Dave en Cheryl Biggs het die jongste plaasaanval in Ixopo, KwaZulu-Natal, oorleef. Hul dogter Liane Ashton meen dit is omdat hulle onderdanig en gehoorsaam was tydens die aanval dat hul lewens gespaar gebly het,
Die egpaar is op 21 Maart op hul plaas, Kings Grant, deur vier gewapende swartes aangeval in hul huis terwyl hulle televisie gekyk het.
Die swart aanvallers het die deur oopgebreek om toegang tot die plaashuis te verkry.
‘n Woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, sê die aanvallers het die egpaar met ‘n vuurwapen afgedreig om die kluissleutels te oorhandig. Hulle het met die egpaar se voertuig en vuurwapens gevlug.
Cheryl Biggs is aangerand en beseer in die aanval. Die gesteelde voertuig is later verlate in die Bulwer-gebied gevind.
Die polisie-ondersoek duur voort.
