Negejarige skiet by skool

‘n 9-jarige leerling het Dinsdag ‘n haelgeweer afgevuur buite ‘n skool in Noorweë, maar geen mense is beseer in die insident nie, het plaaslike media berig.

‘n Onderwyseres by die Kanebogen skool in Harstad, noordelike Noorweë, het daarin geslaag om die kind te ontwapen wat gesien is waar hy die geweer rondegewaai het buite die skool. Sommige verslae het gesê dat ten minste een skoot afgevuur is.

Aanvanklike verslae het gesê dat die kind die geweer skool toe geneem het na ‘n onderonsie met ‘n ouer leerling. ‘n Ondersoek is begin na die insident en ook van waar hy die wapen in die hande gekry het.

Die onderwyseres wat die kind ontwapen het word as ‘n heldin beskou, het die plaaslike polisiehoof, Elizabeth Kaas aan die openbare uitsaaier NKR gesê.

Plaaslike owerhede het gesê ‘n krisisspan is na die skool gestuur vir leerlinge en hulle familie, en polisie het ook met skoolwerknemers gesels.

Die skool het sowat 300 leerlinge van graad 1 tot 7, en 35 werknemers, het NRK gesê.

casino gamedданильченко юрій Харків