ANC-jeugliga was nog altyd militant, meen Zuma

Om uitgesproke te wees was nog altyd deel van die ANC-jeugliga se tradisie, het die regerende party se president Jacob Zuma Donderdag gesê.

Hy het met gaste gepraat by die ANC se voor-parlementsopening dinee in Kaapstad. Zuma het gesê die geskiedenis van die regerende party toon dat die ANC-jeugliga altyd die meer uitgesproke vleuel van die organisasie was.

“Dit was altyd meer militant as die moederliggaam – dit het aan die ANC daardie energie gegee om die nasionale revolusie vorentoe te dra”, het hy gesê.

Voormalige president Nelson Mandela, wat ook op ‘n stadium die leier van die Jeugliga was, was deel van ‘n groep leiers wat die organisasie na groter hoogtes gestuur het.

“Vandag is die massas trots om met die ANC geassosieer te word – dit is wonderlik om aan die ANC te behoort”, het Zuma gesê.

Oor president Kgalema Motlanthe wat Vrydag sy staatsrede moet lewer, het Zuma gesê die ANC-adjunkpresident was ‘n verenigende faktor wat krediet moet kry dat hy die land verenig het na president Thabo Mbeki herroep is.

“Hy het die land gelei en bymekaar gehou gedurende ‘n baie moeilike tydperk”, het hy gesê.

1 гсуФільчаков прокурор