Zanu-PF man verloor plaas aan Grace Mugabe

ImageDaar skyn geen einde te wees aan Grace Mugabe se aptyt vir plase nie.

Maar toe dit lyk asof daar nie meer blanke boere is van wie sy kan plunder nie, het Zimbabwe se eerste dame haarself gehelp aan 'n plaas wat aan 'n pro-Zanu-PF regter, wat dit op sy beurt ses jaar gelede afgeneem het van 'n top graanprodusent, Vernon Nicol.

Mugabe (43) het reeds 'n string plase besit toe haar man in 2000 sy veldtog teen wit boere begin het.

Nou het sy die eertydse spogplaas, Gwina, omtrent 80 kilometer noord van Harare in Zimbabwe se vrugbare Mashonaland-wes provinsie van regter Ben Hlatshwayo van die Harare hoër hof afgeneem.

Grace Mugabe, net soos regter Hlatshwayo voor haar, het die gewasse op die lande, oeste in die skure en toerusting oorgeneem.

Sy het klaarblyklik die plaas geneem as 'n geskenk vir haar seun Russell Goreraza, uit haar eerste huwelik, wat in sy middel 20's is en by die universiteit van Kaapstad studeer het.

Regter Hlatshwayo, wat die besonderhede in die verslag gegee is, het niks ontken nie, maar net gesê dat hy "geen kommentaar" het nie.

Voor Kersfees het hy probeer om 'n dringende aansoek te bring voor 'n kollega op die regsbank, regter Joseph Musakwa, om "sy plaas" terug te kry, maar hy is "op die een of ander manier" oortuig om die saak te laat vaar voor dit gehoor kan word.

Boer Nicol het beskerming by die howe gesoek, en het op daardie stadium 'n hofbevel gehad om regter Hlatshwayo te verhoed om sy plaas af te neem. Die regter het dit geïgnoreer en in Nicol se groot plaashuis, wat gesluit was, ingebreek.

Nicol woon nou in Australië met die meeste lede van sy uitgebreide familie.

Nou dat regter Hlatshwayo soortgelyk behandeling ontvang het, word daar gesê dat hy 'woedend" is daaroor.

Volgens bronne in die boeregemeenskap, was regter Hlatshwayo die uitsondering onder die Zanu-PF elite wat hulleself gehelp het aan plase en minder as 10% van die grond wat hulle geneem het, gebruik het.

Hy het aan die begin gesukkel, maar het met staatshulp vir toerusting en geld, en 'n goeie plaasbestuurder dit reggekry om redelike oeste te kan lewer. Sy ondergang het gekom na hy verlede jaar 'n opedag op Gwina gehou het en besoekers  ingesluit het wat kontakte was van die eerste dame.

Sy was eers getroud met 'n lugmagoffisier toe sy as tikster gewerk het in Staatshuis en het twee kinders saam met Mugabe gehad toe sy vrou op daardie tydstip, Sally, sterwend was aan nierversaking. Hulle is getroud na haar dood en het saam 'n derde kind gehad.

Sy was onlangs in Hong Kong, waar sy  Britse joernaliste aangeval het wat foto's van haar geneem het toe sy uit 'n R20 000 per nag hotel gekom het.

установка газового отопления в квартиреФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae