Plaaswerkers steeds onderdruk, s? Cosatu

ImagePlaaswerkers in die Noordweste leef steeds in vrees dat hulle van die plase afgesit of doodgemaak of aangeval sal word, sê Cosatu.

“Die Kongres van SA Vakverbonde in die Noordweste verwerp hierdie houding van boere wat steeds glo die land behoort aan hulle,” sê die provinsiale sekretaris, Solly Phetoe.

Hy sê die afknouerige optrede word gelei deur wit boere in die Lichtenburg-, Ottosdal-, Delareyville- en Wolmaransstadgebiede.

“Dit is op rekord dat plaaswerkers 'n swart Kersfees gehad het, met geen kos, geen water, geen plek om te slaap en met hofbevele wat hulle van plase afsit waar hulle vir meer as 17 jaar tot 40 jaar gewerk het.”

Phetoe sê Cosatu doen 'n beroep op al sy lede om die arm gesinne, insluitende plaaswerkers, wat Woensdag voor die Ottosdal-landdroshof gaan betoog, te ondersteun.

Die werkers sal betoog teen 'n aansoek van die eienaar van die plaas Rietspruit om hulle van sy plaas af te sit.

Daar sal ook môre 'n betoging en sperheinings gehou word in die Lichtenburggebied deur plaaswerkers, plaasgemeenskappe en die Jong Kommunisteliga. Phetoe sê die datum sal saamval met die verskyning in die Lichtenburgse landdroshof van nog 'n Johan Nel wat na bewering die 16-jarige leerling William Oupa Ntsaku meer as drie keer in Oktober 2008 geskiet het.

“Dit is duidelik en op rekord dat die boere van die Noordweste oorlog teen die arm werkersklas verklaar het,” sê hy, ook in verwysing na die Skielik-skietvoorval deur die veroordeelde moordenaar, Johan Nel (nie dieselfde een wie se saak môre aangehoor word nie).

Phetoe sê ook dat daar Woensdag betogings gaan wees deur die Cosatu-filiaal, die Nasionale Unie van Mynwerkers, by die Simmer en Jack-myn in Buffelsfontein.

Die NUM gaan daarop aandring dat die bestuur met die unie in gesprek tree en om die “unie-afkrakery” wat deur sommige blankes gelei word, stop te sit, sê Phetoe.

“Dit [die myn] het oorlog teen die NUM-takleierskap en sy lede verklaar en weier om maniere te vind om die komende afleggings te voorkom,” sê hy. Kommentaar deur Simmer en Jack was nie geredelik beskikbaar nie.

детские игриданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae