‘Wit, blou-oog mense is verantwoordelik’

Gordon Brown se pogings om ‘n 80-miljardpond reddingspakket vir wêreldhandel aanmekaar te sit, het gisteraand ‘n struikelblok getref toe die Brasiliaanse president Luiz Inacio Lula de Silva hom uitgespreek het teen “wit, blou-oogbankiers" wat die wêreldekonomie op sy knieë gebring het.

Mnr. Brown het ongemaklik toegekyk toe sy gasheer uitgevaar het in ‘n tirade waarin hy gewaarsku het dat volgende week se G20-beraad in Londen ‘n “taai” saak kan wees.

President Lula het gesê dit is heeltemal onregverdig dat die armste mense in die wêreld swaarkry as gevolg van die foute van die ryk Westerse finansiers.

“Dit was ‘n krisis wat aangeblaas en gevoed is deur irrasionele optrede van mense wat wit is met blou oë, wat voor die krisis gelyk het of hulle alles weet van ekonomie,” het hy verklaar.

“Nou het hulle gedemonstreer dat hulle niks weet van ekonomie nie.”

President Lula, die leier van Brasilië se vernaamste linkervleuelparty, het gesê dat geen swart man of vrou, geen inheemse persoon, geen arm persoon op enige manier verantwoordelik is vir die globale bankkrisis nie.

“Ek ken geen swart bankier nie,” het hy gesê. “Die deel van die mensdom wat verantwoordelik is, behoort vir die krisis te betaal.”

Brasilië is die derde been van mnr. Brown se toer, wat Dinsdag afgeskop het met ‘n toespraak aan die Europese parlement in Straatsburg, voor hy na New York gegaan het.

Sy pogings om die grondslag te lê vir die beraad word egter gepla deur spanning tussen Amerika en Europa oor hoe om die afplatting te hanteer.

Die Tsjeggiese eerste minister, Mirek Topolanek, die huidige EU-president, het die Amerikaanse president Barack Obama se fiskale stimulus en hulppakket “die weg na die hel” genoem.

отделочные материалы для ваннойФильчаков прокурор отзывы

Gordon Brown gaan Britse troonopvolging verander

Gordon Brown wil die eeue oue wet verander wat aan mans prioriteit gee oor hulle ouer susters in die koninklike lyn van opvolging.

Die verbod op lede van die koninklike gesin om met Rooms Katolieke te trou – tensy hulle hul eis op die troon prysgee – kan ook van die tafel gevee word.

Die eerste minister glo die 1701 Wet van Skikking is ‘n anomalie wat geen plek het in die 21ste eeu nie, het Downing Straat bronne gisternag gesê.

Buckingham paleis is simpatiek teenoor die idee en reg om oor die saak te praat.

Indien die verandering nou ingestel word, sal prinses Anne van die 10de posisie af klim na die vierde in lyn vir die troon, en in die proses prins Andrew en Edward en hul kinders verbysteek.

Daar sal egter geen verandering wees aan die vereiste vir die monarg om ‘n Protestant te wes nie.

So 'n verandering sal die posisie van die Kerk van Engeland as die erkende kerk in gedrang stel, omdat die wet vereis dat die monarg ook die algehele leier van die kerk is.

детски машинатопкарго кидалы

Malema na Orania

ANK-jeugliga president Julius Malema – bekend vir sy wilde sêgoed – gaan die koeksistermonument in Orania die naweek besoek.

Met die ANK wat skaars steun geniet in die dorp, het een Kimberley-inwoner die ironie vergelyk met Eugene Terreblanche wat probeer stemme werf in Soweto.

Dit kan beskou word as openbare betrekkinge, aangesien dit Malema se eerste besoek aan die Afrikanertuiste.

Malema en sy gevolg gaan gesprekke voer met die Vryheidsfront Plus, waar hy “minderhede gaan betrek as deel van die inisiatief om een nasie en ‘n algemene gevoel van patriotisme te bou”.

Die jeugliga het ook sy beoogde besoek as ‘n “historiese sending” beskou om swart en wit te verenig.

Vryheidsfront provinsiale leier Carel Boshoff IV het gesê Malema sal net so welkom wees as enige ander gas.

Hy het vinnig uitgewys dat volgens hulle kennis, was dit nie ‘n ANK saamtrek as sulks nie, maar eerder ‘n geleentheid om te kan praat oor sake wat die jeug raak.светодиодные светильникиФильчаков прокуратура харьков

IVP wil ook met Afrikaners praat

Die Inkhata Vryheidsparty het aangekondig dat 10 prominente Afrikaanse organisasies op Vrydag, 27 Maart met die IVP president, prins Mangosuthu Buthelezi, gaan praat by ‘n IVP-forum in Pretoria.

Die forum gaan fokus op  verskeie belangrike verkiesingsake, soos minderheidsregte, rasvoorkeur, die emigrasie van ‘n miljoen Suid-Afrikaners, die status van die Afrikaanse taal en meer.

Sommige van die organisasies wat aanbiedings maak is: die FW de Klerk-stigting, ATKV, FAK, Solidariteit, AgriSA, die Erfenisstigting, die Instituut vir Afrikaanse Prokureurs en professor Lawrence Schlemmer.

Die hoofuitvoerendebeampte van Solidariteit, Flip Buys sal die forum lei.подвесные светильникиалександр лобановский класс

Polisieman beseer in studente oproer

‘n Polisieman is beseer en drie studente gearresteer gedurende ‘n protesaksie in Mquanduli, het Oos-Kaapse polisie Donderdag gesê.

Superintendent Mzukisi Fatyela het gesê studente het Woensdagoggend geprotesteer by die Dalibaso Senior sekondêre skool, oor die departement se besluit om sommige van hulle terug te sit na die vorige graad.

“Polisie is gekontak, en met hulle aankoms is hulle onder klippe gesteek deur ‘n groep woedende studente.”

Fatyela het gesê ‘n kaptein het wonde aan sy kop opgedoen en is hospitaal toe geneem. Sy polisievoertuig is ook beskadig.

Drie studente is gearresteer en polisie verwag om binnekort nog arrestasies te maak.

‘n Saak van aanranding en opsetlike saakbeskadiging is geopen.

купить шапочку для новорожденной девочкилобановский александр харьков

Afrikaners het sleutelrol gespeel, s? Zuma

ImageDie Afrikanergemeenskap het ‘n sleutelrol gespeel in die skepping van die nuwe Suid-Afrika, het ANK-president Jacob Zuma Donderdag in Pretoria gesê.

“Die Afrikanergemeenskap het ‘n sleutelrol gespeel in die daarstelling van die nuwe Suid-Afrika, van die historiese vergaderings in Dakar, Senegal in die 1980’s tot met die saamwerk om ‘n demokratiese skikking te vind,” het Zuma gesê tydens ‘n vergadering met Afrikaanse professionele en besigheidsmense.

Zuma het ‘n paar planne van die ANK uitgewys om misdaad, gesondheid, onderwys, grondhervorming en ekonomiese beleid oor die volgende 5 jaar te benader.

Hy het gesê wanneer dit by onderwys kom, die ANK wil fokus op taalontwikkeling, veral sedert navorsing getoon het dat dit die mees effektiewe metode is wanneer kinders begin om te leer in hulle huistaal.

“Ons is bekommerd oor berigte dat sommige swart kinders Engelse onderrig verkies en nie baie ernstig is oor hulle huistaal nie. Dit beteken dat ons baie moet doen om die inheemse tale te bevorder.”

Terwyl die ANK nie Engels en Afrikaans wil agterweë stel nie, wil dit verseker dat die ander tale onwikkel en geleer word.

Zuma het gesê die ANK beklemtoon sy verbintenis tot ekonomiese transformasiebeleide soos breë basis SEB en rasvoorkeur.

“Ons sien sulke beleide soos die as belangrike komponente van nasiebou, rekonsiliasie en belegging in ekonomiese groei en ontwikkeling.”

Zuma het gesê die ANK sal kyk na maniere om die instelling van die beleide te verbeter, om seker te maak dat meer mense soos jeug, vroue en gestremdes voordeel trek.

Die huidige grondhervormingsprogram moet hersien word en versnel word. Dit is ook belangrik dat mense wat grond ontvang behoorlike ondersteuning na die tyd ontvang.

“Ons moet hulle voorsien van tegniese vaardighede en finansiële bronne om die grond produktief aan te wend om volhoubare lewenswyses en behoorlike werk te skep in landelike gebiede.”

Die stryd teen MIV/Vigs bly steeds ‘n prioriteit, het Zuma gesê.

“Ons moet werk om die tempo van nuwe MIV besmettings met 50% te laat daal deur ‘n aggressiewe voorkomingsveldtog.”

светильники для душевыхлобановский харьков

Pretoria-leerlinge vir histerie behandel

Tot 25 leerlinge by ‘n hoërskool in Pretoria is Donderdag vir histerie behandel, het paramedici gesê.

“Dit kom voor dat verskeie pasiënte gehiperventileer het en sommige het selfs aanvalle gehad,” het Nick Dolman, woordvoerder van Netcare 911 gesê.

Die 20 tot 25 leerlinge tussen 14 en 15 jaar oud was meestal meisies.

Dollman het gesê 10 van die leerlinge se toestand was ernstiger as die res en hulle is van die groep geskei. ‘n Aantal toetse het hulle “medies stabiel” bevind.”

“Die polisie is na die toneel geroep en ongeveer 10 leerlinge het dwelmtoetse ondergaan. Al die uitslae was negatief,” het Dollman gesê.

Nog die paramedici, nog die onderwysers kon die rede vir die histerie vasstel. ‘n Traumaberader het die leerlinge besoek en sal Vrydag weer besoek aflê.

Op 11 Maart is 90 leerlinge in Ladysmith in KwaZulu-Natal gehospitaliseer.

Provinsiale gesondheidswoordvoerder Leon Mbangwa het gesê die 90 leerlinge, meeste van hulle meisies het geskreeu, gespring en histeries opgetree.

Verlede Maandag is 51 leerlinge by ‘n juniorskool in Lusikisiki in die Oos-Kaap gehospitaliseer oor ‘n drie dae tydperk, omdat hulle volgens hulle skoolhoof opgetree het asof hulle van die duiwel besete was.

In beide die insidente, net soos dit Donderdag was, was die meeste van die histerieslagoffers jong vroue.

интерьер гостинойлобановский александр харьков

Die resessie het ?n soet tand

ImageDit wil voorkom asof die resessie ‘n soettand het. Soos wat werkloosheid toeneem, lyk dit asof Amerikaners, en veral volwassenes meer lekkers, van jelliebeertjies tot sjokolades, veral die goedkoper soort, eet, het lekkergoedvervaardigers, winkeleienaars en industriespesialiste gesê.

Teorieë verskil oor presies hoekom. Vir baie lig suiker die gemoed van mense wat afgetrek word deur die verswakkende ekonomie, het winkeleienaars en industrie beamptes gesê. Vir ander, verteenwoordig lekkers ‘n nostalgiese herinnering aan beter tye. En iets wat belangrik is, is dat dit goedkoop is.

“Mense bederf hulself ‘n bietjie meer wanneer die ekonomie sukkel,” het Kack P. Russo, ‘n analis met die handelsfirma Edward Jones of St. Louis gesê. “Dit is laekoste items wat mense maklik kan bekostig.”

By Chicago se Candycity winkel in die Lakeview buurt het besigheid met byna 80% toegeneem vergeleke met die tyd verlede jaar, en die eienaar Terese McDonald het gesê sy sukkel om voor te bly met die aanvraag.

By 'n lekkergoe winkel in San Francisco, het die eienaar Diane Campbell haar bestellings vir nostalgiese lekkers verdriedubbel. Baie van haar kliënte sê dat ten spyte van die taaier ekonomie, hulle steeds geld eenkant sit vir lekkergoed.

Baie groot lekkergoedvervaardigers het groter verkope en verbasende winste aangemeld, selfs terwyl ander vervaardigers sukkel om kop bo water te hou.

Cadbury het ‘n 30% toename in winste aangemeld vir 2008, terwyl Nestlé se winste toegeneem het met 10,9%. Hershey, wat die groter deel van verlede jaar gesukkel het, het hulle winste sien klim met 8,5% in die vierde kwartaal. Lindt en Sprungli, wat spesialiseer in hoërklas produkte soos Lindt, het gesê dat selfs te midde hulle verwagting dat hulle van die luukse winkels sal moet sluit in 2009, dit steeds winsgewend sal bly, omdat sjokolade goed verkoop in die middelklassegment.

“Lekkergoedmaatskappye is redelik resessiebestand,” het Peter Liebhold, voorsitter van die Smithsonian werk en industrie divisie gesê. “Gedurende die Groot Depressie, het lekkergoedmaatskappye 'n bestaan bly maak.”

детские наборы доктораФильчаков

Joodse Raad kla oor Maseku se haatspraak

Die Suid-Afrikaanse Joodse raad van Adjunkte (SAJBD) het ‘n klagte gelê by die SA Menseregtekommissie (SAHRC) teen Cosatu se Bongani Maseku vir haatspraak.

Dit volg na verskeie dreigende, beledigende en opruiende verklarings wat gemaak is deur Cosatu se internasionale verhoudinge sekretaris teen die Joodse gemeenskap, het die raad in ‘n verklaring gesê.

“Op verskeie geleenthede, beide in openbare forums en op skrif, het Maseku blatante dreigende taal gebruik met verwysing na die hoofstroom Joodse gemeenskap vir hulle ondersteuning van Israel.”

“Spesifiek het hy openlik gesê dat Cosatu Joodse ondersteuners van Israel sal teiken en ‘hulle lewens hel maak’ ,” het die raad gesê.

Die SIJBD se nasionale voorsitter Zev Krengel het gesê verskeie verklarings deur Maseku is ernstige oortredings oor die verbod op haatspraak soos dit omvat is in die bevordering van gelykheid en voorkoming van onbillike diskriminasie wet.

“Die SAJBD ondersteun die reg tot vryheid van uitdrukking, maar nie tot op die punt waar dit inbreek maak op die fundamentele reg tot gelykheid en menswaardigheid van ander soos vervat in die wet op regte nie.”

“Om te vra vir die uitsmyting van en opsweping tot geweld teen mens se medeburgers vanweë hulle politieke beskouings, tree oor die lyn tussen wettige kommentaar en verbode haatspraak, en dit is wat mnr. Maseku van skuldig is,” het hy gesê.

Maseku se verskeie verklarings kan redelik beskou word as bedoeling van sy kant af om die Joodse gemeenskap in Suid-Afrika skade te berokken aan Suid-Afrikaanse Jode.

Dit kan ook redelik gestel word as ‘n duidelike bedoeling om haat te propageer teen die Joodse gemeenskap, het Krengel gesê.

yeella.comлобановский александр игоревич

Tsvangirai gereed om te werk

Morgan Tsvangirai, Zimbabwe se eerste minister in die koalisieregering, sal binne ‘n week weer terug in die tuig wees, amper 4 weke na die dood van sy vrou in ‘n botsing in Maart, het ‘n verklaring Woensdag gesê.

Sy amptelike webwerf het gesê hy sal weer diens hervat op 1 April, alhoewel hy die week gaan vergader met regeringskollegas en die implimentering van regeringsprogramme.

Die 57-jarige voormalige opposisieleier het Dinsdag van uit Suid-Afrika teruggekeer na ‘n 10-dae wegbreek kans met sy 6 kinders terwyl hulle treu roor sy vrou Susan, wat dood is toe die voertuig waarin sy en die eerste minister gereis het deur ‘n verbygaande trok getref is.

“Hy lyk goed en sterk”, het ‘n amptenaar gesê wat anoniem wil bly.

Daar word verwag dat Tsvangirai binnekort president Robert Mugabe, sy vennoot in die 39-dae oue koalisie voor stok gaan kry oor die wetteloosheid en geweld teen die land se krimpende gemeenskap blanke boere, wat onder aanval is van Mugabe se Zanu-PF-vertrouelinge wat die blankes se plase van hulle wil afneem.

Waarnemers het gesê die mislukking van owerhede om die chaos te beheer is een van die grootste struikelblokke in die nuwe regering se pad om Westerse hulp te kan bekom, om die gebroke land weer op te bou.

Westerse skenkers het sover geweier om geld in die regering in te pomp tensy hulle tekens sien van groot verandering in menseregte.

Die besetting van wit plase deur Mugabe in 2000 het 90% van die boere van hulle grond af verdryf, en net 400 gelaat in die stryd om voedsel te voorsien te midde van konstante teistering. Die VN reken dat sowat 7 miljoen Zimbabwiërs voedselhulp nodig het.

Die nuus dat Tsvangirai terugkom, kom nadat syfers begin toon het dat sukkelende Zimbabwiërs begin om verligting te kry van duiselingwekkende prysverhogings, met pryse wat werklik begin om effens af te neem.

Die maand tot maand inflasiekoers, van Januarie tot Februarie kom in op minus 3,1%, het die sentrale statistiekkantoor gesê. Die laaste amptelike inflasiesyfers wat in Julie 2008 uitgereik is was 231 miljoen persent.

best social mediaОлександр Фільчаков прокурор

Sjinese wittebrood in Afrika verby

ImageTerwyl globale aandeelpryse gedaal het en verskeie van Sjina se Afrika-vennote diep in chaos verval het, is Sjina besig om terug te tree van sy meer aggressiewe planne.

“Die politieke situasie is nie baie stabiel nie,” het Huo Zhengde, die Sjinese ambassadeur in Guinee gesê. Sjina is huiwerig om miljoene te spandeer in die Afrikaland waar ‘n junta die mag oorgeneem het na die afsterwe van die langtydse president in Desember.

Net ‘n jaar gelede het Sjina ingetree om te belê in die kontinent se hulpbronryke maar brose state terwyl die mark vir koper, tin, olie en hout gestyg het tot nuwe hoogtes. In die nuwe gejaag na Afrika se rykdomme, het Sjina ‘n groot aandeel gesoek.

Alhoewel Sjina se soektog na hulpbronne nie opgehou het nie, het staatsbeheerde maatskappye hulle soektog na winskopies vir koper en ystererts verskuif na meer stabiele lande soos Zambië en Liberië.

In 2007 het Sjina ‘n $9 miljard ooreenkoms met die Kongo aangegaan vir toegang tot sy reuse skatkis van koper, kobalt, tin en goud, in ruil vir die ontwikkeling van paaie, skole, damme en spoorweë wat nodig was om die land te herbou.

Maar die ooreenkoms is nou in die weegskaal na dalende pryse die Kongo in ‘n baie swakker onderhandelingsposisie geplaas het. Kongo se politieke en etniese wanorde bly steeds hoog en die ekonomie is naby aan ineenstorting.

‘n Jaar gelede het Afrika leiers openlik gepraat van Sjina se aanbod van ‘n alternatief vir die Westers-gedomineerde instellings soos die IMF en die Wêreldbank. Maar in Guinee, wat van die wêreld se grootste bouksiet deposito’s het, ‘n erts wat gebruik word om aluminium te maak, het die hoop vervaag.

“Die Sjinese het hulle strategie verander,” het Ibrahima Sory Diallo, ‘n senior ekonoom in Guinee se ministerie van finansies en ‘n voorstander van Sjinese beleggings gesê. “Hulle gaan nie $5 miljard dollar instoot in ‘n onstabiele ekonomie in onseker marktoestande nie.”

Franse het Guinee eens ‘n geologiese skandaal genoem, so ryk is die minerale neerslae Ten spyte van jare van mynwese en miljarde in winste, bly Guinee een van die armste en mees onderontwikkelde lande in Afrika.

Sjina se benadering tot die verkryging van minerale in Afrika was om ooreenkomste te teken om groot projekte te bou in ruil vir minerale. In Angola het hierdie tipe reëling vir Sjina toegang gewaarborg tot die tweede grootste produsent van olie in Afrika. Sjinese en Angolese amptenare het die vennootskap uitgebasuin as ‘n model van Sjinese belegging op die kontinent, ‘n wen-wen verhouding wat albei lande tot voordeel strek.

Maar die formule het problematies geraak in die ekonomiese afplatting. Afrika egerings besef nou dat die transaksies eintlik maar lenings is teen toekomstige winste, en dat dalende pryse hulle met groot skuld kan laat. Dit is klaarblyklik wat gebeur het in die Kongo. Teen huidige pryse sal Kongo ''n stryd hê om die strawwe produksieteikens te haal in die Sjinese ooreenkoms.

Guineërs raak al meer wantrouig oor Sjinese beleggings. Baie mense sien Sjinese maatskappye as net so uitbuitend as Westerse maatskappye, indien nie meer so nie. Na die militêre junta in Desember aan bewind gekom het, het dite junta Sjinese maatskappye wat verdink word daarvan dat hulle vervalsde medisyne verkoop het, begin deursoek met klopjagte, maar die klopjagte het in openlike strooptogte van Sjinese besighede verander wat die diepliggende aard toon van die lank onderdrukte wrok van die inwoners teen die Sjinese.

video slotлобановский александр компромат

Zuma en NI het Mbeki-faksie laat afluister

Jacob Zuma en die nasionale intelligensiediens (NI) het lede van die Mbeki-faksie laat afluister en die ANC-president se regspan is tans in besit van sodanige opnames van gesprekke. Van die individue wie se telefoongesprekke afgeluister is, is die voormalige hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NV) en sakemanne Saki Macozoma en Mzi Khumalo.

Mbeki het ook gesprekke met die voormalige hoof van die Skerpioene, Leonard McCarthy, oor Zuma gevoer en daarom wil dit voorkom asof Zuma oor getuienis beskik dat daar wel politieke inmenging in sy saak geskied het.

Van die afgeluisterdes is woedend oor die kwessie en is tans besig om regsadvies oor die saak in te win, aangesien die staat se intelligensiedienste aangewend is om persone af te luister wat nie misdadigers was nie. Gewoonlik is die toestemming van 'n hof nodig om 'n individu te laat afluister.

Staatsintelligensiedienste het ook 'n president afgeluister terwyl hy in sy pos was.

Ngcuka het ontken dat hy by enige gemenespel betrokke was en is vol vertroue dat enige ondersoek hom van alle blaam sal onthef.

Dis tans onduidelik in welke mate die getuienis wat deur meeluistering ingewin is ook vir Mbeki by die wapenskandaal betrek. Onlangse persberigte wil dat hy ook aandadig was aan politieke inmenging by die toekenning van staatskontrakte tydens wapenaankope.

italiasvetтопкарго

‘Hou sport en politiek apart’

ImagePolitieke sake behoort apart gehou te word van sportgeleenthede soos die 2010 Fifa Sokkerwêreldbeker, het minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma Woensdag gesê.

“Indien daar ‘n sportgeleentheid is, behoort dit ‘n sportgebeurtenis te bly.”

Sy het gesê dit kan morsig raak wanneer ander sake by sportgeleenthede betrek word.

“Dus wil ons die 2010-sake skoon hou van ander sake…as bloot net sport.”

Verlede week het Suid-Afrika geweier dat die Dalai Lama Suid-Afrika besoek.

Die Tibettaanse geestelike leier sou 'n konferensie toespreek, wat gemik was op maniere om rassisme en xenofobie te bestry voor die 2010 Fifa Sokker.

Dinsdag het minister Barbara Hogan haar by 'n koor van protes aangesluit wat beswaarmaak teen die besluit om die Dalai Lama uit Suid-Afrika te hou tydens die konferensie.

Sy het gesê die regering behoort vir sy burgers verskoning te vra vir die besluit.

Woensdag het regeringswoordvoerder Themba Maseko gesê dat Hogan se kommentaar ''betreurenswaardig'' is.

“Die kommentaar van die minister van gesondheid is jammer, omdat die standpunt aangaande die Dalai Lama die regering se amptelike standpunt is.”комбинезон рейма для девочкиДанильченко Харьков

Slegte paaie, geen wetstoepassing veroorsaak ongelukke

ImageSlegte padonderhoud en die gebrek aan wetstoepassing is die hoofoorsake van die hoër hoeveelheid ongelukke op Suid-Afrikaanse paaie, het die AA Woensdag gesê. AA-woordvoerder Gary Ronald het gesê omtrent 5% van die ongelukke op Suid-Afrika se paaie word veroorsaak deur slegte padtekens en swak toestande van padoppervlakte.

“Die gebrek aan padonderhoud het gelei tot die algehele agteruitgang van die paaie, wat die syfer heelwat opgestoot het,” het hy gesê.

Wetstoepassing was een van die groter probleme, het hy gesê, met taxi’s en motoriste wat almal ‘n flagrante disrespek toon vir eenvoudige verkeersreëls.

“In amper elke geval, word ‘n ongeluk voorafgegaan deur ‘n verkeersoortreding,” het hy gesê.

In 2008 was daar 9.2 miljoen motors op Suid-Afrikaanse paaie en 900 000 ongelukke, het Ronald gesê. “Dit maak vir ‘n verbysterende 10% van alle voertuie op die pad, met ‘n koste aan die ekonomie gelykstaande aan 3% van die nasionale bruto binnelandse produk en meer as 42 sterftes elke dag.

Ronald het gesê padongelukke is net so groot probleem vir die land as sake soos vigs en misdaad.

“Dit word gereken dat  padongelukke ‘n derde van die leidende oorsake gaan wees van onnatuurlike sterftes teen 2020, wat dit hoër as vigs sal plaas,” het hy gesê.

Ronald het padgebruikers aangemoedig om die AA se Paas-ligte-aan-veldtog te ondersteun, waarin motoriste aangemoedig word om ten alle tye met die ligte aan te ry.

Deur met ligte aan te ry help om bewustheid te skep onder kwesbare padgebruikers, omdat motors meer sigbaar is.

“Indien die veldtog ernstig opgeneem word deur genoeg motoriste, kan dit ons ‘n vertrekpunt gee om te kan sien of daar ‘n sigbare vermindering is in padongelukke om die regering te motiveer om die bestuur met ligte aan wetgewing te maak,” het Ronald gesê.

Saam met die toestand van die paaie en die wetstoepassing, het Ronald gesê ander areas van kommer is openbare persepsie en bewustheid, korrupsie, gemeenskapsbetrokkenheid, padgebruikeropvoeding en breë opvoeding en kommunikasie.

турецкая баня в москвеФильчаков прокуратура харьков