Vyf mense het doodgebrand en nog vier is ernstig beseer tot twee voertuie reg van voor teen mekaar gebots het op die N-2 suid naby Umgababa op die KwaZulu-Natalse suidkus.
Die woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, Kwanele Ncalane sê een van die bestuurders het vermoedelik ‘n U-draai op die snelweg probeer maak.
Hy sê die LUR, Willies Mchunu het ‘n taakspan aangestel om die ongeluk te ondersoek.
Verlede maand is meer as 150 mense op die provinsie se paaie dood.
