Zuma-beslissing nie algeheel te blameer vir die rand se treurmare

ImageTerwyl die voortgaande vervolging van die ANC-president, Jacob Zuma, negatief is vir die rand, is dit slegs gedeeltelik die rede vir die geldeenheid se knieserigheid, sê RMB se geldeenheidnavorsing.

“Die Appèlhof se besluit om die NVG toe te laat om Jacob Zuma te vervolg het die mark ietwat onkant gevang en het 'n negatiewe reaksie van 'n paar sent ontketen,” sê RMB in 'n geldeenheidbywerking.

“Dat daar onafgehandelde aanklagte teen 'n president is, sal negatief wees, maar belangriker is die onverbonde ongemak oor 'n moontlike verskuiwing na links ná die verkiesing,” sê RMB.

Hulle het bygevoeg dat dit môre en oormôre na verwagting baie opvlieënd op die markte sal wees na aanleiding van internasionale data en kalendergebeure.

Die rand het vanoggend teen 10,13 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel.

how to promoteлобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae