Cholera neem toe in SA

ImageOmtrent 77 nuwe vermoedelike en bevestigde choleragevalle is vandag in Suid-Afrika gerapporteer terwyl die Tubatse-rivier in Limpopo positief getoets het vir die siekte.

Daar was 64 nuwe vermoedelike choleragevalle in Limpopo en Gauteng. 'n Totaal van 13 bevestigde choleragevalle is in die Weskaap, KwaZoeloe-Natal en die Noordweste gerapporteer.

Die hoofdirekteur van Limpopo se Watersake, Alson Matukane, sê voortdurende toetse van waterbronne in die provinsie dui aan dat dele van die Tubatse-rivier in die Steelpoortgebied met cholera besmet is.

Ander dele van die rivier het egter negatief getoets, sê hy.

“Dit blyk dat die gebiede wat positief getoets het, is waar mense plastiekhouers gebruik om water mee te dra,” sê hy.

Matukane sê hulle ondersoek steeds of die water deur mense of deur die omgewing besmet word.

Die gesondswoordvoerder vir Limpopo, Phuti Seloba, sê omtrent 48 nuwe gevalle is gerapporteer, wat die groottotaal vir nuwe besmettings in die provinsie tot 1 802 neem.

Hy sê 11 van die nuwe 48 gevalle is in die gebiede waar die Tubatse-rivier besmet is, aangemeld.

Die provinsie se cholerasterftesyfer bly op nege.

Intussen het die aantal nuwe gevalle in die ander provinsies in Suid-Afrika gestyg.

построить саунупрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae