Oproerige inwoners van Weilers Farm, suid van Johannesburg, het Maandagoggend die strate ingevaar.
Die oproermakers het die R554 afgesper. Die polisie is in die gebied ontplooi.
‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Wayne Minnaar sê die pad is gesluit tussen die Goue Hoofweg en die R81, aangesien dit nie veilig is vir motoriste nie.
Minnaar sê hulle weet nie wat die rede vir die oproer is nie.
Hy sê oproeriges het buitebande aan die brand gesteek en gooi klippe na motoriste.
Aan die Oosrand van Gauteng word ‘n aantal paaie ook deur oproeriges in Tsakane versper.
Skole in die gebiede waar daar verlede week geweldadige oproer was, het nog nie almal teruggekeer na normaal nie.
Swart skole by Bloemhof, Christiana en Itsoseng in Noordwes, is weer oopgestel, maar in Khunotswana naby Zeerust word skole nog ontwrig.
Klasse is onderbreek deur oproeriges wat kinders aangeraai het om weg te bly oor “dienslewering”.
In Khunotswana het oproeriges paaie versper, nadat `n streekskantoor en `n raadslid se huis gedurende die naweek aan die brand gesteek is.
In die ander gebiede waar die paaie steeds begaanbaar is, het taxi’s en busse kinders na skole vervoer.

Minnaar sê hulle weet nie wat die rede vir die oproer is nie.
Nee Mnr Minnaar, ek weet en jy weet – enigiets wat hulle nie pas nie, sal hulle oor oproerig raak, moles maak, brand, afbreek totdat daar NIKS oorbly buiten om hulself aan die brand te steek en met klippe dood te gooi nie.
Van wanneer af raai skoliere, mede-leerlinge aan om weg te bly oor dienslewering en wanneer een van die kinders raakgeskiet word, sweer hulle wraak ? Die goed hoort op skoolbanke, nie medepligtiges aan barbaarsheid nie – en dis hoekom hulle hulself dan skuldig maak aan enige misdaad nog voor hulle 21 is.
Net ‘n rede om op plundertogte te gaan. Die onwettige immigrante se “spaza shops” gaan weer in die stof byt.
Die rede is maklik – oefeninge om die tweede geweldadige revolusie te pleeg met die blanke is teiken.