Daar is genoem dat daar binnekort sowat 20-miljoen mense wêreldwyd hul werk gaan verloor, wat direk verband hou met die internasionale ekonomiese krisis. Daar is ook genoem dat "baie" Afrikaners in die buiteland nou huistoe wil kom.
Na my mening skep dit nou vir ons, wat volkstaatondersteuners is, 'n ideale geleentheid om ons mense met ope arms terug te verwelkom, maar, om hulle terselfdertyd te oorreed, en te help, om nie weer na die misdaadvoos-gebiede waar hulle vandaan kom, terug te keer nie.
Daar moet werkverskaffingsburo's geskep word wat hierdie mense kan help. Maar, daar mag geen gras onder ons voete groei nie. Daar moet vinnig en doelgerig opgetree word.
Ons het die afgelope paar maande dikwels op hierdie forum gesels oor die belangrikheid dat Afrikaners moet "konsolideer". Wel, nou is die mees ideale geleentheid om dit te doen. Laat ons vasstel watter distrikte in Suid-Afrika die veiligste is, en laat ons dan hierdie mense in die buiteland help om liewer na plekke soos Orania, Lambertsbaai, Vredendal, Vredenburg, Britstown, Strandfontein, Doringbaai, Nieuwoudtsville, Calvinia, Williston, Carnarvon, Clanwilliam, Elandsbaai, ens., te verhuis, eerder as om maar net weer na die misdaad-paradyse terug te keer.
Afrikaners met leierskap, geld, talente en wilskrag, kan baie help deur nuwe maatskappye te stig en van hierdie terugkerendes met werksgeleenthede te help.
Al wat ek nie weet nie, is "hoe kom ons by regstellende optrede en transformasie verby?!" Die geleerde mense in die politiek sal seker vir ons daar kan help. Dit help nie ons stig 'n maatskappy in byvoorbeeld Lambertsbaai (met die doel om werklose Afrikaners te help), en die regering sê ons moet 90% van die werknemers in die Transkei gaan werf om in Lambertsbaai te gaan werk nie. Daar moet 'n plan gemaak word om SLEGS Afrikaners na die Weskus en die Bo-Karoo te lok. Anders sny ons net ons eie kele af.
