Vryheidsfront Plus hou van Potchefstroomskikking

Image

Conrad Beyers

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat dieselfde tipe politeke oplossing wat in Potchefstroom gevind is om die naamkwessie op te los, ook tussen inwoners van Pretoria en die Tshwane metroraad gevind moet word.

Volgens berigte is ‘n ooreenkoms tussen alle belanghebbendes in Potchefstroom bereik wat behels dat die stadsraad se naam Tlokwe sal heet, maar die geografiese naam Potchefstroom steeds behoue sal bly.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-stadsraadslid, behoort die oplossing wat in Potchefstroom gevind is vir Pretoria asook die groter Tshwane metroraadsgebied as voorbeeld te dien van hoe die naamkwessie ontlont kan word.

“Die Vryheidsfront Plus is bereid om te aanvaar dat die munisipale gebied as Tshwane bekendstaan, terwyl die hoofstad as geografiese gebied die naam Pretoria behou.  Daar moet konsekwent opgetree word – Pretoria se naam behoort nie anders as Potchefstroom behandel te word nie”, het Beyers gesê.

Die Vryheidsfront Plus het ‘n beroep op belanghebbendes in Pretoria gedoen om die geveg vir die behoud van Pretoria se naam te verskerp.  “Dit blyk asof die Potcheftroom / Tlokwe-geskil opgelos is nadat gesprekke met  mnr. Jacob Zuma en ander ampsdraers van die ANC gevoer is terwyl hulle Potchefstroom besoek het.  Pretorianers sal dieselfde tipe gesprekke moet voer om die naam van die hoofstad te red.”

купить машину на радиоуправлениилобановский класс харьков