Afrikanerrevolusie sal w?reld laat sidder

Ek stem saam met Deon de Wet-Roos dat 'n wettige pad nie enige heil vir die Afrikanerstrewe na 'n volkstaat sal bring nie. Behalwe as ons by buitelandse strukture simpatie kan wek vir ons volkstaat waarvan die Verenigde Nasies die belangrikste is.

Die vertoning van die Vryheidsfront+ in die afgelope verkiesing is nie 'n groot bron van kommer nie. Die meerderheid VF+-ondersteuners in my area het vir die Demokratiese Alliansie gestem om hul kanse vir amptelike opposisie te ondersteun. Uit gesprekke is dit vir my duidelik dat die meerderheid Afrikaners die Volkstaatgedagte ondersteun. Geen Afrikaner-organisasie kon sedert 1994 hond haaraf maak om die volkstaatgedagte gevestig te kry nie. Die 800 000 ondersteuners van die Vryheidsfront van 1994 het sekerlik gegroei inaggenome die toenemende ontnugtering met die verloop van die sosio-ekonomiese situasie in Suid Afrika.

Ons moet ook nie veel lees in die stemvertoning van die "expats" nie. Die meerderheid kon nie stem nie. Hoekom is die mense (meestal blankes) in die buiteland? Nie net vir 'n beter inkomste nie, maar omdat SA 'n gemors is ten opsigte van werksgeleenthede, veiligheid, swart bemagtiging, regstellende aksie en so meer.

Dit is onsinnig om vir enige Afrikanerparty te stem in die huidige politieke bedeling. Behalwe vir ons wat dit uit beginsel doen met geen verwagting dat die party enigsins opposiestatus sal bereik nie. Die Suid-Afrikaanse demokrasie is selfvernietigend en dit 'n illusie om daaraan deel te neem met mider as 30% van die kiesstem. Die Afrikaner en blanke in die breë word op alle terreine erodeer. 

Dit is nie nodig dat die Afrikanerorganisasies eers moet saamstaan voordat vir 'n volkstaat baklei word nie. Almal sal inval as 'n organisasie dit regkry om die wereldmening te verander wat uiteraard neerslag sal vind by die SA regering. Ons moet grense trek en begin. Met aggressiewe bemarking binne en buitelands. Ons moet ten minste die steun van die Europese Unie, VSA en VN verwerf. Dan Roodt het grense voorgestel (ek weet nie of hy ernstig was daarmee nie), maar dit is wat moet gebeur. Die voormalige Volksfront het ook die volkstaat begrens. 

Kwalifiseer die grense en begin net steun werf deur behoorlike voorleggings aan buitelandse strukture. Ons het 'n reg op selfbeskikking en dit gaan nie vanself kom nie. Daar stem ek saam met Deon de Wet Roos, as ons 'n volkstaat wil he sal ons nie net 'n wettige roete kan volg nie. 'n Afrikanerrevolusie sal die wêreld laat sidder. Dalk die enigste manier om ons erns vir selfbeskikking te demonstreer.

парус для надувной лодки купитьлобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae