“'n Siekte wat eens as 'n doodsvonnis beskou is… is nou 'n siekte waarmee Amerika mense help om saam te leef en dit te bestuur, sodat hulle deel van hulle kinders se lewe vorentoe kan wees,” het Rice aan verslaggewers gesê.
Sy het haar opmerkings gemaak tydens die vrystelling van die vyfde jaarverslag aan die Kongres van die President se Noodplan vir die Verligting van VIGS – PEPFAR – 'n oorsig van die program se eerste vyf jaar voordat Bush sy amp op die 20ste Januarie verlaat.
“Ek dink nie dat enige iets so sterk in die harte en die gedagtes van mense rondom die wêreld sal staan nie, maar ook in ons eie bewussyn, as die werk en prestasies van PEPFAR nie,” het Rice gesê.
Amerikaanse beamptes sê dat net 50 000 mense in die hele Afrika suid van die Sahara lewegewende anti-retrovirale behandeling gekry het toe die program in 2003 gebore is.
Maar, het sy bygevoeg, teen Oktober verlede jaar het PEPFAR “lewegewende anti-retrovirale behandeling ondersteun vir meer as 2,1 miljoen mans, vroue en kinders wat regoor die wêreld met MIV/VIGS leef.
PEPFAR het ook die voorkoming van moeder-tot-kind MIV-oordragdienste vir vrouens gedurende amper 16-miljoen swangerskappe ondersteun, wat 'n geskatte 237 000 babas toegelaat het om sonder MIV gebore te word,” het sy gesê.
“Ons ondersteun tans die sorg vir meer as 10,1-miljoen mense wat wêreldwyd geraak word, insluitende viermiljoen kwesbare kinders wat die hoop vir 'n blinker toekoms verteenwoordig.”
Die hoof-VSA-diplomaat het die program “die grootste onderneming deur enige nasie om 'n enkele siekte te beveg in menslike geskiedenis” genoem.
Die syfers stem ooreen met dié wat in Desember deur Bush aangekondig is.
