Sommige van die groot Amerikaanse banke is volgens ekonome en ander finansiële kenners soos dooie mense wat loop. Die banke is volgens hulle mening insolvent.
Verbruikers en besighede het egter nie nodig om bekommerd te wees oor hulle beleggings nie, aangesien dit deur die Amerikaanse regering verseker word. En selfs banke wat tegnies insolvent is, kan vir 'n lang tyd bly sake doen en hulle finansiële gesondheid herwin wanneer die ekonomie verbeter.
Maar sonder 'n oplossing vir die slegte bates, sal die kredietkrisis wat die ekonomie aftrek voortduur, omdat banke nie genoegsame lenings kan toestaan om die handel weer aan die gang te kry nie.
Die antwoord, volgens ekonome en kenners is groter, meer direkte betrokkenheid van die regering as wat in die tesouriedepartement se plan verlede week uiteen gesit is.
Sodanige ingryping is deur die Japannese regering van 2001 tot 2003 toegepas, deur die Sweedse regering in 1992 en deur Washington van 1987 tot 1989 om die spaar en leningskrisisse op te los.
"Die geskiedkundige rekord toon dat dit uiteindelik gedoen moet word," het 'n senior persoon by die Peterson-instituut vir Internasionale Ekonomie gesê. "Om dit uit te stel veroorsaak net meer probleme en hoër kostes op die lang duur."
Natuurlik sal die Obama-administrasie se stimulusplan kan help om ekonomiese herstel aan te help en die waarde van banke se bates kan begin toeneem.
Intussen styg die geskatte waardes van verliese steeds.

Die Anglikaanse kerk het met oorweldigende syfers gestem om mense in kerklike beroepe te keer om lede van sommige "rassistiese" politieke partye, spesifiek die BNP, te word.
Suid Afrika raak 'n groter gemors. Gustav Venter se
Suid-Afrika se president, Kgalema Motlanthe, het Sondag gesê dat Zimbabwe, wat gekortwiek word deur rekordinflasie dalk die Suid-Afrikaanse rand as standaardgeldeenheid kan aanvaar.
Die lugdiensnywerheid het Dinsdag ‘n ongekende en skokkende daling in globale lugvrag