SA benodig ‘n Afrikanerleiersfiguur

Alhoewel ons nie oor die getalle beskik nie beskik ons wel oor ‘n mate van ekonomiese mag. Wat ons nodig het in SA is ‘n leiersfiguur wat die Afrikaner se verbeelding kan aangryp en mense kan mobiliseer. Sonder eenheid is die Afrikaner gedoem en beteken enige invloed wat ons mag hê niks.

Ek werk tans in Oostenryk en dis merkwaardig tot watter mate die Afrikaner se manier van doen (nie noodwendig kultuur nie) ooreenstem met dié van die Oostenrykers, beide goed en sleg. Die Oostenrykers steur hulle eenvoudig nie aan gewoontes soos om Engels te praat in die werksplek nie alhoewel dit ‘n “reël” is. 

Alhoewel hulle ‘n klein staat in die Europese Unie is, laat hulle hulself geld op hulle voorwaardes, nie na aanleiding van die res van die wereld se reëls nie. Wanneer mense sien hulle kan ons as Afrikaners nie intimideer nie, sal hulle gedwing word om ons in ag te neem maar tot dusver akkomodeer ons andere ten koste van onsself. 

Vergeet daarvan om mooi broodjies te bak en forseer diegene wat ons vyandiggesind is om die eerste skuif te maak. Na my mening was ons vir baie jare die “nice guys” en dis tyd dat ons die belange van ons eie mense aggressief voor die res stel. Dit geld veral vir ons jongmense wat haas geen kans het om werk te kry in SA nie. 

Dis nog iets wat ons kan leer by die Oostenrykers, alhoewel hulle net so gerig is om hulself individueel te verryk soos die deursnee Afrikaner doen hulle alles om ‘n Oostenryker se kanse vir werk te versterk ongeag of hulle hom ken of nie. Hierdie metode gaan baie keer teen die maatskappybeleid om ander kulture in die maatskappye te vestig. 

As Afrikaners moet ons besef dat ons ‘n beleid moet implementeer wat ons belange vorder en dit gaan nie noodwendig “wettig” wees of die ANC gelukkig maak nie. Ongelukkig dink ek dat daar bitter min kans is om ‘n wettige pad te volg terwyl die ANC en hulle aanhangers maak soos hulle lus het. 

Ons voortbestaan gaan gepaard gaan met stryd. Dis ongelukkig die enigste taal wat die mensdom verstaan.

сауна банькаФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae