Die KwaZulu-Natalse Haaieraad sal binnekort begin om ‘n nuwe elektroniese haai-afweerkabel te toets om toekomstige haai-aanvalle te probeer voorkom, het RSG berig.
Die uitvoerende hoof, Mthokozisi Radebe, sê die 100 meter lange kabel is daarop gemik om haaie en swemmers op ‘n veilige afstand van mekaar af te hou, sonder on enigeen van die twee skade aan te doen.
Hy sê die kabel straal ‘n lae frekwensie elektroniese sein uit, wat witdoodhaaie afskrik.
Radebe het egter gewaarsku dat dit ‘n eksperiment is en in die stadium sal die kabel geen beskerming aan swemmers bied teen haai-aanvalle nie.
Toetse sal aanstaande maand by die Glencairnstrand in Kaapstad uitgevoer word. Die kabel sal op sekere dae geaktiveer word, in bedags van November tot Maart aanstaande jaar.
Dave en Cheryl Biggs het die jongste plaasaanval in Ixopo, KwaZulu-Natal, oorleef. Hul dogter Liane Ashton meen dit is omdat hulle onderdanig en gehoorsaam was tydens die aanval dat hul lewens gespaar gebly het,
Die egpaar is op 21 Maart op hul plaas, Kings Grant, deur vier gewapende swartes aangeval in hul huis terwyl hulle televisie gekyk het.
Die swart aanvallers het die deur oopgebreek om toegang tot die plaashuis te verkry.
‘n Woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, sê die aanvallers het die egpaar met ‘n vuurwapen afgedreig om die kluissleutels te oorhandig. Hulle het met die egpaar se voertuig en vuurwapens gevlug.
Cheryl Biggs is aangerand en beseer in die aanval. Die gesteelde voertuig is later verlate in die Bulwer-gebied gevind.
Drie swart jeugdiges het in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg erken dat hulle ‘n gesin van drie op ‘n plaas in Richmond, KwaZulu-Natal vermoor het.
Die drie van 17,19 en 20 jaar het toegegee dat hulle die 76-jarige Echard Schutte, sy vrou, Elizabeth, 66 en sy 33-jarige seun Lutz doodgesteek het, het RSG berig.
Hulle het daarna die liggame vol petrol gegooi en hulle aan die brand gesteek. Die moorde is deur weer eens deur besondere wreedheid gekenmerk.
Die familie het Echard Schutte se verjaardag gevier toe hulle aangeval is.
Een van die beskuldigdes het vir die familie gewerk.
Regter Louis Barnard het die saak tot 22 April uitgestel vir voorvonnis-verslae.
Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan appèl aanteken nadat die Durbanse hooggeregshof alle aanklagte teen die geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, ter syde gestel het.
Die waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging het destyds gesê die eenheid word soos ‘n georganiseerdemisdaad-eenheid bedryf.
Booysen het toe aangevoer dat die NGV gelieg het oor sekere verklarings.
Genl.maj. Johan Booysen was die hoof van die ernstige en gewelddadige misdaadeenheid in Cato Manor wat intussen ontbind is. Lede van die eenheid staar ʼn reeks aanklagte in die gesig, insluitend 28 aanklagte van moord.
Booysen, en lede van sy voormalige eenheid, is daarvan beskuldig dat hulle ʼn kriminele onderneming bedryf het. Die eenheid het glo sluipmoorde teen betaling in KwaZulu-Natal gedoen wat tot die minibustaxi-oorloë gelei het.
Booysen is in Augustus 2012 beskuldig van afpersing en swendelary in die onderneming wat hy bestuur het en wat aan die aktiwiteite deelgeneem het. Hy staan ook tereg op twee aanklagte van moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, en dwarsboming van die gereg.
Booysen se regspan het Sondag gesê die NVG beplan om appèl aan te teken teen regter Trevor Gorven se besluit.
Gorven het op 26 Februarie in sy uitspraak alle aanklagte teen Booysen laat vaar. Hy het gesê die aanklagte voldoen nie aan die minimumvereistes nie.
Gorven sê sy besluit om die aanklagte ongeldig te verklaar is nie ʼn aanduiding van Booysen se onskuld nie en kan weer aangekla word.
.
Nathi Mncube, woordvoerder vir die NVG, was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.
Indien Gorven die NVG se aansoek van die hand wys om appèl aan te teken teen sy uitspraak, kan die NVG die hoogste hof van appèl nader.
Die lyk van die man wat Saterdag gedurende die Midmar-myl in Howick, KwaZulu-Natal, vermis geraak het, is Donderdagmiddag gevind.
Geen sigbare besering was aan Thabo van Straten (43) se lyk wat dadelik ‘n leidraad kon verskaf tot die oorsaak van sy dood nie.
Van Straten is positief uitgeken aan die resies se registrasiebesonderhede op sy swemklere.
Die polisie se K9-soek-en-reddingspan het die laaste ses dae na Van Straten gesoek.
Kapt. Lolly Moodley, polisiewoordvoerder in Howick, het gesê Van Straten se lyk is Donderdag omstreeks 16:30 gekry. Een van die polisiehonde het hom opgespoor.
Volgens Moodley sal die oorsaak van sy dood eers ná ’n lykskouing bekend wees.
“Die lyk het omtrent 800 m van die beginpunt van die resies gedryf.
Die deel van die dam waar die lyk gevind is, is ongeveer 15,8 m diep.
‘n Swart man is dood en vyf ander is in ‘n kritieke toestand op Ngwavuma in die noorde van KwaZulu-Natal nadat hulle na bewering tuisgemaakte bier gedrink het.
‘n Polisiewoordvoerder, Thulani Zwane sê ses mense is na die Mosvold-hospitaal gehaas nadat hulle siek geword het.
Die man is dood kort na sy aankoms by die hospitaal.
Die polisie ondersoek ‘n ander voorval na die dood van vyf swart familielede wat na op ‘n plaas naby Bothaville in die Vrystaat.
Die vermoede bestaan dat hulle vergiftig is. Twee kinders is in die hospitaal opgeneem.
Die polisie het op die liggame van ‘n man en vrou, twee kinders en die vrou se suster afgekom, nadat die bure hulle in kennis gestel het.
‘n Woordvoerder, Stephen Thakeng sê hulle het gif in die kospotte gevind.
Thakeng sê die man en vrou het na bewering rusie gemaak oor ‘n verhouding met sy vrou se 16-jarige suster.
‘n Videowaarin ‘nswart KwaZulu-Natalseleerlingaangerandengesteek word deur ‘n groepander swart leerlingeisopgelaai opYouTube.
Diekrete vananderleerlinge watdie aanvalgesien het, kan gehoor word op dievideo wat 50-sekondes duur.Dit hetmeer as 300kyke in twee uurnadat ditopgelaaigekryverlede Woensdagoggend.
Indielaaste paar sekondeskandie beseerdeseun isgesien word waar hy op die grond lê,bewegingloosensy aanvallersverskuifuit die oog.
KaptThulaniZwanehet gesê die18-jarigeis in‘n plaaslike kliniekná die aanval Maandag oorlede.
Ditisglo tweegroepeleerlinge wat Maandag begin baklei het tydens die saalbyeenkomsopIsizimeleHigh School. Tweeander leerlingeis beseerindie stryd.
Vyfleerlingeis in hegtenis geneemdaardie dag ensal na verwagting binnekortindieDannhauser–landdroshofverskyn.Een van hulle was in besit van‘n gevaarlike wapen.
‘n Dertigjarige Ethiopiër van Pietermaritzburg het in sy spazawinkel doodgebrand.
Die polisie in KwaZulu-Natal het ‘n saak van moord en opsetlike brandstigting geopen ná die dood van die buitelander.
Die man het glo wag gehou by sy winkel om sy voorraad te beskerm, toe die winkel aan die brand gesteek is. Hy is tussen die vlamme en sy diefwering vasgekeer en het doodgebrand.
Die polisiewoordvoerder in die provinsie, Thulani Zwane sê ‘n leë plastiekhouer, met brandstof daarin, is buite die voordeur van die winkel gevind.
Niemand is nog ivm die voorval in hegtenis geneem nie.
Die Kwazulu-Natalse provinsiale regering het ‘n Raad teen Misdaad aangestel in ‘n poging om die stryd teen misdaad in die provinsie te versterk, en verskeie projekte in die provinsie te koördineer, het RSG berig.
Regeringsamptenare, tradisionele leiers, sakelui, georganiseerde arbeid en gemeenskapsorganisasies het in Durban byeengekom vir die bekendstelling van die Raad.
Die Raad sal strategiese advies en leiding verskaf om die doeltreffendheid van die stryd teen misdaad te verhoog.
Die Raad sal ook die vordering monitor en die proses hersien.
Die LUR vir Veiligheid en Sekerheid Willie Mchunu en die provinsiale polisiekommissaris Mammunye Ngobeni het die bekendstelling bygewoon. – Sapa
‘n Vermeende renosterstroper is Sondag in hegtenis geneem, het owerhede van die Ezemvelo, die KwaZulu-Natalse natuurbewaring, gesê.
“Twee skote is laatmiddag in die Hluhluwe-iMfolozi-park gehoor,” het Musa Mntambo, woordvoerder van natuurbewaring, Maandag in ‘n verklaring gesê.
Veldwagters is gestuur om ondersoek te gaan instel en nóg veldwagters is na alle moontlike ontsnaproetes gestuur.
Om 14:45 was daar ‘n skietgeveg tussen die veldwagters en drie ongeïdentifiseerde mans.
“Een verdagte is in die skietgeveg gewond en is later in hegtenis geneem, terwyl die twee ander gevlug het,” het Mntambo gesê.
Veldwagters het ‘n horing, sak, flitslig en byl in die man se besit gevind. Die karkas van ‘n witrenoster is Maandagoggend gevind.
Dr. Bandile Mkhize, uitvoerende hoof van Ezemvelo, het sy kommer uitgespreek oor die onlangse toename in skietvoorvalle.
“Stropers is altyd gereed om ons veldwagters te skiet. Dit is baie kommerwekkend omdat dit ons veldwagters in gevaar stel wanneer hulle op stropers afkom.”
Hy het gesê Ezemvelo sal sy stryd teen renosterstropery verskerp.
Minstens 39 mense is vanjaar in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem en 63 renosters is gestroop. – Sapa
Vyf mense het doodgebrand en nog vier is ernstig beseer tot twee voertuie reg van voor teen mekaar gebots het op die N-2 suid naby Umgababa op die KwaZulu-Natalse suidkus.
Die woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, Kwanele Ncalane sê een van die bestuurders het vermoedelik ‘n U-draai op die snelweg probeer maak.
Hy sê die LUR, Willies Mchunu het ‘n taakspan aangestel om die ongeluk te ondersoek.
Verlede maand is meer as 150 mense op die provinsie se paaie dood.