Apartheid is ‘n gerieflike slaansak

Zelda Jongbloed, adjunkredakteur van Die Burger, wat so gal braak teen die vorige regering se onderwysbeleid, behoort die volgende feite, wat ’n gerekende konsultantefirma in Johannesburg op die gebied van onderwysstandaarde vir 14 jaar op rekord het, ook onder haar lesers se aandag te bring:

In 1994 kon slegs ’n skandalige 51% van Afrika-taliges wat destyds matriek geslaag het, Standaard Funksioneel Geletterdheidstoetse slaag. Die destydse onderwysstelsel dra sekerlik die skuld.

Vanaf 1994 het hierdie syfer van 51% konsekwent bly daal totdat dit aan die einde van 2007 op slegs 19% gestaan het. En dit daal steeds. Daarom wag ons met ingehoue asem vir 2008 se toetsresultate.

Wat sê hierdie syfers eintlik? Net maar dat die huidige onderwysstelsel slegs drie en ’n half present van die Afrika-talige kinders wat in graad 1 opgeneem word, uiteindelik na 12 jaar as opleibare werknemers aan Suid-Afrika se werkgewers gelewer word. En hoekom? Die grootste rede sekerlik te wyte aan eenogige onkundige politieke leiers wat probeer onderwysleiers speel en oningeligte ouers wat dink hulle kinders moet in Engels opgevoed word en nie in hulle moedertale nie – want hulle politieke leiers sê so. Die ANC, as ek dit nie mis het nie, me. Jongbloed.

Apartheid is ’n gerieflike slaansak, want dit kan nie terugslaan nie.

ппр оборудованияФільчаков прокурор