Reivilo-inwoners versper paaie

Inwoners van Reivilo in die Noordweste se Taung-munisipaliteit het alle toegangsroetes tot Boitelo-lokasie versper uit protes teen swak dienslewering, sê die polisie.

Noordwespolisiesegsman, Kaptein Lesego Metsi, sê inwoners het die paaie met brandende buitebande, skrootmetaal en klippe versper.

“Hulle het alle roetes na die lokasie gesluit. Die polisie het daarin geslaag om die verbranding van buitebande te staak en geen skade aan eiendom is aangemeld nie. Die polisie sal voortgaan om die situasie te monitor.”

Die betogers beskuldig die Groter Taung Plaaslike Munisipaliteit daarvan dat hulle in gebreke bly om basiese dienste soos water en sanitasie te verskaf.

Meer as 30 mense is in Desember in Reivilo vir openbare geweld gearresteer nadat hulle teen swak dienslewering betoog het.

Metsi sê niemand is in verband met vandag se betoging in hegtenis geneem nie.

logo for euroпрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae