Skokkende daling in lugvervoer

ImageDie lugdiensnywerheid het Dinsdag ‘n ongekende en skokkende daling in globale lugvrag aangekondig.

Lugvrag is verantwoordelik vir 35% van die goedere wat internasionaal verhandel word en die Internasionale Lugvervoervereniging (IATA) het gesê dat vervoervolumes jaar tot jaar met 22,6% in Desember gedaal het.

Goivanni Bisignati, direkteur van IATA, het gesê “daar is geen duideliker beskrywing van die verlangsaming in wêreldhandel nie. Selfs in September 2001 (ná die 9/11-terroristeaanvalle in Amerika) toe 'n groot deel van die globale vloot nie gevlieg het nie, was die afname slegs 13,9%.”

Internasionale passasiersvervoer het in Desember met 4,6% gedaal.

IATA het gesê dié daling was minder dramaties as in vragvervoer, omdat volumes ondersteun is deur die einde-van-die-jaar-vakansiereise wat vooruit bespreek is.

Lugdienste sukkel nog om die kapasiteit aan te pas by die dalende aanvraag en vlieg gevolglik met meer leë sitplekke. Kapasiteit is in Desember met 1,5% verlaag jaar tot jaar, wat tot gevolg gehad het dat lugdienste net 73,8% van beskikbare sitplekke gevul het, wat ‘n daling is teenoor die 76,2% ‘n jaar gelede. “Tot dit in balans kom, kan selfs die vinnig dalende brandstofpryse nie die industrie daarvan red om in rooi ink te verdrink nie,” het mnr. Bisignani gesê.

British Airways het vroeër vandeesweek gewaarsku dat dit verwag om ‘n bedryfsverlies van omtrent 150 miljoen pond te maak in die huidige finansiële jaar wat in Maart eindig, kort ná Air France-KLM, die grootste lugdiens in Europa, ‘n verlies van omtrent 200 miljoen Euro aangekondig het vir sy laaste kwartaal van Oktober tot Desember.   

slots game onlineОлександр Фільчаков прокурор