waarop hy vra: “Is daar dan enigiets waarmee wit mense beter is as swartes?” Party byt amper hul tonge af met hierdie vraag, en die meeste sê "nee". Een dame antwoord dat daar dalk iets kan wees maar sy kan nie dink wat nie.
Daar is heelwat meer vrae wat volg, en een van die interessante vrae is wat mense dink van Mexikaanse immigrasie. Blankes is baie huiwerig en versigtig om te antwoord terwyl swartes hul afkeer direk uitspreek. Een van die voordele van die film is dat Bodeker self nie veel van 'n standpunt inneem nie.
Die film is dus nie gelaai met ideologie nie, en mens kan 'n film soos dié selfs vir hoërskoolkinders wys. Van die weinige kritiek wat hy op die film gekry het is dat hy onderhoude met te min blankes gevoer het. Sy regmatige verweer is dat dit meestal swart Amerikaners is wat kla oor rassisme.
Blanke Suid-Afrikaners sal natuurlik aan heelwat meer vrae kon dink om by te voeg. Byvoorbeeld: Hoekom kan die “African-Americans” van 40+miljoen(helft van die grote van Duitse volk) minderheidsregte kry? Hoekom kan Afrikaners van +-2.6miljoen nie minderheidsregte kry nie? En vele..vele meer.
Maar dit was uiteindelik nie die doel of omvang van die film nie en sou dit moontlik te ingewikkeld gemaak het.
Die film is van so 'n hoë gehalte dat dit deur baie groot televisienetwerke opgekoop moes gewees het, maar helaas nie 'n enkele televisienetwerk wou daaraan raak nie. As blankes in Suid-Afrika is dit nie eens nodig om te spekuleer oor die redes nie.
Bodeker het egter nie op hom laat wag nie en 'n hele paar regse radiostasies het aan hom onderhoude toegestaan, en hy verkoop nou sy briljante film op die internet.
Die film is te koop op sy webblad en daar is ook vier uittreksels op Youtube te sien:
Deel 1
Deel 2
Deel 3
Deel 4
