Die nuus dat die SAUK teen die einde van die jaar met net 5 buitelandse kantore gaan sit, laat mens besef dat hul benarde situasie veel erger is as wat daar aanvanklik vermoed is. En met drie van hierdie kantore in Harare, Lagos en Kenia kan mens net wonder…
Dis egter nie net buitelandse beriggewing wat aan die agteruitgaan is nie. In spitstyd op Vrydagaande word Afrikaanse programme vertoon, wat meer as 10 jaar oud is. om van die res nie te praat nie.
In geen vrye mark sal so ʼn besigheid enige bestaansreg hê nie, en ek kan dink dat mense nie juis oor hulle voete val om hul tv-lisensies te hernu nie.
Dis hoog tyd dat iemand besluit om ʼn daaglikse nuusbulletin op die internet aan te bied, die era van die beeldradio is byna verby.
