Tyd om vuurwapenlisensies te hernu amper om

Die tydperk waarin vuurwapenlisensies hernu kan word, kom spoedig tot 'n einde, sê die polisie.

Die divisiekommissaris vir sigbare polisiëring, Arno Lamoer, sê dat volgens die bepalings van die Wet op die Beheer van Vuurwapens van 2000, het die polisie met die hernuwing van vuurwapens in Januarie 2005 begin en die laaste fase eindig op 31 Maart 2009.01.14

Die laaste groep mense, wie se verjaarsdae tussen 1 Oktober en 31 Desember val, het net dot die einde van Maart vanjaar om aansoeke in te dien.

Aansoeke moet by 'n aangewese vuurwapenbeampte in die omgewing waar die persoon woon, ingedien word, sê Lamoer.

“Ek dring by die persone aan wat nog nie hulle hernuwingsaansoeke ingedien het nie, om dit so gou as moontlik te doen en om nie tot die laaste dag te wag nie.

“Ervaring het getoon dat 'n groot hoeveelheid mense tot die laaste paar dae wag om hulle aansoeke in te dien.”

Lamoer sê dit het lang rye en ongeduldige aansoekers by die registrasiesentra tot gevolg en dat dit die doeltreffendheid van die aangewese vuurwapenbeamptes belemmer.

Lamoer sê daar sal geen verlenging na 31 Maart gegun word nie.

Vuurwapeneienaars wat nie hulle lisensies wil hernu nie, of in gebreke bly om hulle te hernu, het tot 30 Junie met die opsie om die wapen aan 'n ander persoon of regspersoon te verkoop.

Hulle kan ook by die SAPS aansoek doen om die wapen skadeloos te stel of hulle kan dit vrywillig inhandig vir die polisie om te verwoes.

play old video games onlineФильчаков прокурор отзывы

Apartheid is ‘n gerieflike slaansak

Zelda Jongbloed, adjunkredakteur van Die Burger, wat so gal braak teen die vorige regering se onderwysbeleid, behoort die volgende feite, wat ’n gerekende konsultantefirma in Johannesburg op die gebied van onderwysstandaarde vir 14 jaar op rekord het, ook onder haar lesers se aandag te bring:

In 1994 kon slegs ’n skandalige 51% van Afrika-taliges wat destyds matriek geslaag het, Standaard Funksioneel Geletterdheidstoetse slaag. Die destydse onderwysstelsel dra sekerlik die skuld.

Vanaf 1994 het hierdie syfer van 51% konsekwent bly daal totdat dit aan die einde van 2007 op slegs 19% gestaan het. En dit daal steeds. Daarom wag ons met ingehoue asem vir 2008 se toetsresultate.

Wat sê hierdie syfers eintlik? Net maar dat die huidige onderwysstelsel slegs drie en ’n half present van die Afrika-talige kinders wat in graad 1 opgeneem word, uiteindelik na 12 jaar as opleibare werknemers aan Suid-Afrika se werkgewers gelewer word. En hoekom? Die grootste rede sekerlik te wyte aan eenogige onkundige politieke leiers wat probeer onderwysleiers speel en oningeligte ouers wat dink hulle kinders moet in Engels opgevoed word en nie in hulle moedertale nie – want hulle politieke leiers sê so. Die ANC, as ek dit nie mis het nie, me. Jongbloed.

Apartheid is ’n gerieflike slaansak, want dit kan nie terugslaan nie.

ппр оборудованияФільчаков прокурор

Zim-kleinhandelaars oorweeg herinstelling van krediet

Zimbabwe se handelaars dink weer daaraan om kredietfasiliteite in te stel nadat hulle toestemming gegee is om in buitelandse geldeenhede handel te dryf, het die staatsbeheerde Herald Woensdag berig.

Handelsektorrolspelers het aan die koerant gesê dat die ontwikkeling in reaksie was op 'n verbetering in voorraadvlakke.

"Die probleem op die oomblik is wie oorweeg behoort te word vir krediet, aangesien nie almal in buitelandse geldeenhede betaal word nie. Natuurlik sal daar 'n neiging wees om voorkeur te gee aan mense wat buitelandse geld verdien of diegenewat oor toegang tot buitelandse valuta beskik."

Indien die regering sou besluit om staatsamptenare in buitelandse geld te betaal, sal dit volgens handelaars "baie doen om die kredietfasiliteit 'n groot hupstoot te gee, aangesien hulle die groot rolspelers was in terme van die kredietfasiliteit voordat dit gestaak is."

Handelaars het aan die Herald gesê dat hulle ook oorweging sal skenk daaraan om krediet aan diegene te verskaf wat buitelandse rekeninge het en wat internasionale debietkaarte het.

Kredietfasiliteite is in Oktober 2007 gestaak vanweë die bedryfsverliese wat winkels gelei het as gevolg van prysbeheer in 'n hiperinflasie-omgewing, het die koerant gesê.

светодиодные светильникиФильчаков Александр Васильевич

Israel keer Iranse hulpskip op pad na Gasa voor

Die Iranse staatstelevisie het gesê Israel se vloot het 'n Iranse skip wat volgelaai was met voedsel, klere en medisyne wat vir Gasa bestem was voorgekeer en gedwing om na 'n Egiptiese hawe te gaan.

Ahmad Navabi, die hoof van die humanitêre groep wat die skip borg, het Woensdag op televisie gesê dat die Israelse vloot Woensdag die vragskip net 30 kilometer van die kus van Gasa af onderskep het en beveel het om weg te draai.

Die skip, Shahed, het die Iranse hawe Bandar Abbas twee weke terug verlaat.

Navabi het gesê sy groep sal dalk moet probeer om die humanitêre hulp vir Gaza deur die Rafah-kruising by die Egiptiese grens te stuur.

коммерческая тайна украинаtopcargo развод

Toyota-bestuurders koop vrywillig eie maatskappy se motors

Toyota Motorkorporasie se bestuurders soek na nuwe Toyota-motors in 'n poging om verkope te help opstoot en om steun te wys vir die maatskappy, het 'n beampte van die maatskappy Woensdag gesê te midde van Japan se top voertuigvervaardiger se stryd teen 'n globale insinking.

Die skuif toon hoe moeilik tye vir Toyota is. Dit kom ná die skokkende onthulling dat Toyota vir die eerste keer in 70 jaar 'n bedryfsverlies gaan toon in die finansiele jaar wat eindig op 31 Maart.

Dié voorstel is verlede maand eers bekend gemaak in 'n interne omsendbrief wat versprei word aan omtrent 2 200 middelvlakbestuurders, wat 'n groep soortgelyk aan 'n klub vorm, het Toyota-woordvoeder Yuta Kaga gesê.

Niemand gaan geforseer word om 'n kar te koop nie, en dit staan hulle vry om enige model te kies wat hulle wil hê, solank as wat dit 'n Toyota is, het hy gesê.

Toyota het gegroei deur spanwerk te bevorder en werkers word aangemoedig om met idees vorendag te kom wat dinge kan verbeter en kostes kan bespaar.

Japannese maatskappye neig om 'n korporatiewe kultuur te skep wat baie naby aan familiebande is, alhoewel sulke praktyke tog mettertyd verminder.

Toyota-bestuurders het reeds 'n 10% vermindering in hulle bonusse aanvaar.

Topuitvoerendebeamptes gaan 'n vermindering in salaris aanvaar, maar die bedrag is volgens die maatskappy nog nie vasgestel nie.

купить игрушки украинатопкарго отзыв

9 dood in ongeluk in Noordwes

Agt mans en 'n vrou is dood en nog agt ernstig beseer in 'n kop-aan-kopbotsing tussen twee minibustaxi's in Phokeng naby Rustenburg Dinsdagnag, het die Noordwesdepartement van vervoer gesê.

"Die ongeluk was tussen 'n taxi wat mense na die omliggende dorpies geneem het en 'n Coin-sekuriteitsvoertuig wat op pad was na Rustenburg," het woordvoerder James Moche in 'n verklaring gesê.

"Dit wil voorkom asof die bestuurder van die minibus van die sekuriteitsfirma beheer oor die voertuig verloor het in die reënerige toestande en kop aan kop gebots het met die taxi."

4 Mense in die sekuriteitsfirma se bussie is gedurende die ongeluk uit die voertuig geslinger. Drie van hulle is dood en die vierde het ernstige beserings opgedoen.

"Die voertuig het aan die brand geslaan en is totaal vernietig."

Nog ses mense in die Quantum-taxi is dood. Die bestuurders van beide voertuie is onder dié wat dood is.

Die agt wat beseer is, is na die Job Tabane-hospitaal op Rustenburg geneem.

Die Noordwes-LUR vir vervoer Phenye Vilakazi het die ongeluk as grusaam beskou en sy meegevoel aan die families van die oorledenes oorgedra. Hy het ook wense vir vinnige beterskap aan die beseerdes uitgespreek.

дизайн интерьерФильчаков прокурор харьков

Fitch verlaag Anglo plc se vooruitsig

Die Fitch-graderingsagentskap het die eertydse Suid-Afrikaanse maatskappy wat tans sy hoofkantoor in Londen het, Anglo American plc, se vooruitsig van stabiel na negatief verander. Die agentskap het egter die langtermynlenerstatus en senior ongedekte lenings op enkel-"A" behou, asook die maatskappy se korttermynlenergradering van "F1".

Die senior ongedekte gradering van Anglo American Capital plc – Anglo se gewaarborgde filiaal – is ook herbevestig op "A", het Fitch Dinsdag in 'n verklaring gesê.

Die vooruitsigverandering weerspieël die moontlikheid dat Anglo se kredietsyfers gedurende 2009 buite Fitch se riglyne vir "A" mag beweeg, waaronder 'n maksimum hefboomeffek van drie keer.

Dié situasie weerspieël die maatskappy se bykomende skuldlas as gevolg van die aankoop van twee Brasiliaanse ysterertsmyne gedurende 2008.

In die loop van 2009 sal Fitch aanhou om die maatskappy se aankondigings te monitor insake maatreëls om sy kontantposisie te beskerm, asook bewegings in hulpbronpryse, teenoor bestaande beramings oor die maatskappy, het die agentskap verklaar.

детский интернет магазин харьковФильчаков прокуратура харьков

Reivilo-inwoners versper paaie

Inwoners van Reivilo in die Noordweste se Taung-munisipaliteit het alle toegangsroetes tot Boitelo-lokasie versper uit protes teen swak dienslewering, sê die polisie.

Noordwespolisiesegsman, Kaptein Lesego Metsi, sê inwoners het die paaie met brandende buitebande, skrootmetaal en klippe versper.

“Hulle het alle roetes na die lokasie gesluit. Die polisie het daarin geslaag om die verbranding van buitebande te staak en geen skade aan eiendom is aangemeld nie. Die polisie sal voortgaan om die situasie te monitor.”

Die betogers beskuldig die Groter Taung Plaaslike Munisipaliteit daarvan dat hulle in gebreke bly om basiese dienste soos water en sanitasie te verskaf.

Meer as 30 mense is in Desember in Reivilo vir openbare geweld gearresteer nadat hulle teen swak dienslewering betoog het.

Metsi sê niemand is in verband met vandag se betoging in hegtenis geneem nie.

logo for euroпрокурор харьковской области

Zuma-beslissing nie algeheel te blameer vir die rand se treurmare

ImageTerwyl die voortgaande vervolging van die ANC-president, Jacob Zuma, negatief is vir die rand, is dit slegs gedeeltelik die rede vir die geldeenheid se knieserigheid, sê RMB se geldeenheidnavorsing.

“Die Appèlhof se besluit om die NVG toe te laat om Jacob Zuma te vervolg het die mark ietwat onkant gevang en het 'n negatiewe reaksie van 'n paar sent ontketen,” sê RMB in 'n geldeenheidbywerking.

“Dat daar onafgehandelde aanklagte teen 'n president is, sal negatief wees, maar belangriker is die onverbonde ongemak oor 'n moontlike verskuiwing na links ná die verkiesing,” sê RMB.

Hulle het bygevoeg dat dit môre en oormôre na verwagting baie opvlieënd op die markte sal wees na aanleiding van internasionale data en kalendergebeure.

Die rand het vanoggend teen 10,13 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel.

how to promoteлобановский харьков

Miljoen-dollarfilmateljee reg om Suid-Afrika op die rolprentkaart te sit

Toe Nicholas Cage met Bridget Moynahan in die 2005-trefferfilm “Lord of War” gevry het, het 'n vrot reuk nog oor die ou Kaapstadse kunsmisfabriek wat in 'n filmateljee verander is, gehang waar die toneel verfilm is.

Hoofbestuurder Nico Dekker sê die terrein oorkant 'n rioolwerke was 'n “stink” en “helagtige” plek om te werk.

En tog het dié opgeknapte fabriek gehelp om Suid-Afrika in 'n vooraanstaande rolprentvervaardigingsplek te verander wat filmmakers van regoor die wêreld lok en wat wys dat die tyd reg was om dit in 'n hele nuwe multi-miljoendollarkompleks te verander.

Bouwerk het onlangs begin om die 200 hektaar naby die ongeskonde vleilande en welige Kaapse wingerde in Afrika se gevorderdste ateljee waardig vir Hollywood of Bollywood te verander.

“Dit is soos manna, heuning vir die bye. Dit posisioneer ons as mense wat glo in die toekoms van rolprentvervaardiging in Afrika,” sê Dekker.

Kaapstad Filmateljees, aanvanklik Dreamworld genoem, lê 25 kilometer oos van die naamgewende stad daarvan. Dit is die land se grootste belegging ooit in sy filmindustrie, wat meer as 20 000 mense in diens het.

Groot hoop word gekoester dat dit die sektor se jaarlikse inkomste van die huidige eenmiljard rand tot vier keer soveel sal groei.

Die projek, beraam op 430-miljoen rand is deur aandeelhouers befonds en ook 'n 30-miljoenrandbelegging deur die Weskaapse regering, is al vyf jaar in wording. Die eerste fase behoort binne 'n jaar vorm aan te neem en konstruksie behoort teen 2010 afgehandel te wees.

подсветка дляОлександр Васильович Фільчаков

Wag by Mabopane-kliniek doodgeskiet

Image'n Vyf-en-dertigjarige sekuriteitswag is doodgeskiet en sy kollega ernstig gewond by die Mabopane-kliniek, noord van Pretoria.

Die twee wagte is by die kliniek deur drie gewapende mans aangeval. Die een wag is in die kop geskiet en is op die toneel dood. Sy kollega is in die maag geskiet.

Die gewapende mans het te voet van die toneel gevlug.

Die motief vir die aanval is nie bekend nie.

'n Hakkejag vir die moordenaars is van stapel gestuur.

free bet withoutДанильченко

Rice wys VSA se w?reldwye suksesse teen VIGS uit

Image

Condoleezza Rice

Die VSA se minister van buitelandse sake, Condoleezza Rice, het gister gesê dat miljoene mense wêreldwyd hoop geput het uit die uittredende president, George W. Bush, se administrasie se program om VIGS te bestry.

“'n Siekte wat eens as 'n doodsvonnis beskou is… is nou 'n siekte waarmee Amerika mense help om saam te leef en dit te bestuur, sodat hulle deel van hulle kinders se lewe vorentoe kan wees,” het Rice aan verslaggewers gesê.

Sy het haar opmerkings gemaak tydens die vrystelling van die vyfde jaarverslag aan die Kongres van die President se Noodplan vir die Verligting van VIGS – PEPFAR – 'n oorsig van die program se eerste vyf jaar voordat Bush sy amp op die 20ste Januarie verlaat.

“Ek dink nie dat enige iets so sterk in die harte en die gedagtes van mense rondom die wêreld sal staan nie, maar ook in ons eie bewussyn, as die werk en prestasies van PEPFAR nie,” het Rice gesê.

Amerikaanse beamptes sê dat net 50 000 mense in die hele Afrika suid van die Sahara lewegewende anti-retrovirale behandeling gekry het toe die program in 2003 gebore is.

Maar, het sy bygevoeg, teen Oktober verlede jaar het PEPFAR “lewegewende anti-retrovirale behandeling ondersteun vir meer as 2,1 miljoen mans, vroue en kinders wat regoor die wêreld met MIV/VIGS leef.

PEPFAR het ook die voorkoming van moeder-tot-kind MIV-oordragdienste vir vrouens gedurende amper 16-miljoen swangerskappe ondersteun, wat 'n geskatte 237 000 babas toegelaat het om sonder MIV gebore te word,” het sy gesê.

“Ons ondersteun tans die sorg vir meer as 10,1-miljoen mense wat wêreldwyd geraak word, insluitende viermiljoen kwesbare kinders wat die hoop vir 'n blinker toekoms verteenwoordig.”

Die hoof-VSA-diplomaat het die program “die grootste onderneming deur enige nasie om 'n enkele siekte te beveg in menslike geskiedenis” genoem.

Die syfers stem ooreen met dié wat in Desember deur Bush aangekondig is.

ригонда купитьОлександр Васильович Фільчаков

Werf n?? buitelandse Afrikaners vir eie gebiede

Daar was vandag 'n praatjie oor Radio RSG wat ondermeer gegaan het oor werkloosheid, die ekonomiese krisis, en Suid-Afrikaners in die buiteland wat wil terugkom.

Daar is genoem dat daar binnekort sowat 20-miljoen mense wêreldwyd hul werk gaan verloor, wat direk verband hou met die internasionale ekonomiese krisis.  Daar is ook genoem dat "baie" Afrikaners in die buiteland nou huistoe wil kom.

Na my mening skep dit nou vir ons, wat volkstaatondersteuners is, 'n ideale geleentheid om ons mense met ope arms terug te verwelkom, maar, om hulle terselfdertyd te oorreed, en te help, om nie weer na die misdaadvoos-gebiede waar hulle vandaan kom, terug te keer nie.

Daar moet werkverskaffingsburo's geskep word wat hierdie mense kan help.  Maar, daar mag geen gras onder ons voete groei nie.  Daar moet vinnig en doelgerig opgetree word.

Ons het die afgelope paar maande dikwels op hierdie forum gesels oor die belangrikheid dat Afrikaners moet "konsolideer".  Wel, nou is die mees ideale geleentheid om dit te doen.  Laat ons vasstel watter distrikte in Suid-Afrika die veiligste is, en laat ons dan hierdie mense in die buiteland help om liewer na plekke soos Orania, Lambertsbaai, Vredendal, Vredenburg, Britstown, Strandfontein, Doringbaai, Nieuwoudtsville, Calvinia, Williston, Carnarvon, Clanwilliam, Elandsbaai, ens., te verhuis, eerder as om maar net weer na die misdaad-paradyse terug te keer.

Afrikaners met leierskap, geld, talente en wilskrag, kan baie help deur nuwe maatskappye te stig en van hierdie terugkerendes met werksgeleenthede te help.

Al wat ek nie weet nie, is "hoe kom ons by regstellende optrede en transformasie verby?!"  Die geleerde mense in die politiek sal seker vir ons daar kan help.  Dit help nie ons stig 'n maatskappy in byvoorbeeld Lambertsbaai (met die doel om werklose Afrikaners te help), en die regering sê ons moet 90% van die werknemers in die Transkei gaan werf om in Lambertsbaai te gaan werk nie.  Daar moet 'n plan gemaak word om SLEGS Afrikaners na die Weskus en die Bo-Karoo te lok.  Anders sny ons net ons eie kele af.

зарядно пусковое устройстводанильченко юрій броніславович

Cholera neem toe in SA

ImageOmtrent 77 nuwe vermoedelike en bevestigde choleragevalle is vandag in Suid-Afrika gerapporteer terwyl die Tubatse-rivier in Limpopo positief getoets het vir die siekte.

Daar was 64 nuwe vermoedelike choleragevalle in Limpopo en Gauteng. 'n Totaal van 13 bevestigde choleragevalle is in die Weskaap, KwaZoeloe-Natal en die Noordweste gerapporteer.

Die hoofdirekteur van Limpopo se Watersake, Alson Matukane, sê voortdurende toetse van waterbronne in die provinsie dui aan dat dele van die Tubatse-rivier in die Steelpoortgebied met cholera besmet is.

Ander dele van die rivier het egter negatief getoets, sê hy.

“Dit blyk dat die gebiede wat positief getoets het, is waar mense plastiekhouers gebruik om water mee te dra,” sê hy.

Matukane sê hulle ondersoek steeds of die water deur mense of deur die omgewing besmet word.

Die gesondswoordvoerder vir Limpopo, Phuti Seloba, sê omtrent 48 nuwe gevalle is gerapporteer, wat die groottotaal vir nuwe besmettings in die provinsie tot 1 802 neem.

Hy sê 11 van die nuwe 48 gevalle is in die gebiede waar die Tubatse-rivier besmet is, aangemeld.

Die provinsie se cholerasterftesyfer bly op nege.

Intussen het die aantal nuwe gevalle in die ander provinsies in Suid-Afrika gestyg.

построить саунупрокурор харьковской области