Wilders dink die Britte is gek en lafhartig

Image

Geert Wilders

Die omstrede Nederlandse filmmaker, Geert Wilders, het Brittanje se weiering om hom toe te laat tot die land as "gek en lafhartig" bestempel.

Wilders, 'n Nederlandse politikus, wat die veel gekritiseerde film oor Islam, "Fitna", verlede jaar gemaak het, het na Londen gevlieg om die film te vertoon, ten spyte daarvan dat hy 'n dag tevore gesê is dat hy nie toegang tot Brittanje sal kry nie.

"Ek het steeds geglo en gehoop dat hulle van plan sal verander," het hy aan CNN per telefoon uit die aanhoudingsentrum by Heathrow-lughawe gesê.

Hy het gesê hy is deur doeanebeamptes ontmoet die oomblik toe hy uit die vliegtuig geklim het.

"Hulle het my na die aanhoudingsentrum geneem," het Wilders gesê, en daar is ek vir "45 sekondes" ondervra voor hulle my paspoort afgeneem het en uitgegaan het.

Wilders is deur die Britse Hoërhuis genooi om sy film "Fitna" Donderdagaand te kom vertoon.

Die Britse ambassadeur in Nederland het Woensdag aan hom gesê dat hy nie toegelaat sal word om die land binne te gaan nie, omdat die menings in die film openbare veiligheid sal bedreig.

Brittanje se departement van binnelandse sake het gesê die verbod op Wilders is toelaatbaar onder Europese-Uniewette, wat state toelaat om toegang te verbied op grond van openbare beleid, openbare veiligheid of openbare gesondheid.

"Die regering is gekant teen ekstremisme in alle vorme," het 'n woordvoerder van die departement van binnelandse sake gesê. Die beampte kon nie geïdentifiseer word nie vanweë beleid in dié geval. "Dit sal die mense wat boodskappe van ekstremisme, haat en geweld wil kom versprei in ons gemeenskappe verhoed om ons land binne te kom."

детски игтопкарго

Niehaus bied aan om te bedank n? bedrogskandaal

Image

Carl Niehaus (links)

ANK-woordvoerder Carl Niehaus het oor die naweek aangebied om te bedank uit sy posisie nadat nuus bekend gemaak is dat hy bedrog gepleeg het om 'n lening te bekom.

"Iets soos dié wat openbaar gemaak word… sal natuurlik gevolge vir my inhou… ek aanvaar dat die ANK oor my toekoms sal besluit," het Niehaus aan SAfm gesê.

"Ek het vanoggend (Vrydag) 'n boodskap aan die sekretarisgeneraal en die tesourier generaal van die ANK geskryf en my bedanking aangebied."

"Ek ws altyd in diens van die ANK en het altyd die ANK se dissipline aanvaar. Die ANK is nie 'n organisasie wat ek as net nog 'n organisasie beskou nie. Dit is my familie. Dit is die organisasie wat ek liefhet en ek sal nooit opsetlik iets doen om die organisasie te skaad nie. Ek sal altyd hulle dissipline aanvaar."

Die weeklikse Mail and Guardian het berig dat hy klaarblyklik 'n vals brief geskryf het terwyl hy hoof was van die Gautengse Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap (Geda) en handtekeninge vervals het in 'n poging om 'n lening van 'n sakeman te verkry.

Niehaus het ook na bewering geld geleen van verskeie ANK-grootkoppe om sy hoë lewensstandaard te handhaaf.

"Die meeste inligting waarmee julle my konfronteer, is waar. Ek wens dit was nie so nie. Ek het groot foute gemaak en 'n klomp mense baie teleurgestel. EK het geen illusies dat indien julle die artikel publiseer dit die einde van my loopbaan sal beteken nie," het hy aan die Mail and Guardian gesê.

"Ek het vir mense soos Saki Macozoma, Cyril Ramaphosa, Tokyo Sexwale, Gill Marcus, Pallo Jordan en Rick Mennel gevra om my finansieel te help."

"Ek was platsak. Sommige van hulle het geld gegee en ander nie. EK is inderdaad diep in die skuld. EK het ook geld gekry van Brett Kebble."

Hy het gesê die oorlede mynmagnaat het aan hom R70 000 gegee vir kommunikasiewerk.

"Ek betaal R100 000 terug omdat ek nie meer die likwidateurs kan beveg nie – daar was geen kontrak nie, net 'n mondelinge ooreenkoms," het Niehaus gesê. 

безмасляный компрессорtopcargo

Amerikaanse banke insolvent

Sommige van die groot Amerikaanse banke is volgens ekonome en ander finansiële kenners soos dooie mense wat loop. Die banke is volgens hulle mening insolvent.

Verbruikers en besighede het egter nie nodig om bekommerd te wees oor hulle beleggings nie, aangesien dit deur die Amerikaanse regering verseker word. En selfs banke wat tegnies insolvent is, kan vir 'n lang tyd bly sake doen en hulle finansiële gesondheid herwin wanneer die ekonomie verbeter.

Maar sonder 'n oplossing vir die slegte bates, sal die kredietkrisis wat die ekonomie aftrek voortduur, omdat banke nie genoegsame lenings kan toestaan om die handel weer aan die gang te kry nie.

Die antwoord, volgens ekonome en kenners is groter, meer direkte betrokkenheid van die regering as wat in die tesouriedepartement se plan verlede week uiteen gesit is.

Sodanige ingryping is deur die Japannese regering van 2001 tot 2003 toegepas, deur die Sweedse regering in 1992 en deur Washington van 1987 tot 1989 om die spaar en leningskrisisse op te los.

"Die geskiedkundige rekord toon dat dit uiteindelik gedoen moet word," het 'n senior persoon by die Peterson-instituut vir Internasionale Ekonomie gesê. "Om dit uit te stel veroorsaak net meer probleme en hoër kostes op die lang duur."

Natuurlik sal die Obama-administrasie se stimulusplan kan help om ekonomiese herstel aan te help en die waarde van banke se bates kan begin toeneem.

Intussen styg die geskatte waardes van verliese steeds.

игры для девачекданильченко юрий брониславович прокурор

Anglikaanse kerk verbied lidmaatskap van regse party

ImageDie Anglikaanse kerk het met oorweldigende syfers gestem om mense in kerklike beroepe te keer om lede van sommige "rassistiese" politieke partye, spesifiek die BNP, te word.

Sommige sprekers het gewaarsku dat dié partye die reëls kan systap deur hulle name te verander, of kan beweer dat die lede ondersteuners eerder as amptelike lede is.

Hoe dit ook al sy, die stemming het deurgegaan met 322 stemme teenoor 13, en 20 wat buite stemming gebly het, te midde van bewerings dat die BNP probeer om hom as Christelike groep voor te hou,en vrese dat daar rassistiese ondertone in die kerk is wat etniese minderhede "skandaliglik onderverteenwoordig" in die kerklike beroepe laat.

Dit het gekom nadat 'n lys van 12 000 name en adresse van beweerde BNP lede op die internet gepos is, insluitend 'n afgetrede Anglikaanse priester, asook vyf eerwaardes van verskillende geloofsoortuigings.

самовсасывающий насос для скважиныданильченко юрій броніславович компромат

Meer aggressie nodig vir volkstaat

ImageSuid Afrika raak 'n groter gemors. Gustav Venter se rubriek oor Tutu gee mens hoop dat daar nog 'n paar enersdenkendes is.

Ek is 'n groot voorstander vir 'n volkstaat, maar raak ook bekommerd dat ons vermoë om eie grondgebied te bekom al hoe swakker word. 'n Volkstaat sal nie sonder 'n Afrikanerrewolusie kan realiseer nie en ons doen ook te min deur formele strukture om ons saak by die VN en ander lande te bevorder. Die voormalige Volksfront het groot werk gedoen om 'n basis vir 'n volkstaat te skep.

Ons hoef nie alles weer oor te doen nie en kan bou op wat reeds bestaan. Briewe en menings gaan nie die Afrikaner lei na 'n volkstaat toe nie, georganiseerde strukture moet gesamentlik en afsonderlik die kwessie met aggressie aanpak.

слесарь ремонтник насосное оборудованиеФільчаков прокурор

VF+ wen hofsaak oor buitelandse stem

Image

Mulder, Pieter

Die VF Plus het in 'n verklaring die uitspraak van die Pretoriase Hooggeregshof verwelkom dat artikel 33 van die kieswet ongrondwetlik is. Artikel 33 van die kieswet (Wet 73 van 1998 artikel 33) bepaal dat daar onderskei word tussen Suid-Afrikaners in die buiteland en dat sommige mag stem en ander nie.

Al die bedes voor die hof, is deur die regter toegestaan. Die uitspraak sal nog vandag aan die Grondwethof voorgelê word vir bekragtiging. Die respondente, waaronder die Departement van Binnelandse Sake, kry dan opnuut geleentheid om hulle besware voor die Grondwethof te argumenteer.

Afhangende van die besluit van die hoofregter, kan bekragtiging gou afgehandel word. Indien die VF Plus ook hiermee slaag, sal dit beteken dat alle Suid-Afrikaners in die buiteland wat as kiesers geregistreer is, in hierdie verkiesing sal kan stem.

“Dit is ’n reuse oorwinning teen die arrogansie van die ANC wat sy wil op almal probeer afdwing,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê. “Die VF Plus sal nie huiwer om die ANC of watter regering ook al, op hierdie wyse in die toekoms weer aan te vat ten einde te voorkom dat burgers se regte van hulle weggeneem word nie,” het dr. Mulder bygevoeg. 

“Die VF Plus het ’n rekord dat die party opstaan vir die regte van gewone landsburgers. So het die VF Plus geslaag om die “Kill the Boer”-slagspreuk as haatspraak verklaar te kry en verskeie oorhaastige ANC-naamsveranderinge met hofuitsprake te stuit,” volgens dr. Mulder.

справка 1депутат лобановский

Zimbabwe mag dalk die rand aanneem ? Motlanthe

ImageSuid-Afrika se president, Kgalema Motlanthe, het Sondag gesê dat Zimbabwe, wat gekortwiek word deur rekordinflasie dalk die Suid-Afrikaanse rand as standaardgeldeenheid kan aanvaar.

"Ons moet hulle help sodat die koalisieregering kan werk," het Motlanthe gesê in 'n onderhoud met die SAUK, met verwysing na die magsdelingsooreenkoms tussen president Robert Mugabe en die aangewese eerste minister Morgan Tsvangirai.

Dit "mag vir hulle prakties wees om 'n ooreenkoms met die Reserwebank aan te gaan hier in Suid-Afrika om die rand as gemeenskaplike geldeenheid te gebruik", het hy gesê sonder om verdere motivering te gee vir sy argument.

Motlanthe dien ook tans as president van die SAOG wat as bemiddelaars in die krisis optree.

Pryse in Zimbabwe het met 231 miljoen persent gestyg in Julie verlede jaar, die laaste keer toe amptelike inflasiesyfers bekendgemaak is. Analiste sê egter dat inflasie in Zimbabwe in werklikheid op 'n paar miljard persent staan.

Die nasionale geldeenheid, die Zimbabwiese dollar, is herhaaldelik gedevalueer en beperkings op die gebruik van buitelandse geld, insluitend die Amerikaanse dollar, die euro en die rand is opgehef.

Zimbabwe sukkel ook om 'n toenemende humanitêre stryd die hoof te bied, te midde van 'n cholera-epidemie wat geblameer word op 'n ineengestorte infrastruktuur en 'n desperate voedseltekort, volgens internasionale agentskappe.

Matlanthe het ook die internasionale gemeenskap aangemoedig om die nuwe regering van nasionale eenheid, wat vandeesweek ingelyf moet word te help, ná die Afrika-unie 'n beroep gedoen het dat sanksies teen Robert Mugabe en sy vertrouelinge opgehef word.

play casino without depositлобановский харьков класс

Rapport is ‘n blad vir ‘Suid-Afrikaners en Afrikane’

ImageLiza Albrecht het vir Tim du Plessis as redakteur van Rapport vervang. Nóg 'n blanke manlike Afrikaner is dus terloops vervang; etnies gesuiwer uit 'n bestuurspos, maar dié keer nie deur die gewone verdagtes soos die ANC-beheerde staatsdiens nie. Nee, dit was sommer ánder Afrikaanssprekende blankes (ek huiwer om hulle Afrikaners te noem) – Naspers. Het Tim se rigtingverandering nadat sy seun die plesiere van regstellende aksie eerstehands ervaar het, te veel vir die ideologiese meesters by Naspers geword?

Die Burger, Naspers se Kaapse dagblad, wat glo op Afrikaners gemik is, se redaksie is insgelyks reeds grootliks gesuiwer van blanke Afrikanermans en aan Naspers se "Afrikaanses" oorhandig, onder andere Zelda Jongbloed, wat meen dat die swak matriekuitslae aan apartheid toegedig kan word.

Me. Albrecht erken self in haar intreeblog dat sy onervare is. Sy het minder as 10 jaar ervaring in die koerantwese. Hardebaardjoernaliste en subredakteurs met jare se ervaring, sal nou aan haar moet rapporteer. Hulle is oor die hoof gesien om slegs een rede: hulle is lid van daardie ongewenste muishondspesie, die blanke Afrikaanse man. Geoffer op die altaar van politieke korrektheid, met ander woorde.

Me. Albrecht was voorheen die redaktrise van By. Dié nasionale bylaag by die Naspersdagblaaie het 'n bepaalde, linkse inslag gehad. Só is daar byvoorbeeld die mees verregaande, ekstreem-linkse anti-Afrikaner, anti-blanke propaganda uit die gifpen van Christi van der Westhuizen, eertydse trawant van Max du Preez, geplaas. Die einste Liza Albrecht het egter vir Dan Roodt die reg tot repliek op een me. Van der Westhuizen se rubriek geweier. Daar was glo 'n "gebrek aan spasie".

Vandag skryf me Albrecht haar intreeblog op Rapport se webwerf. Voorspelbaar is haar blog reeds gekontamineer met die geykte, politiek-korrekte terme: "heterogeen", "Afrikane", "Suid-Afrikaners" en "wêreldburgers". Amerika wil in reaksie op die geldkrisis sy horings intrek en nasionalisties optree deur mense aan te moedig om Amerikaans te koop. Me. Albrecht predik egter steeds 'n wollerige, internasionale broederskap van die mensdom. Soos Gustav Venter in 'n repliek op haar blog uitwys, skitter die woord "Afrikaner" in sy afwesigheid, iets wat alreeds boekdele spreek van me. Albrecht se ideologiese hellery na die linkse kant van die spektrum.

Ek is egter bereid om te wed dat die een, grootste groep van Rapport se lesers juis daardie einste muishonde is wat Naspers so wil suiwer uit die organisasie – blanke Afrikanermans. Dis duidelik dat Albrecht-hulle na die bruin mark probeer vry met die gebruik van die afstootlike Naspers-uitvindsel: "Afrikaanses". Tog erken sy per implikasie dat haar grootste aantal lesers nie bruines of "Afrikaanses" is nie wanneer sy skryf: "… met ons grootste leserskap in Gauteng en in die Kaap. Die koerant penetreer sowat 27% van die algehele Afrikaanse mark".

Rapport se groot konsentrasies lesers bevind hul dus in Gauteng – aan die Oosrand, in Pretoria, dele van Johannesburg en in die Weskaap – die noordelike voorstede van Kaapstad. Dis beslis nié op Mitchellsplein of in Soweto nie. Nietemin is Naspers skynbaar vasbeslote om sy verwronge multikulti-ideologie in sy oorwegend Afrikanerleserkorps se keel af te dwing.

Weereens is Gustav Venter korrek in sy repliek. Ons is siek en sat vir multikultipropaganda en onrealistiese twak oor die wonderlike reënboognasie. Daar is 'n groot dissonansie tussen wat Naspers se sikofante dink en hoe sy lesers die Nuwe Suid-Afrika werklik ervaar. Ek stel net soveel belang in 'n Zelda Jongbloed se mening as in 'n inwoner van Borneo s'n, want sulke sienings oor die Afrikaner is nie net irrelevant nie, maar onbelangrik.

Me. Albrecht en Tim du Plessis verknies hulle in hulle blogs op opeenvolgende Sondae oor die moeilike tye wat Rapport en ander publikasies binnegaan.

Vir solank as wat Rapport en ander Nasperspublikasies egter voortgaan om my en ander blanke Afrikanermans, wat die meerderheid van hulle lesers uitmaak, te vervreem, gaan hulle hulself benadeel en is sowel Rapport as ander Afrikaanse koerante in die Naspersstal se dood binne 'n dekade 'n gegewe.

интерьер каминной комнатыДанильченко Юрий Брониславович Харьков

ANK- en KVP- lede raak slaags

Sewe lede van die KVP (Kongres van die Proletariaat) is beseer ná 'n aanval deur 'n groep van 80 mense by 'n vergadering in Kou-Gamma in die Oos-Kaap.

Die party se Kou-Gamma-voorsitter, Tertius Kritzinger, het gesê die groep wat die KVP aangeval het, het uit ANK-lede bestaan.

"Omtrent 120 KVP-lede is soos honde aangeval deur ANK-lede," het Kritzinger gesê.

Hy het gesê die aanvallers het opgedaag by 'n saal in Kou-Gamma, waar die vergadering om 18:30 gehou is.

"Hulle het die voorste hek van die saal afgebreek en ingegaan met knopkieries, messe, ysterpype en stokke."

"Hulle het toe begin om ons lede te slaan terwyl ons die omgewing verlaat het aangesien ons vir ons lewens gevrees het."

Hy het gesê die KVP-lede het daarin geslaag om in hulle motors te kon kom en moes deur die skare ry om weg te kom.

Kritzinger het beweer die ANK-groep is deur die burgemeester van Kou-Gamma gelei.

"Hy was die hoofaanhitser in die aanval," het Kritzinger gesê.

Hy het ook beweer die polisie wat naby was het niks gedoen om die aanval te staak nie.

"Daar was definitief 'n ooreenkoms tussen die polisie en die ANK-lede…mons is soos honde aangeval en niks is gedoen om die aanval te keer nie."

Die 7 beseerde mense is hospitaal toe geneem vir behandeling.

"Hulle het baie kneusplekke gehad. Ek is nie 'n dokter nie, maar ek weet dat hulle in pyn verkeer."

Die Oos-Kaapse woordvoerder vir die KVP, Nkosi Sikele Ngomo, het gesê dat die KVP klagte teen die ANK gaan lê.

"Ons is siek hiervan, ons gaan klagte teen die ANK self lê," het Ngomo gesê.

'n Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, Marianette Olivier, het bevestig dat die insident plaasgevind het.

"Ek kan die bewerings deur KVP-lede oor die ANK bevestig … ons ondersoek tans bewerings dat die burgemeester betrokke is."

Sy het gesê sake van aanranding en intimidasie is geopen en die polisie ondersoek dit.

Geen arrestasies het tot dusver plaasgevind nie.

fruit warpФильчаков Александр Васильевич

Wet oor nasionale vervolgingsgesag ‘het foute’, s? president

Image

Kgalema Motlanthe

President Kgalema Motlanthe het Sondag toegegee dat die huidige praktyk waar die hoof van die nasionale vervolgingsgesag deur die president aangewys word, foutief is.

Hy het met die media gepraat by Tuinhuis in Kaapstad en gesê die aanstellingsproses kan meer gewig dra indien 'n onafhanklike liggaam soos die Geregtelike Dienstekommissie (GDK) dit sou doen.

"Ek dink dit sal beter wees indien die aanstelling van die nasionale direkteur van openbare vervolgings gedoen word deur 'n liggaam soos die GDK," het hy gesê.

Die publiek sal die proses as meer geloofwaardig beskou indien 'n organisasie soos die GDK 'n kortlys sal opstel van kandidate en die lys aan die president vir oorweging voorlê.

Onder die huidige nasionalevervolgingsgesagwet, kan Motlanthe 'n persoon van sy keuse aanstel om die geskorste voormalige hoof, Vusi Pikoli, te vervang.

"Dit is sommige van die swakplekke in die wet wat werklik reggestel moet word," het Motlanthe gesê.

зарядное устройствоtopcargo развод

Die DA en Afrikaners

Die Vryheidsfront Plus se bewerings dat Pretoriase kandidate "oorgesien" word wanneer dit by plekke op die party se kandidatelys kom, is op sy minste kommerwekkend.

Hoewel die DA bekendstaan as "die grootste Afrikanerparty", met ongeveer 'n miljoen Afrikaners wat daarvoor stem, bestaan die vermoede steeds dat die ou liberale Prog-groepering, met Helen Zille as hul leier, die partyleierskap in 'n ystergreep het. Daarom verkies die party om Engelssprekende Johannesburgers op sy Gautengse kandidatelys te plaas, eerder as Afrikaanssprekende Pretorianers.

Hoewel die DA met behulp van die Kleurlingstem in die Weskaap beheer oor Kaapstad geniet en 'n kans staan om die provinsie in te palm, verteenwoordig die Gautengprovinsie steeds die ekonomiese en politieke swaartepunt van die land. Daar woon ook meer Afrikaners in Gauteng, in Pretoria en aan die Oos- en Wesrand, as in enige ander deel van die land of selfs ter wêreld, as mens die diaspora-Afrikaners in ag neem.

Soos ons op hierdie blad al male sonder tal geargumenteer het, verteenwoordig die PWV-gebied die hinterland van die Afrikaner. Dis hier waar ons 'n Eerste, Tweede en 'n Derde Republiek opgerig het en in die verlede vir ons vryheid gestry en gesterf het.

Die gedagte dat die liberale en toenemend linkse DA van Afrikanerstemvee in ons hinterland gebruik maak ten einde die agtergehaalde Prog-tradisie in die SA politiek te laat voortleef, laat voorwaar 'n wrang smaak in die mond.

Dan is dit ook so dat 'n groot groep Afrikanerpolitici in die DA hulself soos Sappe uit die jare twintig en dertig gedra, toe G.D. Scholtz gepraat het van "mense met Afrikaanse vanne maar wat hulself nie as Afrikaners beskou nie en eerder sal sterf as om Afrikaans in die parlement te praat".

Die DA skuld die publiek een of ander verduideliking oor die oorverteenwoordiging van die liberale Prog-element vanuit die noorde van Johannesburg en die agter-Tafelbergse dele van Kaapstad in die party en die oënskynlike miskenning van die party se groot aantal Afrikanerkiesers wie se sienings en kultuur nie in die party weerspieël word nie.

 

slots ukданильченко юрій Харків

ANC-jeugliga was nog altyd militant, meen Zuma

Om uitgesproke te wees was nog altyd deel van die ANC-jeugliga se tradisie, het die regerende party se president Jacob Zuma Donderdag gesê.

Hy het met gaste gepraat by die ANC se voor-parlementsopening dinee in Kaapstad. Zuma het gesê die geskiedenis van die regerende party toon dat die ANC-jeugliga altyd die meer uitgesproke vleuel van die organisasie was.

“Dit was altyd meer militant as die moederliggaam – dit het aan die ANC daardie energie gegee om die nasionale revolusie vorentoe te dra”, het hy gesê.

Voormalige president Nelson Mandela, wat ook op ‘n stadium die leier van die Jeugliga was, was deel van ‘n groep leiers wat die organisasie na groter hoogtes gestuur het.

“Vandag is die massas trots om met die ANC geassosieer te word – dit is wonderlik om aan die ANC te behoort”, het Zuma gesê.

Oor president Kgalema Motlanthe wat Vrydag sy staatsrede moet lewer, het Zuma gesê die ANC-adjunkpresident was ‘n verenigende faktor wat krediet moet kry dat hy die land verenig het na president Thabo Mbeki herroep is.

“Hy het die land gelei en bymekaar gehou gedurende ‘n baie moeilike tydperk”, het hy gesê.

1 гсуФільчаков прокурор

Zanu-PF man verloor plaas aan Grace Mugabe

ImageDaar skyn geen einde te wees aan Grace Mugabe se aptyt vir plase nie.

Maar toe dit lyk asof daar nie meer blanke boere is van wie sy kan plunder nie, het Zimbabwe se eerste dame haarself gehelp aan 'n plaas wat aan 'n pro-Zanu-PF regter, wat dit op sy beurt ses jaar gelede afgeneem het van 'n top graanprodusent, Vernon Nicol.

Mugabe (43) het reeds 'n string plase besit toe haar man in 2000 sy veldtog teen wit boere begin het.

Nou het sy die eertydse spogplaas, Gwina, omtrent 80 kilometer noord van Harare in Zimbabwe se vrugbare Mashonaland-wes provinsie van regter Ben Hlatshwayo van die Harare hoër hof afgeneem.

Grace Mugabe, net soos regter Hlatshwayo voor haar, het die gewasse op die lande, oeste in die skure en toerusting oorgeneem.

Sy het klaarblyklik die plaas geneem as 'n geskenk vir haar seun Russell Goreraza, uit haar eerste huwelik, wat in sy middel 20's is en by die universiteit van Kaapstad studeer het.

Regter Hlatshwayo, wat die besonderhede in die verslag gegee is, het niks ontken nie, maar net gesê dat hy "geen kommentaar" het nie.

Voor Kersfees het hy probeer om 'n dringende aansoek te bring voor 'n kollega op die regsbank, regter Joseph Musakwa, om "sy plaas" terug te kry, maar hy is "op die een of ander manier" oortuig om die saak te laat vaar voor dit gehoor kan word.

Boer Nicol het beskerming by die howe gesoek, en het op daardie stadium 'n hofbevel gehad om regter Hlatshwayo te verhoed om sy plaas af te neem. Die regter het dit geïgnoreer en in Nicol se groot plaashuis, wat gesluit was, ingebreek.

Nicol woon nou in Australië met die meeste lede van sy uitgebreide familie.

Nou dat regter Hlatshwayo soortgelyk behandeling ontvang het, word daar gesê dat hy 'woedend" is daaroor.

Volgens bronne in die boeregemeenskap, was regter Hlatshwayo die uitsondering onder die Zanu-PF elite wat hulleself gehelp het aan plase en minder as 10% van die grond wat hulle geneem het, gebruik het.

Hy het aan die begin gesukkel, maar het met staatshulp vir toerusting en geld, en 'n goeie plaasbestuurder dit reggekry om redelike oeste te kan lewer. Sy ondergang het gekom na hy verlede jaar 'n opedag op Gwina gehou het en besoekers  ingesluit het wat kontakte was van die eerste dame.

Sy was eers getroud met 'n lugmagoffisier toe sy as tikster gewerk het in Staatshuis en het twee kinders saam met Mugabe gehad toe sy vrou op daardie tydstip, Sally, sterwend was aan nierversaking. Hulle is getroud na haar dood en het saam 'n derde kind gehad.

Sy was onlangs in Hong Kong, waar sy  Britse joernaliste aangeval het wat foto's van haar geneem het toe sy uit 'n R20 000 per nag hotel gekom het.

установка газового отопления в квартиреФильчаков прокурор харьков

SA gaan ‘baie moderne’ nuwe munte kry

Suid-Afrika gaan 'n paar "opwindende en 'in die mode'" nuwe munte kry, maar presies hoe die goed gaan lyk is steeds 'n geheim, volgens regeringswoordvoerder Themba Maseko.

By 'n perskonferensie wat Woensdagmiddag by die parlement gehou is, het hy gesê die nuwe munte sal binnekort bekend gestel word.

"Die voorgestelde ontwerpveranderinge vir die verskeie munte is deur die kabinet goedgekeur. Die nuwe ontwerpe sal binnekort in die Gazette beland."

In reaksie op vrae, het hy gesê een van die muntontwerpe wat hy gesien het herdenk die 2010 Fifa sokkerwêreldbeker.

"Een van die munte se ontwerp herdenk die 2010 wêreldbeker. Ek het na die ontwerpe gekyk, hulle is baie opwindend en stylvol. Ek kan julle vertel, dit sal baie moderne munte wees."

Maseko het gesê die nuwe ontwerpe sluit in goue gedenk eenrand en tweerand munte, en herontwerpte 10, 20 en 50 sent munte.

лепкаДанильченко Юрий Брониславович