Die klaers, gewone burgers, in 'n saak wat aanhangig gemaak word teen die beweerde korrupte staatshoofde, word verteenwoordig deur 'n liggaam wat stry teen korrupsie genaamd Transparence international France (TI).
TI wil duidelikheid hê oor die omstandighede betreffende die aankoop van eiendom in Frankryk deur Denis Sassou Nguesso, president van die Kongo, Omar Bongo Ondimba, staatshoof van Gaboen en Teodoro Obiang van Ekwatoriaal-Guinee, asook lede van hulle personeel.
Die voorsitter van TI Frankryk, Daniel Lebègue, sê dit sal 'n historiese saak wees wat "die einde van die korrupte leiers in die wêreld kan beteken". Die drie betrokke Afrikalande is groot olieprodusente.
Daar is egter politieke teenstand teen die skuif om die leiers voor die hof te daag, maar IT se advokaat meen indien die hof besluit om die saak nie aan te hoor nie, dit sal beteken dat die skeiding van wetgewende en uitvoerende gesag onder verdenking is.
Die Paryse hoërhof het reeds in 2007 en 2008 beslis dat soortgelyke klagtes teen Bongo en Sassou Nguesso uitgegooi word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.