Die Anglikaanse kerk het met oorweldigende syfers gestem om mense in kerklike beroepe te keer om lede van sommige "rassistiese" politieke partye, spesifiek die BNP, te word.
Sommige sprekers het gewaarsku dat dié partye die reëls kan systap deur hulle name te verander, of kan beweer dat die lede ondersteuners eerder as amptelike lede is.
Hoe dit ook al sy, die stemming het deurgegaan met 322 stemme teenoor 13, en 20 wat buite stemming gebly het, te midde van bewerings dat die BNP probeer om hom as Christelike groep voor te hou,en vrese dat daar rassistiese ondertone in die kerk is wat etniese minderhede "skandaliglik onderverteenwoordig" in die kerklike beroepe laat.
Dit het gekom nadat 'n lys van 12 000 name en adresse van beweerde BNP lede op die internet gepos is, insluitend 'n afgetrede Anglikaanse priester, asook vyf eerwaardes van verskillende geloofsoortuigings.
