Zuma verloor app?lsaak in Bloemfontein

Die Appèlhof in Bloemfontein het teen Jacob Zuma beslis deur die appèl van die nasionale direkteur van openbare vervolgings toe te staan teen 'n vorige Hooggeregshofbeslissing wat vervolging opgeskort het.

Zuma, wat tans die gunsteling is om president te word, sal daarom steeds op korrupsieklagte tereg moet staan.

Die waarnemende regterpresident, Louis Harms, het 'n snydende uitspraak teen regter Chris Nicholson gelewer waarin hy sy bevinding van politieke inmengery in die Zuma-korrupsiesaak as "foutief", "ongeoorloof" en "onbegryplik" beskryf.
"Politieke inmenging was nie die kwessie wat bepaal moes word nie. Nietemin het 'n aansienlike deel van sy uitspraak dié vraagstuk behandel. Hy het die spelreëls verander, hy het sy oog van die bal af gehaal," het Harms gesê.
Harms meen Nicholson se bevinding dat hy nie die moontlikheid van politieke inmenging by die herverhoor van Zuma kon uitsluit nie, was "onbegryplik", asook dat hy in sy uitspraak gefouteer het en dat sy bevinding "ongeoorloof" was.
"Die bevinding rondom dr Penuell Maduna, mnr. Mbeki en al die ander lede van die kabinet… was nie gegrond op enige getuienis of bewerings nie. Hulle was pleks daarvan deel van die regter se eie komplotteorie, wat nie deur mnr. Zuma gestel is nie," het Harms gesê.

Harms het 10.00 Maandag begin om sy uitspraak te lewer in die appèl wat deur die NV teen die Nicholson-uitspraak van 12 September verlede jaar aanhangig gemaak is.

Die Bloemfonteinse hof moes oor hoofsaaklik twee aspekte van die appèl beslis.

Die eerste was of Zuma daarop geregtig was om hom te verweer voordat die NV besluit het om hom weer van korrupsie en bedrog aan te kla in Desember 2007, 10 dae nadat Zuma vir Mbeki in die ANC-leierskapsresies die loef afgesteek het.

Die tweede was of Nicholson korrek was deur in sy uitspraak gedurende September 2008 te impliseer dat daar politieke inmenging deur Mbeki was in die besluit om Zuma aan te kla.

Die topleierskap van die ANC het die uitspraak gebruik om Mbeki as president te skors, waardeur Zuma-Mbeki-verdeeldheid in die regerende party blootgestel is en wat uiteindelik tot die geboorte van 'n skeuringsparty gelei het.

прожектор 100депутат лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae