Die Appèlhof sal vandag uitspraak lewer oor die korrupsiesaak van Jacob Zuma.
Die uitspraak sal vanmore in Bloemfontein gelewer word. Die saak teen Zuma mag weer heropen word indien die hoogste hof die Hooggeregshofuitspraak omkeer.
Dit sal die verkiesing in April vir Zuma bemoeilik aangesien hy homself opnuut teen bewerings van korrupsie sal moet verdedig.
Dit bly egter onwaarskynlik dat die ANC se verkose president nie as leier uit die stryd sal tree nie, maar Suid-Afrika sal 'n tydperk van politieke onsekerheid tegemoet gaan indien die Appèlhof vandag teen Zuma beslis.
