Tsjegge se tentoonstelling laat diplomate in hul oggendkoffie stik

Die Tsjegge se kunstentoonstelling in Brussel ter viering van hulle EU-presidentskap wat hierdie maand in aanvang neem, het die tonge behoorlik los. Waar lande tradisioneel so min as moontlik kontroversie probeer ontlok, het Tsjeggië die vorige lidlande die loef afgesteek. Frankryk se tentoonstelliong met hul oorname van die EU-voorsittertstoel ses maande gelede was 'n lugballon in blou, wit en rooi.

Tsjeggië het egter 27 kunstenaars genader vir visuele kommentaar oor die EU. Kykers kan hulleself dus verlustig in Bulgarye wat uitgebeeld word as 'n reuse Turkse toilet, Spanje wat danksy hulle bounywerheid verdwyn het onder sement, Brittanje wat afgeval het van Europa se kaart en les bes, Nederland verswelg onder water met net 'n paar minarettorings wat nog hier en daar uitsteek. Swede is 'n verpakte Ikea-kartondoos en Luxemburg 'n stukkie goue erts met 'n "Te koop"-etiket aangeheg. Duitsland is slegs 'n versameling snelweë.

Die tenttonstelling wat diplomate in hul oggendkoffie laat stik het, is te siene in die Justus Lipsius-gebou in Brussel.

бак длялобановский александр

Maak 'n opvolg-bydrae