Die bosoorlog woed nou rondom ons huise

Ons ouens hier in die Rayton-Kleinfontein-omgewing ry nou al plaaswagpatrollies vir meer as twee jaar nadat die kommandostelsel afgeskaf is. Aan die hoof van inligting is 'n klompie oud-Rhodesiërs (ek hou dinge maar doelbewus vaag). Ons gebruik glad nie swartes op die plaas nie, alhoewel al ons bure dit wel doen en tot die dood toe verbind is daaraan, wil ek byvoeg. Ons het gehoop die plaasaanvalle gaan ons verbygaan vanweë ons beleid van selfwerksaamheid, maar helaas…

Die salvo het afgeskop met die moord op dr Duncan Prinsloo en sy vrou hier in ons omgewing – die ouers van een van my klasmaats op Onderstepoort. Die tweede sarsie was 'n aanval op die Legemaat-familie naby Rayton, waarin die honde afgemaai is en die huis se ruite stukkend geskiet is, maar almal oorleef het omdat hulle paraat was. Tesame met 'n paar ander voorvalle is daar twee weke terug een nag verkenning kom doen op ons plaas deur 'n moontlike terreurgroep. 'n Dame in een van die rondawels het wakker geword toe haar hondjie onbedaard blaf. Sy hoor toe hoe daar aan haar ruite en deurknoppe gepeuter word en sy bel dadelik die huis langsaan. Die buurman het sy spreiligte aangeskakel, maar niks….  Die volgende oggend is toe ontdek dat al die gloeilampe in die tuin uitgedraai is totdat dit net nie kontak maak nie, 'n kragkabel is geknip, voetspore op 'n stoel waar hulle by die vensters ingeloer het, is gevind en 'n skuilplek waar hulle gelê en waarneem het agter die plaas op die berg, is gevind.

Almal verwag nou die ergste en daar is 'n geskarrel vir toerusting waaroor ek maar sal swyg en daar word deur die nag om die beurt waggestaan. Die ou mense word moeg, en die jonges se daaglikse werk ly daaronder. Geld wat nie beskikbaar is nie, word bestee om nog toerusting aan te skaf. Groenligpatrollies word nou deur die nag gery en daar word snags op die berg en elders waarnemingsposte ingestel. Die ongelooflike is dat tussen al hierdie aktiwiteite deur, die huis op die buurplaas beroof is toe die mense uit was en 'n tweede poging is op ons plaas geloods tien minute nadat 'n patrollie daar verby is. Gelukkig het ons nuut aangeskafte tegnologie ons betyds gewaarsku, maar ons kon weereens net spore kry.

Die volgende week word daar toe ingebreek in my swaer se huis op die plaas terwyl hulle met verlof is. Die huis is so 'n halfkilometer van ons huis af.  En toe kom die groot toets:  My swaer word so 'n anderhalf week later een nag wakker, en hy vermoed dit was die nuwe tegnologie wat hom betyds gewaarsku het. Twee gemaskerde Broers kom doodluiters aangestap om hulle boosheid te kom verrig en toe hulle teen die stoeptrappe opklim, sien hulle my swaer anderkant die venster binne-in die sitkamer staan met sy kettie. Terloops, my swaer sê hy het hom lam geskrik, want die mens het nou eenmaal 'n herhaalde blootstelling of oefening nodig om geolie op te tree.  Die twee laat spaander toe al met die pad langs en my ander swaer hardloop toe met sy kettie om hulle af te sny nadat hy op die radioroep gereageer het van swaer nr 1.  Ongelukkig of dalk gelukkig,  het die buurman op die berg ook gereageer deur wild die nag in te begin skiet, wat die twee Broers toe oombliklik van pas laat verander het, vanaf 'n stappie tot adrenalien-gedrewe veg-of-vlug simpatiese reaksie. Dit het gebeur presies op die tyd toe swaer nr 2 hulle met sy toepaslike apparaatjie onder oog gehad het. Toe die Broers wegvlie, toe laat loop hy maar met die haelpomp. Hy vertel dat hy net klippe sien spat het om hulle, maar gelukkig het niemand bly lê nie, want dan was dit nou weer 'n ander gemors.

Daar is toe opvolgpatrollies gehou waar die ontnsappingsroete ontdek is, so volgende keer weet ons…

Die nuutste is dat dit met die donkerwordende maan stil is en almal begin 'n bietjie ontspan. Intussen soek ek vir nog toerusting en begin dink aan spoorsnyhonde. Onwillekeurig kom dit by my op dat ek my twee jaar diensplig eers in 1 SAI en toe in MLV en Pantserskool voltooi het juis om die gemors van die huis af weg te hou. Te danke aan De Klerk, ondersteun deur die meerderheid Afrikaners en blankes in die algemeen, is die bosoorlog nou binne-in ons midde.

Suiwer gaan ons gesuiwer word, dis vir seker.

 

Creature from the Black Lagoonлобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae