praag.co.za

Grap oor Obama kos voorsitter van ABC sy werk

ImageSpotprente, hekelstukke, afbeeldings die afgelope agt jaar van George Bush, Amerika se vorige president, wat hom as 'n onnosel, nie-lesende sjimpansee voorstel, of 'n oorlogsugtige idioot is blykbaar presies wat 'n blanke man verdien.

Maar 'n e-pos van die Withuis se grasperk wat in 'n waatlemoenland omskep is kan jou jou werk kos. Dit het die ABC (Alcoholic Beverage Commission) van Noord-Carolina se voorsitter Doug Fox ontdek nadat hy die e-pos rondgestuur het.

Die goewerneur van die Amerikaanse deelstaat, Goewerneur Beverly Purdue, het in haar verklaring gesê sulke e-posse is kwetsend en onaanvaarbaar.

Die e-pos getiteld "How true" se foto is voorsien van 'n onderskrif wat lui "There goes the neighborhood…" verwysende na die feit dat Barack Obama nou in die Withuis woon.

Die e-pos is 'n week of twee nadat Obama as president verkies is van Fox se regsfirma se adres gestuur.

Fox is nie die enigste slagoffer van die grap wat duisende reeds ontvang en rondgestuur het nie. 'n Burgemeester van 'n klein dorpie in Suid-Kalifornië, Los Alamitos, moes ook in Februarie bedank weens dieselfde e-pos wat hy aangestuur het.

Die voorsitter van die Legislative Black Caucus, Alma Adams, het die stap om Fox af te dank verwelkom. "Dis van swak gehalte," het Adams gesê. "Dit beledig ons president."

joc poolлобановский александр жена

Comments

Leave a Reply