Ek is baie bly dat die Kanadese regering besluit het om teen die Huntley-asielbesluit te appelleer, want nou sal die soeklig van die internasionale nuusmedia baie aandag bestee aan die anti-blanke pogrom wat deur die ANC-regering gevoer word.
Nou is dus die beste tyd vir al die Afrikanerbelangegroepe om kontak op te neem met sy advokaat in Kanada, mnr. Kaplan, om ook hul steun te verskaf in sy taak: Die advokate van Huntley sal nou al die beskikbare bewyse moet aanvoer om hul standpunt teen die Kanadese appel te ondersteun, nl. dat daardie blanke Suid-Afrikaner, soos al die ander wat nog in die land woon, baie doelbewus geteiken word. En daardie dokumentasie is in oorweldigende mate beskikbaar op verskeie werwe, asook by Agri-SA, Afri-Forum, PRAAG, en die Transvaalse Landbou-unie, Solidariteit se Helpende Hand organisasie e.d.m.
Dit word ook hoog tyd dat al die Afrikanerkultuurorganisasies almal hul klagtes begin lê oor hierdie feite , o.a. by die internasionale menseregtehof in Den Haag en die Europese Menseregtehof in Straatsburg. Daar is geen groot bedrae geld benodig om hierdie klagte te gaan lê nie dus sien ek nie die noodsaak van groot geldinsamelingsveldtogte hiervoor nie: al wat 'n mens eintlik nodig het is 'paar pakke papier' om die uitdraaie te maak, dit in leërs op volgorde te kry en dit dan saam met die amptelike aanklagte – hopelik geskryf deur regsgeleerdes vanuit die Afrikanergemeenskap — te pos na Straatsburg en Den Haag. Sou nie meer as 'n honderd Rand in posgeld hoef te kos nie. As die Afrikaners nie opstaan om amptelik teen hierdie pogrom te begin protesteer op hierdie wyse in die buiteland nie, sal dit nooit ophou nie.
Ek plaas dan wel hierdie insidente op rekord sover as ek kan met my beperkte fasiliteite — maar ek kan immers nie namens die Afrikanervolk praat of optree nie, anders sou ek die klagte self ook al lankal gaan plaas het. Ek is geen regsgeleerde nie.
En Afrikanerorganisasies en die slagoffers van sulke geweld self, behoort ook al hierdie feite aan te meld met al hul dokumentasie by 'n ander baie belangrike organisasie, nl. Genocide Watch, wat 'n ogie hou oor sulke sake en reëlmatig waarskuwings die wêreld instuur, o.a. by die VN. Hulle weet trouens al daarvan, en sou ongetwyfeld nuwe inligting ook waardeer: Sien hul vorige verslag oor die Afrikaner-pogrom, uit 2002. Hulle verwys daarin na alle blankes in SA as 'Boere', soos die swartes trouens ook doen.
Vriendelike groete
Adriana Stuijt
