Terreurgroep dreig aandelemarkte

Griekse militante van die groep Rewolusionêre Stryd het Donderdag gedreig om mense op die aandelemark aan te val.

Rewolusionêre Stryd blameer die ekonomiese krisis op diegene wat betrokke is by die effektemark en het verantwoordelikheid aanvaar vir verlede week se bomaanval by die Atheense effektebeurs.

Panayotis Stathis, ‘n polisiewoordvoerder, sê dié onwettige groep se eise oor die bomaanval is nie vervals nie. Rewolusionêre Stryd is op die VSA en Europese Unie se lys van terroriste. 

Die groep het ‘n dokument van 11-bladsye, wat deur die koerant Pontiki gepubliseer is, oor die saak uitgereik.

Die dokument sê die bomaanval was ‘n duidelike boodskap aan diegene wat verantwoordelik is vir die huidige krisis en 'n waarskuwing dat hulle sal "betaal" vir hulle dade.

Die groep het aandeelhouers, kapitaliste en mense op die aandelemarkte uitgesonder. Hulle sê hulle sal strategiese aanvalle met groot hoeveelhede plofstof teen die infrastruktuur van kapitalistiese organisasie, loods.

Die groep het gesê hulle het ‘n mengsel van sowat 150 kilogramme ammoniumnitraat en petrol tydens die aanval op 2 September gebruik. 

Hulle het ook verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n aanval op 'n Eurobanktak in Athene in Mei vanjaar.

no deposit casinoлобановский александр харьков

Maak 'n opvolg-bydrae