Na drie jaar van self opgelegde ballingskap is 'n voormalige regeringsamptenaar, Roy Bennett, die gekose persoon om Zimbabwe se adjunkminister van landbou te word – 6 jaar nadat sy eie plaas geneem is in die kontroversiële grondhervormingsproses.
Bennet was net een van 'n handjievol wit parlementariërs toe hy in 2000 verkies is op grond van sy MDC lidmaatskap, die party van Zimbabwe se nuwe eerste minister Morgan Tsvangirai.
Sy opname in die nuwe regering van nasionale eenheid is een van die vreemde kinkels in Zimbabwe se dekadelange drama tussen die MDC en president Robert Mugabe.
Bennet is in 1957 gebore uit 'n boeregesin in die dorp Rusape.
Hy het uiteindelik sy eie koffieplantasie begin in Chimanimani, 'n ruie gebied naby die grens met Mosambiek, waar hy een van Zimbabwe se top uitvoerders geword het.
Hy praat die Shonataal vlot, wat hom geliefd gemaak het onder die bevolking in die streek, wat hom die bynaam "Pachedu" gegee het. Die naam beteken "ons is een."
Toe Tsvangirai die MDC 'n dekade gelede begin het was Bennet een van die min blanke boere wat openlik sy ondersteuning aan die party toegesê het wat gepoog het om Mugabe by die stembusse te klop.
Hy bly steeds uitgesproke selfs na hy gekonfronteer is deur groot persoonlike uitdagings.
Sy plaas, Charleswood, is in 2003 onder Mugabe se grondhervormingsprogram weggeneem en in die daaropvolgende jaar is hy 8 maande tronk toe gestuur vir aanranding na hy die minister van justisie geslaan het gedurende 'n lewendige debat in die parlement oor die grondhervormingsprogram.
