Toyota Motorkorporasie se bestuurders soek na nuwe Toyota-motors in 'n poging om verkope te help opstoot en om steun te wys vir die maatskappy, het 'n beampte van die maatskappy Woensdag gesê te midde van Japan se top voertuigvervaardiger se stryd teen 'n globale insinking.
Die skuif toon hoe moeilik tye vir Toyota is. Dit kom ná die skokkende onthulling dat Toyota vir die eerste keer in 70 jaar 'n bedryfsverlies gaan toon in die finansiele jaar wat eindig op 31 Maart.
Dié voorstel is verlede maand eers bekend gemaak in 'n interne omsendbrief wat versprei word aan omtrent 2 200 middelvlakbestuurders, wat 'n groep soortgelyk aan 'n klub vorm, het Toyota-woordvoeder Yuta Kaga gesê.
Niemand gaan geforseer word om 'n kar te koop nie, en dit staan hulle vry om enige model te kies wat hulle wil hê, solank as wat dit 'n Toyota is, het hy gesê.
Toyota het gegroei deur spanwerk te bevorder en werkers word aangemoedig om met idees vorendag te kom wat dinge kan verbeter en kostes kan bespaar.
Japannese maatskappye neig om 'n korporatiewe kultuur te skep wat baie naby aan familiebande is, alhoewel sulke praktyke tog mettertyd verminder.
Toyota-bestuurders het reeds 'n 10% vermindering in hulle bonusse aanvaar.
Topuitvoerendebeamptes gaan 'n vermindering in salaris aanvaar, maar die bedrag is volgens die maatskappy nog nie vasgestel nie.
