Oproerige inwoners van Weilers Farm, suid van Johannesburg, het Maandagoggend die strate ingevaar.
Die oproermakers het die R554 afgesper. Die polisie is in die gebied ontplooi.
‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Wayne Minnaar sê die pad is gesluit tussen die Goue Hoofweg en die R81, aangesien dit nie veilig is vir motoriste nie.
Minnaar sê hulle weet nie wat die rede vir die oproer is nie.
Hy sê oproeriges het buitebande aan die brand gesteek en gooi klippe na motoriste.
Aan die Oosrand van Gauteng word ‘n aantal paaie ook deur oproeriges in Tsakane versper.
Skole in die gebiede waar daar verlede week geweldadige oproer was, het nog nie almal teruggekeer na normaal nie.
Swart skole by Bloemhof, Christiana en Itsoseng in Noordwes, is weer oopgestel, maar in Khunotswana naby Zeerust word skole nog ontwrig.
Klasse is onderbreek deur oproeriges wat kinders aangeraai het om weg te bly oor “dienslewering”.
In Khunotswana het oproeriges paaie versper, nadat `n streekskantoor en `n raadslid se huis gedurende die naweek aan die brand gesteek is.
In die ander gebiede waar die paaie steeds begaanbaar is, het taxi’s en busse kinders na skole vervoer.
Die SAUK het gesê die DA kan ‘n gewysigde weergawe van sy verkiesingsadvertensie indien omdat die huidige een geweld aanhits.
Die uitsaaier het Vrydag ‘n beroep op die Demokratiese Alliansie gedoen om ‘n gewysigde weergawe van hul “Ayisafani” advertensie in te dien nadat dit onttrek is.
“Ons het … hulle ingelig [ Demokratiese Alliansie ] dat hulle geregtig is om ‘n gewysigde weergawe van die genoemde advertensie in te dien,” het Kaizer Kganyago, woordvoerder gesê.
In ‘n brief, het die SAUK se waarnemende uitvoerende hoof, Tian Olivier gesê hulle sal nie langer in staat wees om die advertensie op radio en televisie uit te saai nie, want dit hits geweld aan.
“Die Okosa-regulasie op politieke reklame stel dit duidelik dat daar nie aanhitsing tot geweld mag wees nie.
“Ons is van mening dat die verwysing in julle televisie-advertensie na die polisie wat ons mense dood, ‘n rede is vir aanhitsing teen die polisiediens,” het Olivier gesê in die brief.
Verskeie dorpe in Noordwes is tans in opstand teen die polisie, winkeleienaars, plaaslike raadslede en die oproeriges het reeds miljoene rande se skade veroorsaak soos hulle aangemoedig word om in opstand te kom teen “dienslewering”.
Die premier van Noordwes, Thandi Modise het ‘n beroep gedoen op leerlinge gedoen om terug te keer skooltoe. Die gewelddadige oproer, brandstigting, plundery en vandalisme het in Bloemhof, Christiana, Itseseng en Khunotswane voorgekom.
In die advertensie gesels die DA se Gautengse premierskandidaat en Mmusi Maimane met homself in ‘n spieël. Hy sê die lewe vandag is beter as wat dit was 20 jaar gelede was en gee krediet aan die terroristeleiers wat glo hy het die land “vorentoe” geneem het.
Dan sonder hy Zuma, verlore werksgeleenthede, Nkandla en polisiebrutaliteit uit waarteen kiesers hulself moet verset.
Olivier het bygevoeg in die brief dat die Verkiesingskommissie se gedragskode ‘n klousule insluit wat ‘n verbod op die publikasie van vals inligting bevat.
Olivier sê die bewerings oor Nkandla is nog nie in ‘n hof getoets nie.
Hy het verder gesê dat die Kode van die Advertensiestandaardeowerheid van Suid-Afrika (ASA ) laat nie toe dat ‘n ander produk ten koste van jou eie bevorder word nie.
“Ons is ook van mening dat die SAUK nie persoonlike aanvalle op enige partylid of leier sal toelaat deur enige ander party, soos gedoen in julle advertensie ten opsigte van … Zuma nie, ” het Olivier gesê.
“Ons het nie enige kommer oor generiese stellings oor sake soos korrupsie of die gebrek aan dienslewering nie, maar glo nie dat dit korrek is dat sulke kwessies aan ‘n spesifieke persoon toegewys word nie…”
Klaarblyklik is sommige amptenare in die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit besig om die geweld in Bodibe en Itsoseng aan te hits.
Die premier van Noordwes, Thandi Modise, het haar kommer uitgespreek oor dié bewerings.
Intussen is sewe winkels wat deur buitelanders besit word, geplunder terwyl ander winkels afgebrand is in die jongste voorvalle van xenofobiese geweld.
Die geweld word voorgehou as “diensleweringsopstande”.
Buitlelanders moes op vlug slaan nadat ‘n groep swart jeugdiges naby Lichtenburg drie dae geweld aangehits het en boedoehowe gehou het.
Die paaie is steeds onbegaanbaar nadat oproeriges en die polisie slaags geraak het. Bome, vullis en klippe het die deurgange tot op hede onbegaanbaar gemaak.
Die meeste winkels is steeds gesluit nadat hulle deur inwoners geplunder is.
Buitelanders vrees vir hul lewens en besittings en is glo gedurende die nag aangeval.
Leerlinge sowel as onderwysers het die afgelope twee dae weggebly by die skool.
Sowat 40 oproermakers sal Vrydag in die Itsoseng Landdroshof verskyn, onder meer op aanklagte van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging.
By Boitumelong by Bloemhof in Noordwes sal 123 inwoners weer in die hof verskyn nadat die saak Maandag uitgestel is.
Hulle word ook aangekla van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.
Inwoners van die gebied het verlede Woensdag oproerige geraak en het verskeie eiendomme van polisielede en raadslede van die Lekwa Teemane munisipaliteit beskadig.
Die inwoners beskuldig die raadslede van korrupsie, bedrog en nepotisme en eis dat die munisipale raad ontbind word.
Swart inwoners van Boitumelong by Bloemhof in Noordwes het die afgelope 48 uur miljoene rand se skade aangerig na hulle oorgegaan het tot grootskaalse brandstigting.
Die polisie is steeds in die gebied ontplooi. Die oproerige skare het vroeër ‘n vergadering van die ANC en ‘n afvaardiging van die provinsiale regering ontwrig.
Die oproermakers, aangevuur deur die DA en EFF se verkiesingsbeloftes, het huise en voertuie aan die brand gesteek. Hulle eis dat die munisipaliteit ontbind word omdat hulle nie basiese dienste lewer nie.
Sewe huise van polisielede het in die slag gebly. Die huise is aan die brand gesteek nadat polisielede en betogers na afloop van ‘n vergadering by ‘n plaaslike stadion slaags geraak het.
Voertuie van die SAUK is glo ook aan die brand gesteek. Joernaliste moes deur die polisie na veiligheid gebring word.
In verkiesingsverwante onrus is twee polisielede en verskeie betogers beseer nadat honderde oproeriges met die polisie slaags geraak het naby Bloemhof.
Die situasie is steeds gespanne en lede van die SAPD se openbare orde-eenheid poog om die situasie te kalmeer.
Paaie in Boitumelong buite Bloemhof in Noordwes is met klippe, beskadigde yskaste en brandende buitebande versper.
Die polisie is in die gebied ontplooi nadat oproermakers die huise van ANC-raadslede en die burgemeester van Lekwa-Temane-munisipalitiet aan die brand gesteek het.
Oproeriges van Boitomelong het die polisie wat tussenbeide wou tree om die brandstigting te stop daarna met klippe bestook. Ses huise is in die vlaag vandalisme afgebrand.
Betogers het ook `n polisievoertuig aangeval wat ontklaar geraak het. Nog drie vragmotors is op die N12 aan die brand gesteek.
Die N12 wat deur die dorp loop is steeds versper met brandende buitebande en klippe. Die pad is steeds vir verkeer gesluit.
Motoriste word aangeraai om alternatiewe roets te gebruik.
Die verhoor van 16 van die 97 verdagtes wat aangekla word van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging is vir `n borgaansoek tot 11 April uitgestel.
Skole in Boitumelong is vir die tweede dag ontwrig nadat oproerige inwoners hulle wegbly-aksie te midde van geweldadige betogings voorgesit het.
Die oproeriges eis dat die Lekwa-Temane-munisipale raad ontbind word weens die tekort van basiese dienslewering.
Dit is nie bekend of die oproeriges die DA of EFF teen die ANC ondersteun nie. Die ANC het die oproeriges tot kalmte gemaan.
Die polisie het 40 mense by Bloemhof in Noordwes in hegtenis geneem vir openbare geweld.
Die gewelddadige oproer was teen buitelanders en die burgemeester van Lekwatemane, Moeder Makodi gemik.
Oproerige inwoners van die Boitumeleng-township het Woensdagaand ‘n aantal eiendomme beskadig wat aan die burgemeester behoort.
Die woedende skare het die bedanking van die burgemeester en haar raad geëis.
Winkels wat aan buitelanders behoort is ook geplunder. Die buitelanders is deur die polisie is na ‘n plek van veiligheid gebring, terwyl inwoners besig was om ‘n vergadering te belê.
Die betogers sê die munisipaliteit is nepotisties, korrup en het hulle van gebrekkige dienslewering beskuldig.
Inwoners sê dienslewering het nog nie in die gebied sedert 1994 verbeter nie.
Die polisie in Noordwes, het Dinsdag vyf verdagtes in hegtenis geneem by Brits, in Majakaneng Village naby Mooinooi vir brandstigting, kwaadwillige beskadiging van eiendom, intimidasie, aanranding en openbare geweld.
Die inhegtenisneming volg na ‘n intensiewe ondersoek oor gevalle wat gedurende Majakaneng-oproer op 27 en 28 Februarie 2014 geregistreer is.
Van die vyf verdagtes, staar een ‘n aanklag van openbare geweld in die gesig, nog een brandstigting, terwyl die ander drie tereg staan op aanklagte van brandstigting, kwaadwillige beskadiging van eiendom, intimidasie, aanranding.
Die verdagtes se ouderdomme wissel van tussen 23 en 28. Hulle sal almal Woensdag in Brits-landdroshof verskyn. Ondersoeke rakende die saak duur voort.
Intussen is ‘n sewejarige swart meisie na bewering deur die polisie geskiet en beseer in oproer by Lorraine buite Tzaneen in Limpopo.
Dit volg nadat inwoners Sekororo paaie met klippe, brandende bande en ander voorwerpe versper het.
Die inwoners betoog oor ‘n beplande winkelsentrum in die gebied. Verskeie mense is reeds vir openbare geweld in hegtenis geneem.
Die kind is met ‘n kopbesering in die hospitaal opgeneem, maar is glo in ‘n bevredigende toestand.
Paaie na 25 dorpies in die gebied is steeds versper.
Na brandstigting en openbare geweld is 46 mense is in Montague Gardens in Milnerton in Kaapstad in hegtenis geneem.
‘n Oproerige groep inwoners van Joe Slovo Park het ‘n bus aan die brand gesteek. Volgens die polisie het die oproermakers die bestuurder uit die bus gedwing nadat hulle gedreig het om die bus aan die brand te steek.
Hulle het die bus in ligte laaie gelaat nadat die bestuurder uitgeklim het. Die groep is vermoedelik dieselfde mense wie se plakkershutte verlede week gelykgeskraap is.
Die Stad Kaapstad het die plakkershutte vernietig omdat hulle nie aan ‘n hofbevel gehoor gegee het nie.
Verskeie paaie in die Kaapse Skiereiland is tans gesluit weens gewelddadige oproer.
Inwoners het paaie met brandende buitebande versper en verkeersligte beskadig. Verbygaande motoriste word ook met klippe bestook.
Die polisie en die verkeersdienste is in die gebied ontplooi.
Die woordvoerder van die Kaapstadse verkeersdiens, Maxine Jordaan sê die R-300 tussen Highlands en Oliver Tambo, en tussen Govan Mbeki en Simfonieweg is gesluit.
Jordaan het motoriste aangeraai om versigtig te wees en waar moontlik alternatiewe roetes te gebruik.
Die polisie is ook op die N2 ontplooi waar verkeer nog vryelik vloei.
Honderde oproeriges van “The Oaks”, ‘n lokasie in die noorde van Limpopo moes deur die polisie uiteen gejaag word met rubberkoeëls.
Die betogers het opgeruk om omdat ‘n beloofde winkelkompleks in die gebied nie gebou word nie. Hulle kla oor ‘n tekort aan winkels.
Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming vertraag glo die aansoek van ‘n ontwikkelaar om ‘n winkelkompleks in die gebied op te rig.
Die ontwikkelaar en die Departement het gesê hulle handel die nodige dokumentasie tans af sodat bouwerk aan die winkelsentrum bespoedig kan word.
Lede van die polisie se Openbare Orde-eenheid moes van rubberkoeëls gebruik maak om orde te herstel nadat die polisie deur die betogers met klippe bestook is.
Inwoners het deurgang na Hoedspruit, Lydenburg en Tzaneen versper. Die pad is Donderdag gesluit en motoriste is aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.
Die oproemakers is intussen vir openbare geweld in hegtenis geneem.
Inwoners van Kanyamazane en Pienaar in Mpumalanga beweer dat die water vergiftig is, nadat hulle die naweek op ‘n plundertog teen buitelanders gegaan het.
Oproeriges het die hoofpad in die gebied met brandende bande en klippe versper in die voortslepende xenofobiese geweld.
Die oproer het begin toe ‘n Somaliër verlede week ‘n 20-jarige man doodgeskiet het.
Die oorledene is Sondag begrawe, Ná die begrafnis het inwoners die buitelanders se winkels ingevaar, gevandaliseer, besteel en aan die brand gesteek.
Hulle het vyf winkels wat aan buitelanders behoort geplunder en vier afgebrand. Nege mense is tot op hede in hegtenis geneem ivm openbare geweld.
Die Mbombela munisipaliteit sê hulle ondersoek die bewerings dat die water ook vergiftig is.