ANK- en KVP- lede raak slaags

Sewe lede van die KVP (Kongres van die Proletariaat) is beseer ná 'n aanval deur 'n groep van 80 mense by 'n vergadering in Kou-Gamma in die Oos-Kaap.

Die party se Kou-Gamma-voorsitter, Tertius Kritzinger, het gesê die groep wat die KVP aangeval het, het uit ANK-lede bestaan.

"Omtrent 120 KVP-lede is soos honde aangeval deur ANK-lede," het Kritzinger gesê.

Hy het gesê die aanvallers het opgedaag by 'n saal in Kou-Gamma, waar die vergadering om 18:30 gehou is.

"Hulle het die voorste hek van die saal afgebreek en ingegaan met knopkieries, messe, ysterpype en stokke."

"Hulle het toe begin om ons lede te slaan terwyl ons die omgewing verlaat het aangesien ons vir ons lewens gevrees het."

Hy het gesê die KVP-lede het daarin geslaag om in hulle motors te kon kom en moes deur die skare ry om weg te kom.

Kritzinger het beweer die ANK-groep is deur die burgemeester van Kou-Gamma gelei.

"Hy was die hoofaanhitser in die aanval," het Kritzinger gesê.

Hy het ook beweer die polisie wat naby was het niks gedoen om die aanval te staak nie.

"Daar was definitief 'n ooreenkoms tussen die polisie en die ANK-lede…mons is soos honde aangeval en niks is gedoen om die aanval te keer nie."

Die 7 beseerde mense is hospitaal toe geneem vir behandeling.

"Hulle het baie kneusplekke gehad. Ek is nie 'n dokter nie, maar ek weet dat hulle in pyn verkeer."

Die Oos-Kaapse woordvoerder vir die KVP, Nkosi Sikele Ngomo, het gesê dat die KVP klagte teen die ANK gaan lê.

"Ons is siek hiervan, ons gaan klagte teen die ANK self lê," het Ngomo gesê.

'n Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, Marianette Olivier, het bevestig dat die insident plaasgevind het.

"Ek kan die bewerings deur KVP-lede oor die ANK bevestig … ons ondersoek tans bewerings dat die burgemeester betrokke is."

Sy het gesê sake van aanranding en intimidasie is geopen en die polisie ondersoek dit.

Geen arrestasies het tot dusver plaasgevind nie.

fruit warpФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae