9 dood in ongeluk in Noordwes

Agt mans en 'n vrou is dood en nog agt ernstig beseer in 'n kop-aan-kopbotsing tussen twee minibustaxi's in Phokeng naby Rustenburg Dinsdagnag, het die Noordwesdepartement van vervoer gesê.

"Die ongeluk was tussen 'n taxi wat mense na die omliggende dorpies geneem het en 'n Coin-sekuriteitsvoertuig wat op pad was na Rustenburg," het woordvoerder James Moche in 'n verklaring gesê.

"Dit wil voorkom asof die bestuurder van die minibus van die sekuriteitsfirma beheer oor die voertuig verloor het in die reënerige toestande en kop aan kop gebots het met die taxi."

4 Mense in die sekuriteitsfirma se bussie is gedurende die ongeluk uit die voertuig geslinger. Drie van hulle is dood en die vierde het ernstige beserings opgedoen.

"Die voertuig het aan die brand geslaan en is totaal vernietig."

Nog ses mense in die Quantum-taxi is dood. Die bestuurders van beide voertuie is onder dié wat dood is.

Die agt wat beseer is, is na die Job Tabane-hospitaal op Rustenburg geneem.

Die Noordwes-LUR vir vervoer Phenye Vilakazi het die ongeluk as grusaam beskou en sy meegevoel aan die families van die oorledenes oorgedra. Hy het ook wense vir vinnige beterskap aan die beseerdes uitgespreek.

дизайн интерьерФильчаков прокурор харьков

Fitch verlaag Anglo plc se vooruitsig

Die Fitch-graderingsagentskap het die eertydse Suid-Afrikaanse maatskappy wat tans sy hoofkantoor in Londen het, Anglo American plc, se vooruitsig van stabiel na negatief verander. Die agentskap het egter die langtermynlenerstatus en senior ongedekte lenings op enkel-"A" behou, asook die maatskappy se korttermynlenergradering van "F1".

Die senior ongedekte gradering van Anglo American Capital plc – Anglo se gewaarborgde filiaal – is ook herbevestig op "A", het Fitch Dinsdag in 'n verklaring gesê.

Die vooruitsigverandering weerspieël die moontlikheid dat Anglo se kredietsyfers gedurende 2009 buite Fitch se riglyne vir "A" mag beweeg, waaronder 'n maksimum hefboomeffek van drie keer.

Dié situasie weerspieël die maatskappy se bykomende skuldlas as gevolg van die aankoop van twee Brasiliaanse ysterertsmyne gedurende 2008.

In die loop van 2009 sal Fitch aanhou om die maatskappy se aankondigings te monitor insake maatreëls om sy kontantposisie te beskerm, asook bewegings in hulpbronpryse, teenoor bestaande beramings oor die maatskappy, het die agentskap verklaar.

детский интернет магазин харьковФильчаков прокуратура харьков

Kongorebellefaksie gaan nie vredesooreenkoms eerbiedig

'n Splintergroep van die rebelle in die ooste van die Kongo het Dinsdag gesê hulle gaan nie hou by die vredesooreenkoms wat uitgewerk is deur rebelle wat lojaal is aan generaal Laurent Nkunda nie.

Nkunda se mense word beskuldig dat hulle die burgerlike bevolking terroriseer in die land se wettelose oostelike gebiede. Hulle mees onlangse offensief het hulle verlede jaar amper in Goma, die streekshoofstad van die gebied ingebring, wat 'n internasionale ophef veroorsaak het asook die aankoms van 'n VN onderhandelaar.

Die VN onderhandelaar het vredesamesprekings gehou met die verteenwoordigers van Nkunda se NKVM in Nairobi, Kenia.

"Alle besluite sal deur die afgesette leier Nkunda of die wat lojaal is aan hom gemaak word sal as van nul en gener waarde beskou word, en ook enige besluit wat uit Nairobi kom," het Desire Kamanzi, die woordvoerder vir die wegbreek rebellefaksie gesê.

Die status van die groep, wat verlede week gestig is is steeds nie duidelik nie.

Niemand kan met sekerheid sê hoeveel mense lojaal is aan Bosco Ntangana, die leier van die wegbreek faksie se hoof nie.

Dinsdag het Kamanazi ook gesê dat sy Toetsie rebelle groep gereed is om die weermagte van die Kongo en Rwanda te ondersteun in hulle beplande sending teen die Hoetoe rebelle wat die 1994 slagting in Rwanda uitgevoer het en toe na die ooste van die Kongo gevlug het.

Beamptes in Kishasa, die Kongo se hoofstad het geweier om te bevestig of te ontken of so operasie steeds op die lappe was. Die kommentaar het wel die verskyning van 'n hele nuwe web van alliansies laat opvlam wat weereens Rwanda, die DRK se oostelike bure in 'n streeksoorlog kan intrek.

99spravok.rutopcargo развод

Reivilo-inwoners versper paaie

Inwoners van Reivilo in die Noordweste se Taung-munisipaliteit het alle toegangsroetes tot Boitelo-lokasie versper uit protes teen swak dienslewering, sê die polisie.

Noordwespolisiesegsman, Kaptein Lesego Metsi, sê inwoners het die paaie met brandende buitebande, skrootmetaal en klippe versper.

“Hulle het alle roetes na die lokasie gesluit. Die polisie het daarin geslaag om die verbranding van buitebande te staak en geen skade aan eiendom is aangemeld nie. Die polisie sal voortgaan om die situasie te monitor.”

Die betogers beskuldig die Groter Taung Plaaslike Munisipaliteit daarvan dat hulle in gebreke bly om basiese dienste soos water en sanitasie te verskaf.

Meer as 30 mense is in Desember in Reivilo vir openbare geweld gearresteer nadat hulle teen swak dienslewering betoog het.

Metsi sê niemand is in verband met vandag se betoging in hegtenis geneem nie.

logo for euroпрокурор харьковской области

Zuma-beslissing nie algeheel te blameer vir die rand se treurmare

ImageTerwyl die voortgaande vervolging van die ANC-president, Jacob Zuma, negatief is vir die rand, is dit slegs gedeeltelik die rede vir die geldeenheid se knieserigheid, sê RMB se geldeenheidnavorsing.

“Die Appèlhof se besluit om die NVG toe te laat om Jacob Zuma te vervolg het die mark ietwat onkant gevang en het 'n negatiewe reaksie van 'n paar sent ontketen,” sê RMB in 'n geldeenheidbywerking.

“Dat daar onafgehandelde aanklagte teen 'n president is, sal negatief wees, maar belangriker is die onverbonde ongemak oor 'n moontlike verskuiwing na links ná die verkiesing,” sê RMB.

Hulle het bygevoeg dat dit môre en oormôre na verwagting baie opvlieënd op die markte sal wees na aanleiding van internasionale data en kalendergebeure.

Die rand het vanoggend teen 10,13 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel.

how to promoteлобановский харьков

Miljoen-dollarfilmateljee reg om Suid-Afrika op die rolprentkaart te sit

Toe Nicholas Cage met Bridget Moynahan in die 2005-trefferfilm “Lord of War” gevry het, het 'n vrot reuk nog oor die ou Kaapstadse kunsmisfabriek wat in 'n filmateljee verander is, gehang waar die toneel verfilm is.

Hoofbestuurder Nico Dekker sê die terrein oorkant 'n rioolwerke was 'n “stink” en “helagtige” plek om te werk.

En tog het dié opgeknapte fabriek gehelp om Suid-Afrika in 'n vooraanstaande rolprentvervaardigingsplek te verander wat filmmakers van regoor die wêreld lok en wat wys dat die tyd reg was om dit in 'n hele nuwe multi-miljoendollarkompleks te verander.

Bouwerk het onlangs begin om die 200 hektaar naby die ongeskonde vleilande en welige Kaapse wingerde in Afrika se gevorderdste ateljee waardig vir Hollywood of Bollywood te verander.

“Dit is soos manna, heuning vir die bye. Dit posisioneer ons as mense wat glo in die toekoms van rolprentvervaardiging in Afrika,” sê Dekker.

Kaapstad Filmateljees, aanvanklik Dreamworld genoem, lê 25 kilometer oos van die naamgewende stad daarvan. Dit is die land se grootste belegging ooit in sy filmindustrie, wat meer as 20 000 mense in diens het.

Groot hoop word gekoester dat dit die sektor se jaarlikse inkomste van die huidige eenmiljard rand tot vier keer soveel sal groei.

Die projek, beraam op 430-miljoen rand is deur aandeelhouers befonds en ook 'n 30-miljoenrandbelegging deur die Weskaapse regering, is al vyf jaar in wording. Die eerste fase behoort binne 'n jaar vorm aan te neem en konstruksie behoort teen 2010 afgehandel te wees.

подсветка дляОлександр Васильович Фільчаков

Wag by Mabopane-kliniek doodgeskiet

Image'n Vyf-en-dertigjarige sekuriteitswag is doodgeskiet en sy kollega ernstig gewond by die Mabopane-kliniek, noord van Pretoria.

Die twee wagte is by die kliniek deur drie gewapende mans aangeval. Die een wag is in die kop geskiet en is op die toneel dood. Sy kollega is in die maag geskiet.

Die gewapende mans het te voet van die toneel gevlug.

Die motief vir die aanval is nie bekend nie.

'n Hakkejag vir die moordenaars is van stapel gestuur.

free bet withoutДанильченко

Rice wys VSA se w?reldwye suksesse teen VIGS uit

Image

Condoleezza Rice

Die VSA se minister van buitelandse sake, Condoleezza Rice, het gister gesê dat miljoene mense wêreldwyd hoop geput het uit die uittredende president, George W. Bush, se administrasie se program om VIGS te bestry.

“'n Siekte wat eens as 'n doodsvonnis beskou is… is nou 'n siekte waarmee Amerika mense help om saam te leef en dit te bestuur, sodat hulle deel van hulle kinders se lewe vorentoe kan wees,” het Rice aan verslaggewers gesê.

Sy het haar opmerkings gemaak tydens die vrystelling van die vyfde jaarverslag aan die Kongres van die President se Noodplan vir die Verligting van VIGS – PEPFAR – 'n oorsig van die program se eerste vyf jaar voordat Bush sy amp op die 20ste Januarie verlaat.

“Ek dink nie dat enige iets so sterk in die harte en die gedagtes van mense rondom die wêreld sal staan nie, maar ook in ons eie bewussyn, as die werk en prestasies van PEPFAR nie,” het Rice gesê.

Amerikaanse beamptes sê dat net 50 000 mense in die hele Afrika suid van die Sahara lewegewende anti-retrovirale behandeling gekry het toe die program in 2003 gebore is.

Maar, het sy bygevoeg, teen Oktober verlede jaar het PEPFAR “lewegewende anti-retrovirale behandeling ondersteun vir meer as 2,1 miljoen mans, vroue en kinders wat regoor die wêreld met MIV/VIGS leef.

PEPFAR het ook die voorkoming van moeder-tot-kind MIV-oordragdienste vir vrouens gedurende amper 16-miljoen swangerskappe ondersteun, wat 'n geskatte 237 000 babas toegelaat het om sonder MIV gebore te word,” het sy gesê.

“Ons ondersteun tans die sorg vir meer as 10,1-miljoen mense wat wêreldwyd geraak word, insluitende viermiljoen kwesbare kinders wat die hoop vir 'n blinker toekoms verteenwoordig.”

Die hoof-VSA-diplomaat het die program “die grootste onderneming deur enige nasie om 'n enkele siekte te beveg in menslike geskiedenis” genoem.

Die syfers stem ooreen met dié wat in Desember deur Bush aangekondig is.

ригонда купитьОлександр Васильович Фільчаков

Werf n?? buitelandse Afrikaners vir eie gebiede

Daar was vandag 'n praatjie oor Radio RSG wat ondermeer gegaan het oor werkloosheid, die ekonomiese krisis, en Suid-Afrikaners in die buiteland wat wil terugkom.

Daar is genoem dat daar binnekort sowat 20-miljoen mense wêreldwyd hul werk gaan verloor, wat direk verband hou met die internasionale ekonomiese krisis.  Daar is ook genoem dat "baie" Afrikaners in die buiteland nou huistoe wil kom.

Na my mening skep dit nou vir ons, wat volkstaatondersteuners is, 'n ideale geleentheid om ons mense met ope arms terug te verwelkom, maar, om hulle terselfdertyd te oorreed, en te help, om nie weer na die misdaadvoos-gebiede waar hulle vandaan kom, terug te keer nie.

Daar moet werkverskaffingsburo's geskep word wat hierdie mense kan help.  Maar, daar mag geen gras onder ons voete groei nie.  Daar moet vinnig en doelgerig opgetree word.

Ons het die afgelope paar maande dikwels op hierdie forum gesels oor die belangrikheid dat Afrikaners moet "konsolideer".  Wel, nou is die mees ideale geleentheid om dit te doen.  Laat ons vasstel watter distrikte in Suid-Afrika die veiligste is, en laat ons dan hierdie mense in die buiteland help om liewer na plekke soos Orania, Lambertsbaai, Vredendal, Vredenburg, Britstown, Strandfontein, Doringbaai, Nieuwoudtsville, Calvinia, Williston, Carnarvon, Clanwilliam, Elandsbaai, ens., te verhuis, eerder as om maar net weer na die misdaad-paradyse terug te keer.

Afrikaners met leierskap, geld, talente en wilskrag, kan baie help deur nuwe maatskappye te stig en van hierdie terugkerendes met werksgeleenthede te help.

Al wat ek nie weet nie, is "hoe kom ons by regstellende optrede en transformasie verby?!"  Die geleerde mense in die politiek sal seker vir ons daar kan help.  Dit help nie ons stig 'n maatskappy in byvoorbeeld Lambertsbaai (met die doel om werklose Afrikaners te help), en die regering sê ons moet 90% van die werknemers in die Transkei gaan werf om in Lambertsbaai te gaan werk nie.  Daar moet 'n plan gemaak word om SLEGS Afrikaners na die Weskus en die Bo-Karoo te lok.  Anders sny ons net ons eie kele af.

зарядно пусковое устройстводанильченко юрій броніславович

Cholera neem toe in SA

ImageOmtrent 77 nuwe vermoedelike en bevestigde choleragevalle is vandag in Suid-Afrika gerapporteer terwyl die Tubatse-rivier in Limpopo positief getoets het vir die siekte.

Daar was 64 nuwe vermoedelike choleragevalle in Limpopo en Gauteng. 'n Totaal van 13 bevestigde choleragevalle is in die Weskaap, KwaZoeloe-Natal en die Noordweste gerapporteer.

Die hoofdirekteur van Limpopo se Watersake, Alson Matukane, sê voortdurende toetse van waterbronne in die provinsie dui aan dat dele van die Tubatse-rivier in die Steelpoortgebied met cholera besmet is.

Ander dele van die rivier het egter negatief getoets, sê hy.

“Dit blyk dat die gebiede wat positief getoets het, is waar mense plastiekhouers gebruik om water mee te dra,” sê hy.

Matukane sê hulle ondersoek steeds of die water deur mense of deur die omgewing besmet word.

Die gesondswoordvoerder vir Limpopo, Phuti Seloba, sê omtrent 48 nuwe gevalle is gerapporteer, wat die groottotaal vir nuwe besmettings in die provinsie tot 1 802 neem.

Hy sê 11 van die nuwe 48 gevalle is in die gebiede waar die Tubatse-rivier besmet is, aangemeld.

Die provinsie se cholerasterftesyfer bly op nege.

Intussen het die aantal nuwe gevalle in die ander provinsies in Suid-Afrika gestyg.

построить саунупрокурор харьковской области

Plaaswerkers steeds onderdruk, s? Cosatu

ImagePlaaswerkers in die Noordweste leef steeds in vrees dat hulle van die plase afgesit of doodgemaak of aangeval sal word, sê Cosatu.

“Die Kongres van SA Vakverbonde in die Noordweste verwerp hierdie houding van boere wat steeds glo die land behoort aan hulle,” sê die provinsiale sekretaris, Solly Phetoe.

Hy sê die afknouerige optrede word gelei deur wit boere in die Lichtenburg-, Ottosdal-, Delareyville- en Wolmaransstadgebiede.

“Dit is op rekord dat plaaswerkers 'n swart Kersfees gehad het, met geen kos, geen water, geen plek om te slaap en met hofbevele wat hulle van plase afsit waar hulle vir meer as 17 jaar tot 40 jaar gewerk het.”

Phetoe sê Cosatu doen 'n beroep op al sy lede om die arm gesinne, insluitende plaaswerkers, wat Woensdag voor die Ottosdal-landdroshof gaan betoog, te ondersteun.

Die werkers sal betoog teen 'n aansoek van die eienaar van die plaas Rietspruit om hulle van sy plaas af te sit.

Daar sal ook môre 'n betoging en sperheinings gehou word in die Lichtenburggebied deur plaaswerkers, plaasgemeenskappe en die Jong Kommunisteliga. Phetoe sê die datum sal saamval met die verskyning in die Lichtenburgse landdroshof van nog 'n Johan Nel wat na bewering die 16-jarige leerling William Oupa Ntsaku meer as drie keer in Oktober 2008 geskiet het.

“Dit is duidelik en op rekord dat die boere van die Noordweste oorlog teen die arm werkersklas verklaar het,” sê hy, ook in verwysing na die Skielik-skietvoorval deur die veroordeelde moordenaar, Johan Nel (nie dieselfde een wie se saak môre aangehoor word nie).

Phetoe sê ook dat daar Woensdag betogings gaan wees deur die Cosatu-filiaal, die Nasionale Unie van Mynwerkers, by die Simmer en Jack-myn in Buffelsfontein.

Die NUM gaan daarop aandring dat die bestuur met die unie in gesprek tree en om die “unie-afkrakery” wat deur sommige blankes gelei word, stop te sit, sê Phetoe.

“Dit [die myn] het oorlog teen die NUM-takleierskap en sy lede verklaar en weier om maniere te vind om die komende afleggings te voorkom,” sê hy. Kommentaar deur Simmer en Jack was nie geredelik beskikbaar nie.

детские игриданильченко юрий брониславович прокурор

Passasiers gord nie in nie

ImageNet vier uit elke tien motorpassasiers in Suid-Afrika gebruik hulle veiligheidsgordels, het 'n nuwe peiling bevind.

“Die insittende wat die waarskynlikste een is om 'n gordel te gebruik, is die bestuurder,” sê die Outomobiel Assosiasie van Suid-Afrika wat medeborg van die studie was.

Die Assosiasie se segsman, Rob Handfield-Jones, sê die uitslae van die peiling wat verlede jaar in Desember gedoen is, stem ooreen met dié van 'n soortgelyke studie wat drie maande tevore gedoen is.

Die nuutste peiling is in ses verskillende provinsies gedoen. 'n Groottotaal van 3,831 voertuie is ondersoek. Dit het minibustaxi’s en swaarvoertuie ingesluit.

Handfield-Jones sê die persentasie bestuurders wat ingord het van 64 persent in September tot 56 persent in Desember verlede jaar gedaal.

“Die totale drasyfer het van 56 tot 40 persent gedaal, terwyl die drakoers vir passasiers van 41 tot 30 persent gedaal het,” sê hy.

“Van die 628 taxi’s wat gepeil is, was net 11 persent van die bestuurders ingegord en net twee persent van hulle passasiers in die voorste of agterste sitplekke.”

Omtrent 20 persent van swaarvoertuigbestuurders en ses persent van hulle passasiers dra veiligheidsgordels.

Die loodsstudie het bevind dat polisiebestuurders vier persent minder geneig is om veiligheidsgordels te dra as burgerlike bestuurders in die peiling.

remezaОлександр Фільчаков прокурор

Vryheidsfront Plus l? klag oor haatspraak teen blankes

Die Vryheidsfront Plus gaan vandag die twee swart polisielede van Odendaalsrus-polisiestasie, wat ‘n blanke boer ‘n “white dog” genoem het en toe gesê het “all white dogs in South Africa will be killed”, by die Menseregtekommissie aankla van haatspraak. Die minister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr. Nathi Mthethwa, gaan ook skriftelik gevra word om konstabels Mokwena en Mafabatho, dadelik te skors.

"Hierdie optrede van die polisielede getuig van naakte rassisme en haatspraak. Optredes soos hierdie blaas rassehaat aan tussen swart en wit wat in die toekoms gaan oorkook in konflik indien nie drasties opgetree word nie”, sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder vir veiligheid en sekuriteit van die Vryheidsfront Plus.  

“Insidente waar swart polisielede rassisties teen wittes optree en haatspraak teenoor wittes uitspreek, kom toenemend voor. Die polisie moet vertroue by die publiek wek en hulle beskerm teen misdaad. Optrede soos genoem maak die publiek wantrouig teenoor die polisie en in wese bevorder sulke optrede misdaad in die land”, het Groenewald gesê.

Die boer, mnr. Gert van Vuuren van die plaas Hilton by Odendaalsrus, het verlede week (Woensdag) amptelik die twee polisielede aangekla vir die onwettige rig van ‘n vuurwapen, crimen injuria en onwettige betreding van sy eiendom. Sy seun, Rudi, het ook ‘n klag van crimen injuria teen hulle gelê.

какое нужно оборудованиеtopcargo отзыв

Die bosoorlog woed nou rondom ons huise

Ons ouens hier in die Rayton-Kleinfontein-omgewing ry nou al plaaswagpatrollies vir meer as twee jaar nadat die kommandostelsel afgeskaf is. Aan die hoof van inligting is 'n klompie oud-Rhodesiërs (ek hou dinge maar doelbewus vaag). Ons gebruik glad nie swartes op die plaas nie, alhoewel al ons bure dit wel doen en tot die dood toe verbind is daaraan, wil ek byvoeg. Ons het gehoop die plaasaanvalle gaan ons verbygaan vanweë ons beleid van selfwerksaamheid, maar helaas…

Die salvo het afgeskop met die moord op dr Duncan Prinsloo en sy vrou hier in ons omgewing – die ouers van een van my klasmaats op Onderstepoort. Die tweede sarsie was 'n aanval op die Legemaat-familie naby Rayton, waarin die honde afgemaai is en die huis se ruite stukkend geskiet is, maar almal oorleef het omdat hulle paraat was. Tesame met 'n paar ander voorvalle is daar twee weke terug een nag verkenning kom doen op ons plaas deur 'n moontlike terreurgroep. 'n Dame in een van die rondawels het wakker geword toe haar hondjie onbedaard blaf. Sy hoor toe hoe daar aan haar ruite en deurknoppe gepeuter word en sy bel dadelik die huis langsaan. Die buurman het sy spreiligte aangeskakel, maar niks….  Die volgende oggend is toe ontdek dat al die gloeilampe in die tuin uitgedraai is totdat dit net nie kontak maak nie, 'n kragkabel is geknip, voetspore op 'n stoel waar hulle by die vensters ingeloer het, is gevind en 'n skuilplek waar hulle gelê en waarneem het agter die plaas op die berg, is gevind.

Almal verwag nou die ergste en daar is 'n geskarrel vir toerusting waaroor ek maar sal swyg en daar word deur die nag om die beurt waggestaan. Die ou mense word moeg, en die jonges se daaglikse werk ly daaronder. Geld wat nie beskikbaar is nie, word bestee om nog toerusting aan te skaf. Groenligpatrollies word nou deur die nag gery en daar word snags op die berg en elders waarnemingsposte ingestel. Die ongelooflike is dat tussen al hierdie aktiwiteite deur, die huis op die buurplaas beroof is toe die mense uit was en 'n tweede poging is op ons plaas geloods tien minute nadat 'n patrollie daar verby is. Gelukkig het ons nuut aangeskafte tegnologie ons betyds gewaarsku, maar ons kon weereens net spore kry.

Die volgende week word daar toe ingebreek in my swaer se huis op die plaas terwyl hulle met verlof is. Die huis is so 'n halfkilometer van ons huis af.  En toe kom die groot toets:  My swaer word so 'n anderhalf week later een nag wakker, en hy vermoed dit was die nuwe tegnologie wat hom betyds gewaarsku het. Twee gemaskerde Broers kom doodluiters aangestap om hulle boosheid te kom verrig en toe hulle teen die stoeptrappe opklim, sien hulle my swaer anderkant die venster binne-in die sitkamer staan met sy kettie. Terloops, my swaer sê hy het hom lam geskrik, want die mens het nou eenmaal 'n herhaalde blootstelling of oefening nodig om geolie op te tree.  Die twee laat spaander toe al met die pad langs en my ander swaer hardloop toe met sy kettie om hulle af te sny nadat hy op die radioroep gereageer het van swaer nr 1.  Ongelukkig of dalk gelukkig,  het die buurman op die berg ook gereageer deur wild die nag in te begin skiet, wat die twee Broers toe oombliklik van pas laat verander het, vanaf 'n stappie tot adrenalien-gedrewe veg-of-vlug simpatiese reaksie. Dit het gebeur presies op die tyd toe swaer nr 2 hulle met sy toepaslike apparaatjie onder oog gehad het. Toe die Broers wegvlie, toe laat loop hy maar met die haelpomp. Hy vertel dat hy net klippe sien spat het om hulle, maar gelukkig het niemand bly lê nie, want dan was dit nou weer 'n ander gemors.

Daar is toe opvolgpatrollies gehou waar die ontnsappingsroete ontdek is, so volgende keer weet ons…

Die nuutste is dat dit met die donkerwordende maan stil is en almal begin 'n bietjie ontspan. Intussen soek ek vir nog toerusting en begin dink aan spoorsnyhonde. Onwillekeurig kom dit by my op dat ek my twee jaar diensplig eers in 1 SAI en toe in MLV en Pantserskool voltooi het juis om die gemors van die huis af weg te hou. Te danke aan De Klerk, ondersteun deur die meerderheid Afrikaners en blankes in die algemeen, is die bosoorlog nou binne-in ons midde.

Suiwer gaan ons gesuiwer word, dis vir seker.

 

Creature from the Black Lagoonлобановский александр компромат