Haaieraad toets afweerkabel

Die KwaZulu-Natalse Haaieraad sal binnekort begin om ‘n nuwe elektroniese haai-afweerkabel te toets om toekomstige haai-aanvalle te probeer voorkom, het RSG berig.

Die uitvoerende hoof, Mthokozisi Radebe, sê die 100 meter lange kabel is daarop gemik om haaie en swemmers op ‘n veilige afstand van mekaar af te hou, sonder on enigeen van die twee skade aan te doen.

Hy sê die kabel straal ‘n lae frekwensie elektroniese sein uit, wat witdoodhaaie afskrik.

Radebe het egter gewaarsku dat dit ‘n eksperiment is en in die stadium sal die kabel geen beskerming aan swemmers bied teen haai-aanvalle nie.

Toetse sal aanstaande maand by die Glencairnstrand in Kaapstad uitgevoer word. Die kabel sal op sekere dae geaktiveer word, in bedags van November tot Maart aanstaande jaar.

One thought on “Haaieraad toets afweerkabel”

  1. Daar is al verskeie kere in die verlede sulke stelsels getoets, met baie groot sukses. Die projekte is egter in die verlede gekelder deur politiek – baantjies vir boeties en “ag die arme mensies wat die nette in stand hou wat hulle werkies sal verloor”. Een van my dosente was hierby betrokke omtrent 30 jaar gelede – wonder of die ou nog leef.

Maak 'n opvolg-bydrae