Vir dekades het ruimtekenners gewaarsku dat wentelbane om die planeet so vol raak dat twee satelliete eendag met mekaar kan bots en swerms gevaarlike skrot kan agterlaat.
Dinsdag het dit uiteindelik gebeur. En die tuimelende wrakstukke kan 'n gevaar inhou vir die internasionale ruimtestasie wat in 'n wentelbaan 346 kilomater bo die aarde is met sy drie ruimtevaarders aan boord, hoewel die risiko nou klein is.
"Dit is ongelukkig 'n eerste keer," het Nicolas Johnson, hoofwetenskaplike vir wentelbaanwrakstukke by die nasionale lugvaart en ruimte-administrasie van die botsing gesê.
Dit het gebeur sowat 788 kilometer bokant noordelike Siberië. Twee kommunikasie satelliete – een Russies en een Amerikaans – het in stille vernietiging opgebreek. In die nadraai het militêre radars op die grond die groot hoeveelheid wrakstukke gevolg terwyl dit in hoër en laer wentelbane in beweeg het.
"Niks op die skaal" het ooit voorheen gebeur nie, het Johnson gesê.
"Ons het drie ander toevallige botsings gehad tussen wat ons noem katalogus voorwerpe, maar hulle was almal baie kleiner as dié."
Die kommunikasie satelliete, het hy bygevoeg "is twee relatief groot voorwerpe."
Die Amerikaanse satelliet was 'n Iridium, wat omtrent 545 kilogram geweeg het.
Johnson het gesê die Russiese satelliet was waarskynlik nie aktief nie. Amptenare by die Russiese ambassade in Washington was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
