Stappers sal nie meer toegelaat word om kaal te kan wandel in die idilliese Alpynse landskap van Appelzell Innerrhoden nie, na die konserwatiewe Switserse kanton kaalstappery daar verbied het.
Appenzell Innerrhoden het baie gewild geword vir kaal stappers vanweë die rustige prentjie, perfekte lande en valleie. Maar die hordes het Appenzellers omgekrap en hulle het Sondag gestem om hulle te kan opdrag gee om alles te bedek.
“Dit is belaglik dat Appenzell ‘n internasionale reputasie kry vir so afstootlike gewoonte,” het Peter Schmidt gesê wat opgedaag het met die kanton se tradisionele langswaard om te stem teen kaal stappery in die jaarlikse opelug Landsgemeide.
Die Landsgemeide is ‘n gewilde samekoms wat plaasvind in Appenzell-dorp op die laaste Sondag in April. Deelnemers stem deur middel van die opsteek van hande, ‘n voorreg wat net vir mans beskore was tot 1990, toe vroue ook toegelaat is om te stem.
Tussen 3000 en 4000 kiesers, baie met hulle tradisionele drag het opgedaag by die jaar se Landsgemeide.
Die kanton van Appenzell Innerrhoden het die jaar begin om stappe te neem om ‘n einde te bring aan wat die plaaslike regs- en polisiedepartement “immorele gewoontes” noem.
In Februarie het die kantonraad begin om kaalstappers te beboet met op die plek boetes, maar dit het klaarblyklik nie geslaag nie, en Appenzell se internasionale profiel as veilige hawe vir kaalstappers verhoog.
Kaalstap het gewild geraak in lande soos Frankryk en Duitsland.
“Daar is kaalstappers in Frankryk en Duitsland ook, het Edith Zweifel van die Switserse toerismeraad aan Reuters gesê. “Maar Switserland is baie meer konserwatief en baie tradisioneel.”
Die Switserse stapklere en toerustingvervaardiger, Mammut voel die praktyk is onveilig en onverantwoordelik.
Mammut woordvoerder Katharina Haberman het gesê om sekere delikate dele van die liggaam bloot te stel aan die son se UV-strale was gevaarlik.
Ondersteuners van kaalstap voel egter dat die beloning vir die wat dit waag om alles te toon die moeite werd was.
“Die wat al ervaar het hoe dit voel om kaal deur die mis te loop, in die son te lê, te swem en die wind te voel, weet hoe bevrydend dit is om sonder klere aan rond te beweeg,” het Alice Haller, president van die Switserse naturaliste organisasie in ‘n openbare brief geskryf.укладка ламината по диагонали фотоФільчаков Олександр Васильович