Weer eens ‘n sensasionalistiese berig oor ras in Rapport

Ek is nie 'n groot bewonderaar van die Universiteit van Stalinbos nie, veral nav die gebeure rondom die Woordfees enkele jare gelede.
 
Vandag het Rapport egter 'n sogenaamde "berig" op sy webwerf se hoofblad oor sogenaamde "rassisme" (sic) by die universiteit, wat in der waarheid niks van die aard is nie. Dit lyk egter as jy die opskrif lees, asof die ganse instansie een groot versameling Ku Klux Klan-lede is.

By nadere inspeksie blyk dit egter dat daar slegs twee klaers is en dat die ganse berig eintlik oor niks handel nie. Daar is geen rassesweer by die universiteit nie.

Een student is deur 'n groep mans aangerand, waarvan 2 toevallig studente was. Daar was egter enkele jare gelede 'n tandarts wat sy vrou vermoor het in Kemptonpark. Hy was 'n Tuks-gegradueerde. Volgens die Rapport se redenasie, sou alle Tuks alumni dus vrouemoordenaars wees?

Die ander klaer is 'n Rastafariër – daai ouens met 'n geweldige parasietlading in hulle hare en wat gewoonlik met bolle daggarook geassosieer word.

Hy is verbaas omdat die polisie hom telkens uitsonder om deursoek te word. Tog vreemd dat die polisie juis vir hom sal verdink van daggabesit, nie waar nie? Gans en al onverstaanbaar – mits mens 'n gestremde onder 2 jaar oud is. Hoe op dees aarde het hierdie moroon toelating tot 'n universiteit gekry as hy nie verstaan dat daggarook is ten nouste verbind word met Rastafariërs nie? Nietemin word die ganse universiteit se beeld skynbaar agv die optrede van die polisie deur die rassekwas bygekom.

Bostaande is nie nuus nie – dis goedkoop sensasiesoekery, 'n berig oor niks nie. Dis die skryfwerk van 'n verveelde joernalis wat te lui is om regte nuus te gaan uitsnuffel.

Weer eens het ons 'n voorbeeld van die glyende standaarde van "joernalistiek" waaraan Rapport hom onder leiding van Liza Albrecht toenemend skuldig maak.

диагностика японских автоданильченко юрій Харків

Rapport probeer Reitz-tipe insident skep

Rapport van 22 Maart probeer hard om nog 'n Reitz-tipe insident te skep met sy hoofberig "Ras-herrie by US".

Indien blankes swartes aanval word die ras van die aanvallers gemeld maar indien swartes blankes aanval of vermoor word die aanvallers of moordenaars se ras verswyg.

Rapport kry die wind erg van voor in die publiek se kommentaar op die berig. Die kommentaar kan slegs gelees word op Rapport se webblad en sal natuurlik nie in die gedrukte weergawe van die patetiese Rapport verskyn nie.

online pokerОлександр Фільчаков прокурор

Waar is die ondersteuning vir Derby-Lewis?

Ek kan dit nie glo dat die verwerping van Clive Derby-Lewis se hofaansoek oor sy vrylating op parool, so totaal sonder kritiek – of selfs steun – aanvaar is nie. Nie 'n woord van kommentaar in die Afrikaanse media nie, nie eens 'n brief of twee in die Naspers-koerante (volgens vanoggend se webblaaie) nie, geen redaksiekommentaar in die belangrikste Engelse koerante nie, maar die Citizen het darem twee briewe – een wat die uitspraak prys en een wat dit skerp betreur.

Dit is nie asof die uitspraak van 'n regbank van drie regters nie belangrik is nie. Terwyl vollediger berigte oor hul bevindings skaars is, wil dit voorkom of daar minstens twee regspunte van belang na vore gekom het.

Die eerste is dat die regters blykbaar bevind het dat die aansoek voortydig is omdat die minister nog nie 'n besluit geneem het oor die paroolraad se aanbeveling van meer as 'n jaar gelede dat Clive wel op parool vrygelaat moet word nie.

Ek is nie 'n regsgeleerde nie, maar soos ek dit sien is die implikasie hiervan dat die minister vir jare en jare kan sloer voordat hy dalk eendag besluit om te besluit en die hof kan niks daaraan doen nie. Weer eens moet ek op grond van karige berigte vermoed dat die afgelope aansoek eintlik gevra het dat die hof die besluit moet neem en dit was dus miskien verkeerd. Die hof moes eerder gevra gewees het om die minister nou vas te pen om sy besluit binne 'n redelike tyd te neem. Dit is egter punte wat in 'n moontlike appel ter sprake kan kom. Ek hoop dit word gedoen.

Maar indien ek die berigte reg lees (en die berigte nauurlik reg is) het die regters na verskeie dae van verrigtinge besluit dat die aansoek voortydig is en hulle nie oor die meriete kan beslis nie. Hoekom is die aansoek dan nie heel aan die begin deur die hof gestop omdat dit nie gepas of geskik was nie? As ek reg onthou uit my dae as beriggewer in sowel die laer as hoër howe, het 'n hof gou besluit of hy by magte is om om 'n saak of 'n aansoek aan te hoor of nie.

Maar die hof kon darem in hierdie saak wat hy nie, of dan nog nie, by magte was om aan te hoor nie, uiters belangrike wetsbeslissings te maak oor die regte al dan nie van die familie van slagoffers by die toestaan van parool aan moordenaars en seker ook verkagters en diesukes. Families het die reg om insette te lewer oor paroolaansoeke, beslis die hof.

Dit is 'n baie interessante beslissing met verreikende gevolge. Kan ek voorstel dat organisasies soos die TLU wat volledige data versamel het van alle plaasmoorde die afgelope 15 jaar en meer, onmiddellik gaan kyk of van hierdie moordenaars wat wel gevang en tronk toe gestuur is, sedertdien parool gekry het en of die betrokke families genooi is om hul menings of aanbevelings daaroor te lug. Indien nie, kan dit sekerlik in retrospek gedoen word – al het dit tot gevolg dat sommige vrygelatenes weer toegesluit word!

Maar die siedende woede wat steeds in my krop vassteek, gaan oor die "reg" wat aan die minister en die politici gegee is om met rassistiese en eensydige politieke vooroordeel te besluit om sekere politieke gevangenes en veroordeeldes vry te laat en andere nie. Want Clive en sy medepligtige het 'n politieke misdaad gepleeg deur die hoofterroris van daardie tyd uit die politieke vergelyking te verwyder. Dit is gedoen in 'n poging om die totale oorgawe aan 'n swart meerderheidsbewind te probeer keer omdat hulle – soos baie van ons – besef het dat dit op rampspoed en ellende gaan afstuur. Clive – 'n Engelsman uit huis uit wat hom tog by die Afrikaner se KP aangesluit het – het hierdie daad eintlik namens ons Afrikaners uitgevoer.

Hy was my vriend en medewerker om die NEE-stem in die 1983-referendum oor PW Botha se nuwe bedeling te bevorder. Hy was my vriend toe hy die Hani-uitwissing beplan en laat uitvoer het. Hy is nog my vriend en hy is nog die Afrikaner se vriend en ek wil huil en skreeu van woede omdat hierdie skreiende onreg teen hom blykbaar so gelate en sonder enige protes aanvaar word.

купитьФильчаков прокуратура харьков

Gaan maar deur die pynlike proses

As ‘n wapeneienaar is ek die afgelope ruk in ‘n tweestryd gewikkel oor die besit van ‘n vuurwapen, en het ek oorweeg om my wapen te gaan inhandig by ‘n handelaar. Indien ek sou besluit om nie vir hernuwing van my lisensies aansoek te doen nie, sal ek, ingevolge die nuwe wapenwet, op die 1ste Julie vanjaar in onwettige besit van my voorheen wettige vuurwapens wees.

Hierdie oorweging het tot ‘n skielike einde gekom nadat ek verneem het dat ‘n vriend van my homself en sy vrou suksesvol verdedig het, toe hulle by Fort Klapperkop aangeval is. Die aanvaller was ‘n spoorwegpolisiebeampte wat van diens af was. (Sien Rapport 1 Maart 2009). Hierdie gebeurtenis het dit vir my herbevestig dat ‘n mens jouself ‘n kans gee as jy in ‘n situasie soos hierbo genoem, ‘n vuurwapen by jou het, en dat dit dwaas sou wees om my vuurwapen te gaan inhandig. Gevolglik is ek besig om deur die pynlike proses van herlisensiëring te gaan.

баня подДанильченко

Dis tyd vir daardie Afrikaanse kanton!

Ek stem volmondig saam met Daniel M. le Roux. Die tyd is ryp vir 'n eie Afrikaner/Afrikaanse kanton (volkstaat). Dit is 'n idee wat so gou moontlik bespreek, bemark en oor besluit moet word, want dit sal die talle depressiewe en ontnugterde Afrikaners weer motiveer/inspireer om nuut, vars en verbeeldingryk  te dink.

Op die oomblik onttrek talle Afrikaners hulle van die samelewing. Daar sal net baie nugter en eerlik gekyk moet word na die mees geskikte gebied vir so 'n staat. Na my mening is die Bo-Karoo die mees ideale gebied, juis a.g.v. die Afrikaansheid, die ongereptheid en die relatief min misdaad van die omgewing.

Dit is ook nie n gebied met groot industrieë wat vreemdes en plakkers lok nie. Die Karoo-platorand vorm reeds 'n sterk natuurlike grens tussen die verskillende gebiede. Die Vryheidsfront se langtermynvisie kan dus uitstekend werk, maar dan sal ons beslis meer mense opgewonde moet maak oor die idee.

Die huidige bestel gaan ons in elk geval binnekort dwing tot so 'n besluit. Selfbeskikking is dus op die tafel. Moet net nie die Engelse – van watter kleur ookal – hierby betrek nie. Ons moet mos altyd skoonmaak sodat hulle kan oorvat! Universiteit Stellenbosch is die nuutste slagoffer hiervan.

освещение для картинФильчаков прокурор харькова

Ek sal graag na ‘n Volkstaat trek

Ek wil net sê dat ek die Volkstaat plan ten volle ondersteun, en dat ek een van die eerstes is wat soontoe sal trek!

Ek het in 2002 gematrikuleer by 'n Afrikaanse skool in die ou Stellalanddistrik, waarna ek vir 3 jaar by my Pa in sy steenfabriek gewerk het.  Ek het dit regtig geniet, en gedink dat ek eendag in sy voetspore kan volg.  Tot hy eendag teruggekom het van 'n vergadering by die departement van minerale en energie-sake:  omdat sy bedryf onder mynwese gekategoriseer word, moes hy aan belaglike SEB vereistes voldoen.  Ek het toe besef dat daar vir my geen toekoms is nie, en moes toe die pad vat.  Ek het IT gaan swot, vir 2 jaar in Johannesburg gebly, en laasjaar Kaap toe getrek vir 'n "change of scenery".

En nou met al die gepratery rondom 'n Volkstaat is ek opnuut opgewonde, omdat ek dit sien as 'n kans om weer tussen my eie mense te wees. Ek was nie gelukkig in Johannesburg nie en ek is ook nie gelukkig in die Kaap nie:  ek ly aan depressie, ek drink te veel, my gesondheid is swak en ek het geen passie vir my werk nie.  Die enigste tyd wat ek gelukkig is, is wanneer ek in die Noord-Weste tussen my mense is.

Ek hoop regtig dat daar iets sal kom van die Volkstaatplanne, ek sal regtig nie omgee vir 'n lappie aarde waar ek tuis kan voel nie!

купить велосипед харьковДанильченко

Verval in staatsonderwys – ‘n verdere selfbeskikkingsgeleentheid?

Sedert 1994 moes Afrikaners toekyk hoe baie van die strukture en liggame wat met baie moeite deur ons voorouers opgebou en gevestig is, in so 'n mate verval dat dit betwyfel kan word of hierdie strukture en liggame nog enigsins ‘n doel dien.

Soos die afgelope elektrisiteits- en voortslepende sekuriteitskrisis vir ons uitwys, kan ons al hoe minder staatmaak op staats- of semi-staatsinstellings om die mees basiese dienste te verskaf. Dit is kenmerkend hoe die swaar hand van die ANK soos ‘n vernietigende tsoenami alles korrupteer en in ‘n wanfunksionele toestand dompel; hier dink ek byvoorbeeld aan die SAPD, Eskom, Telkom, die distrikshowe en die Landbank, net om ‘n paar op te noem.

Elke nou en dan haal hierdie instansies se onbeholpenheid die koerantopskifte en ontketen 'n legio briewe, klaagliedere en petisies – ná die chaos van die afgelope matriekeindeksamen was dit die onderwysdepartement se beurt.

Dit is gevolglik ook geen verrassing om te verneem dat Praag ‘n petisie van stapel gestuur het, wat versoek (let wel, nie eis nie) dat:

  1. 'n outonome Afrikaneronderwysowerheid tot stand gebring moet word;
  2. die oorblywende Afrikaanse skole, wat slegs 'n geringe persentasie skole in Suid-Afrika verteenwoordig, aan so 'n outonome Afrikaneronderwysowerheid oorgedra word, tesame met ten minste twee universiteite of kampusse, waarvan een in die noorde van die land en 'n ander in die suide gevestig moet wees;
  3. staatsubsidie aan die Afrikaneronderwysowerheid vanuit die nasionale onderwysbegroting toegewys moet word.  

Dit is dan nie omdat ek die gronde vir hierdie versoeke of die legitimiteit daarvan betwis, dat ek hierdie brief skryf nie, maar eerder omdat ek bedenkinge koester oor die effektiwiteit van petisies binne die huidige Suid-Afrikaanse konteks.

In hierdie verband het dr Pieter Mulder ons mos reeds die staaltjie vertel van hoe Sy Edele Nelson Mandela hom gevra het hoekom hy nog nie Afrikaners voor die parlement sien toi-toi het oor ‘n saak nie. Dit wil gevolglik vir my lyk dat, tensy ons bereid is om onsself swart te smeer en hierdie petisie al dansende by die parlement te gaan oorhandig terwyl van ons makkers asblikke omkeer en winkelvensters stukkend gooi, ons nie veel reaksie hierop moet verwag nie.

Dit bring my dan by die vraag: Nou wat staan ons te doen?

Hier wil ek graag ‘n bladsy uit Orania se boek neem. Jy kan nou maar van Orania dink wat jy wil, maar dis 15 jaar later en daar is dit nog steeds – groter en sterker. Toegegee, nie so groot en sterk soos ons graag sou wou sien nie, maar daar staat hy nietemin.  Wanneer die kritici met sterre in hul oë en leë plompe handjies Orania kritiseer, dan wonder ek somtyds: Wat as prof. Boshoff nie destyds Vluytjeskraal gekoop het nie, maar besluit het om verder met die ANK te onderhandel? Sou daar ‘n Orania gewees het en wat sou die kritici dan alles kon kwytraak?

Net soos Orania kan ons aan vele ander instansies dink waar Boere die inisiatief geneem het om ‘n eie alternatief teenoor die staatsbeheerde liggaam te stel. Hier dink ons byvoorbeeld aan Kleinfontein, Radio Pretoria, Afrikaner Volkseie Sport, die Oranje Sakekamers ens.

Ons hoef nie lank te dink om soortgelyke opvoedingsinstansies op te noem nie. CVO-skole, Afrikaanse Protestantse Akademie, Kenweb en die meer onlangse Pionier-Instituut se name kom na vore.

Terwyl die hele Afrikanerdom in rep en roer was oor die ideologiese indoktrinering wat in staatsleerplanne aan ons kinders voorgehou word, en al wat Suid-Afrikaner is teen die bors gestuit is deur die chaos wat die uitslae van 2008 se matrieks omring het, het die BCVO soos gewoonlik sy matriekuitslae bekend gemaak. Uitslae van leerlinge wat ‘n leerplan met ‘n Christen-Afrikaner-onderbou gevolg het en steeds aan internasionale standaarde voldoen.

Ekself kan getuig hoe my vrou – wat aan ‘n CVO-skool gematrikuleer het en by die Afrikaanse Protestantse Akademie ‘n BA-graad verwerf het – se kwalifikasies sonder enige probleme deur UK Naric (die Verenigde Koninkryk se nasionale agentskap wat adviseer rondom die standaarde van internasionale kwalifikasies) as die Britse ekwivalent aanvaar is.

Is die sleutel dan nie om eerder ons eie selfstandige en selfbeheerde strukture as alternatief vir die staat se gemors te vestig nie? In plaas van tyd, energie en hulpbronne op onderhandelings te verspil, kan ons dit mos eerder vir die vestiging van hierdie alternatiewe aanwend. Ken ons nie die ANK se meesterlike vermoë om alle netelige kwessies met burokratiese rooi lint en uitgerekte onderhandelings vas te draai terwyl die status quo net eenvoudig gehandhaaf word nie?

Dat daar sentimentele bande met die huidige strukture bestaan, kan nie betwyfel word nie, maar of die waarde van hierdie strukture gelykstaande aan jou kind se opvoeding is, kan met reg gevra word.

Daar waar Praag ook reeds met die gedagte van selfbeskikking en ‘n moontlike volkstaat geflankeer het, sal ek verwag dat die mense van Praag tog die nut van alternatiewe strukture en liggame sal insien.

In my geestesoog sien ek hoe die Oranje Sakekamers die boublokke vir ‘n parallelle ekonomie neersit, die Regslui vir Afrikaans arbitrasie as ‘n bekostigbare alternatief teenoor die howe vestig en dit onder ons mense gepropageer word, ons besighede en huise deur ons eie veiligheidsnetwerke en –liggame beskerm word, ons kinders deur ons eie instansies primêr, sekondêr en tersiêr opgelei word en laastens word ‘n Afrikanerraad uit noodsaak in die lewe geroep om die samewerking en wisselwerking tussen hierdie instansies te koördineer en te reguleer.

Terwyl bogenoemde duidelik oorvereenvoudig is, glo ek die gedagte bly steeds relevant. Met tyd moet die Boer homself dan effektiewelik loswikkel van enige houvas wat die staat oor hom mag hê. Gevolglik sal die staat vir alle doeleindes oorbodig vir ons voortbestaan word en sal ons genoeg mag hê om eise te stel en nie versoeke te rig nie.

Die grondvraag sal natuurlik die grondvraag bly en hierdie kwessie sal ons ook met tyd onder mekaar moet uitklaar, maar die hele dinamika van hierdie kwessie sal verander namate die magsewewig verskuif; tog sal ‘n geïdentifseerde gebied waar die Afrikaner die natuurlike meerderheid vorm, onmisbaar in ons strewe na selfregering bly.

In tye soos vandag is dit glad nie ongewoon om die woord “vryheid” in gesprekke te hoor nie, maar eerder as wat vryheid ‘n eindbestemming is soos wat baie mense voorhou, is dit ‘n lewensbeskouing en karaktertrek. Niks verhoed ons om nou reeds vry te begin lewe en die boeie van die onderdrukker in ons daaglikse lewe op die mees vreedsame manier te verbreek nie.

free money slotsОлександр Фільчаков прокурор

ANC-advertensie is blatant rassisties

Anderskleuriges (nie swart) wat die afgelope 15 jaar van ANC-bewind enigsins gewonder het of hulle in die party hoort of vir hulle moet stem, sal nadat hulle die advertensie op televisie gekyk het geen twyfel meer hê nie. Die nuwe advertensieveldtog wat deur die party geloods is om kiesersteun te bekom, spel duidelik uit wat hulle is en vir wie hulle staan. Gesien in die lig van soveel klagtes van die menere rondom rassisme en soortgelyke gedrag by ander partye, mag dit vreemdvoorkom. Want hoe beskuldig mens iemand van iets as jy dit self beoefen? Of is dit maar steeds die ou redenasie van ‘n swarte wat nooit rassisties kan wees nie. Maar daar is geen logika as mens na die ANC kyk nie, so hulle arrogansie is nie verbasend nie. Enigeen wat hom of haar nog laat intimideer deur hierdie redenasie, moet maar ‘n slagoffer van hulle denke bly.

Die ANC advertensie is duidelik en dit spel uit dat hierdie ‘n swart party is vir swart mense. Nerens word daar enigsins genoem dat enige anderskleurige moet betrokke raak, al baat gevind het of sal baat vind by die ANC as party nie. Die klankbaan is in ‘n swart taal, wat soos Xhosa klink, met subtitels in Engels. Die enigste logiese afleiding vir laasgenoemde is bloot om nie-gemagtigdes van die taal ook te betrek, so dis defnitief nie vir ons anderskleuriges nie.

Daar word op die gekose kiesers se emosie gespeel deur hulle net te herinner aan die koms van die Afrika-Messias en die elektrisiteit, huise, onderwys, water en so meer wat hy vir die swart kieser gebring het. Ja, vergete is die dae toe ook hulle dit gehad het, in staatshospitale op wit lakens gelê het en gevoed is. Toe skole gebou is en hulle opgevoed is in hulle moedertaal om hulle op te hef. Dié is summier afgebrand ten koste van die jeug waarvan ook Malema een was. Toe morge grond aan hulle gegee is en deur die BBK-bestuur is om hulle te bemagtig in gebiede waar hulle oorwegend gevestig was, en dit verwerp is.

Vars in die geheue is egter die goed wat gebring was en nou maar baie tweedehands lyk. Die gesondheidsdienste, krag en watervoorsiening, onderwys en andere blyk maar sleg daaraan toe te wees. Die rede daarvoor is duidelik, ons word verswelg deur hulle broers wat met behulp van hul regering wild en wakker oor ons grense stroom en ons infrastruktuur uitput. Ons, die nie-ANC-kiesers, staan ook maar aan die ontvangkant want as iets soos die kragtoevoer onderbreek word, trek ons ook maar aan die kortste end. Dit word die voorgenome kieser nie van vertel in die ANC advertensie nie. So appels word nie met appels vergelyk nie en die kieser kan nie 'n vergelyking tref en ‘n intelligente keuse maak nie. Dit is mos maar waaroor demokrasie gaan, dan nie? Breinspoeling van die massas.

Kyk mens weereens na COPE se verkiesingshandves blyk dit darem asof daar vir almal in ons sogenaamde reënboognasie ‘n plekkie in die son is. Die DA se advertensie wat die komende week geloods word, is duidelike gemik op alle rassegroepe en skep ‘n realistiese verwagting by die voorgenome kieser. Hoe COPE s'n gaan lyk, sal ons maar moet sien. Die ANC het al gepraat van hulle doelwit om ‘n nie-rassige samelewing te skep maar dit blyk net weereens lippediens wees. Hulle sê iets, maar gewoonlik bedoel hulle iets anders.

Ek dink enige anderskleurige in die land behoort baie bekommerd te wees oor die ANC se duidelike rassistiese benaderingwat hulle beoefen in die aanloop tot die verkiesing en te besin oor wie hulle by die stembus gaan ondersteun. Dit gaan nie help om vir enige party wat minder as ‘n 5-persent-stemtal kan kry, te stem nie. As ons werklike verandering wil teweegbring deur ons demokratiese stemreg uit te oefen, moet ons ‘n sterk opposisie daarstel. Dit laat duidelik min keuse oor vir watter opposisieparty ons behoort te stem.

 

Alwyn Moutonвлагоотделитель на компрессорАлександр Фильчаков прокурор

Hou Afrikanerdroom aan die brand

Ek wil PRAAG versoek om 'n kontinue en aggressiewe veldtog te loods om die droom van Afrikanerselfbeskikking aan die brand te hou. Hoe selfbeskikking bereik kan word, is 'n ander saak. Die droom moet egter deur elke Afrikaner nagestreef word. Van al die redes wat aangevoer kan word vir hierdie strewe is die belangrikste aspek vir my rondom moraliteit en vryheid. In die utopiese eenwereldsheid en ‘n multikulturele samelewing kan moraliteit nie anders as om volgens die wet van entropie afwaarts te neig nie.

Hoewel 'n mens in hierdie utopie sogenaamd vry is, verloor jy egter jou individualeit. Jy is vry om te slaap of te "trou" met wie en wat jy wil maar jy is nie vry om te sê wat jy wil nie. Die reëls van die utopie is dat alles en almal gelyk is. Jy kan glo wat jy wil solank jy nie dít wat glo as absoluut voorhou nie. Indien jy ander van jou wêreldbeskouing wil ootuig, sal jy gebrandmerk word as synde 'n rassis, Islamofoob, homofoob of seksis en kan van jy van haatspraak aangekla word!

{mosbanner:id=10}

Die Nederlandse parlementariër en filmmaker Geert Wilders se besoek aan die Britse Hoërhuis waar hy sy rolprent oor Islam sou vertoon, is gekanseleer onder druk van Baron Ahmed, die Moslemlid van die huis. Alhoewel Engeland vry en demokraties moet wees, is die nuwe gees van menslike broederskap vryheidsbeperkend. Obama se nominasie van die pro-pornogafie- en pro-aborsieprokureur, Dawid W. Ogden, vir die tweede posisie in bevel van die VSA-kantoor van die advokaateneraal is tekenend van die veval van moraliteit in die liberale geengrensgemeenskap.

Suid-Afrika is nie 'n ideale plek om in te wees nie maar al vlug jy  na 'n ander meer geskikte plek sal jy jou vasloop in die eenwêreldgees sonder grense wat mense skei. Engeland is byvoorbeeld 'n neo-heidense gemeenskap waar evangeliste wat hulle byvoorbeeld oor Islam uitspreek, vervolg word. Die Ontvansdame van 'n skool word aangekla van professionele wangedrag nadat sy 'n epos aan Christen-vriende gestuur het om vir raad te vra omdat haar dogter wat diesefde skool bywoon 'n ander kind van die evangelie vertel het. 'n Klag is teen die kind gelê. Die private epos het in die skoolhoof se hande beland en die ontvangsdame word daarvan aangekla dat sy bewerings maak wat die skool en personeel skaad. 'n Verpleegster is uit haar pos geskors omdat sy aangebied het om vir 'n bejaarde pasiënt te bid. Sy word deur haar werkgewer daarvan beskuldig dat sy gefaal het om  "personal and professional commitment to equality and diversity" te demonstreer. Dieselfde tipe dinge gebeur in Australië. Soos ook in Amerika! Al hierdie lande gekenmerk deur morele verval.

My doel is nie om die Christengeloof in mense se kele af te druk nie maar om te demonstreer dat 'n "verbintenis tot gelykheid en diversiteit" morele verval tot gevolg het en vryheid aan bande lê. Die "world in unity"-gedagte lei nie alleen daartoe dat morele waardes gerelativeer word nie, maar is die teelaarde vir die liberale gespuis wat ongetwyfeld die botoon in die Westerse wêreld voer.

Onderwyl daar gepraat word van 'n eie land vir die Afrikaner en sommige selfs tot optrede wil oorgaan, glo ek dat die eerste geveg moet wees om die denke van die Afrikaner. Die droom van selfbeskikking moet ten alle koste aan die brand gehou word.  Al die insette wat die gewone mens ontvang, het ten doel om hom tot die liberale denkrigting te laat konformeer. By die werkplek word jy geïndoktroneer met die nuutste Oprah-tipe "psycho-babble"-tegnieke. Ook die media, die koerant, tydskrif, die rolprent, die teater, musiek, radio en TV het almal dieselfde boodskap van 'n strewe na 'n wereld in harmonie en die afbreek van nasionale en ander grense wat mense skei.

Al het ons nog nie outomiteit nie, moet ons denke daarop gerig wees . Ek persoonlik glo in die bonatuurlike en een bewys daarvan is Israel en die Jood. Al was hulle duisende jare sonder heenkome en 'n land het hulle in 1948 hul land teruggekry. 'n Eie land is die ideaal maar intussen moet ons denke suiwer gehou word. 'n Volgehoue veldtog as teenvoeter vir die wêreld sonder grense en reënboognasie-ideaal sal aangewese wees.

Ons moet ons identiteit behou en moet Afrikaners aanmoedig word om hulself te identifiseer en herkenbaar te maak. Dalk kan 'n plakker op jou motor geplaas word wat jou as Afrikaner uitbeeld en dat ons mekaar kan herken of hang 'n Afrikanervlag by jou huis. In so 'n veldtog kan mense aangemoedig word om met ander Afrikaners in die gemeenskap waar hulle is te meng. Sportdae kan oor naweke gehou word waar raak-rugby of sewesrugby of krieket gespeel kan word net om mense in 'n ander omgewing te plaas as die gedurige liberale propaganda waaraan hulle blootgestel word.

Alternatiewe vermaak moet aangebied word. Enersdenke kunstenaars kan ondersteun word deur hulle na jou gemeenskap te nooi vir vertonings. Praatjies oor entrepeneurskap kan in die gemeenskap gehou word om Afrikaners te bemagtig om eie besighede in hul gemeenskap te begin al is dit 'n Afrikaanse eetplek waar 'n mens 'n beeshaas kan bestel.

Ter opsomming, al is ons nie fisies outonoom nie moet ons minstens in ons denke outonoom bly om nie geuniformiseer te word tot die immorele en vryheidsbeperkende ideologie van die reënboognasie en die neo-heidense liberale Weste nie. 'n Veldtog, of eerder geveg, om die denke van die Afrikaner is noodsaaklik.

сколько стоит циклевка паркетаЛобановский Харьков

Selfbeskikking raak krities

Ek dink dit raak nou al hoe meer krities om die konsep van selfbeskiking te promoveer. Nie almal is Christene nie maar baie van hulle voel dit aan hul bas dat die Afrikaner byvoorbeeld selfbeskikingsreg moet hê. Vanuit ‘n Christelike oogpunt erken Chrsitenskap veelvoudige nasies. Die rede hiervoor is dat daar partyskappe moet wees om te beproef wat waar is. In die onnatuurlike, of uit ‘n Christelike oogpunt, die goddelose multikulturele reënboognasie is waarheid, reg en geregtigheid relatief.

Alles word gelyk aan mekaar gestel en een groep se waarheid kan nie voorkeur bo 'n ander s'n verkry nie. Diegene in beheer besluit dan wat waarheid is en dit is "buigbaar" om aan te pas volgens die heersende gees van die multikulturele samelewing.  Die waarheid aangaande die ANC is nou meer as ooit in die ope en daarom moet die reënboognasie verwerp word.

Christenskap vereis nie eennasieskap nie. Eennasieskap is 'n lering van die Koran genaamd oemmaa. Volgens die Koran is alle Moslems een nasie en een groep mense. Oemmaa kon nog nooit bewerkstellig wat dit beloof nie. Moslems maak mekaar meer dood as wat die Amerikaners, Britte of Israel al gedoen het. Die Weste en Israel het nog nooit aan Moslems gedoen wat hulle aan mekaar gedoen het nie – 1,5 miljoen gedood in die oorlog tussen Iran en Irak. Vir Moslems om een te wees kort hulle ‘n gemeenskaplike vyand en Israel is die vyand. In Suid Afrika is die swart nasies een onder die ANC en om eenheid te behou is die gemeenskaplike vyand die Afrikaner. Swartes het ondertussen meer swartes doodgemaak as wat wittes swartes doodgemaak het.

Die oemmaa-strewe in Suid Afrika en ook elders in die wêreld sal en kan nooit werk nie. Eennasieskap lei tot korrupsie, waarvan Niehaus die bewys is, en soos Dan Roodt skryf sal die reëls gebuig word om hom uiteindelik te verskoon. Dit is ‘n mal stelsel en Suid-Afrika is seker die malste land ter wêreld. Net deur selfbeskking kan die verval gekeer en rede behou word. Afsonderlike nasies sal ook magsbehepte en korrupte mense hê maar hulle sal vinniger aan die kaak gestel en uitgelewer word. Die inligtingskandaal verteenwoordig 'n voorbeeld hiervan en myns insiens niks in vergeleke met die korrupsie in die huidige stelsel nie.

Ongeag of jy 'n Christen is of nie, selfbeskikking vir die Afrikaner is nou meer as ooit noodsaaklik.

3d томографиялобановский депутат

Mandela en die ou ANC-kw?la

Van die vyftigerjare af sing die ANC nog dieselfde deuntjie. Ons gaan armoede uitwis, swartes ophef, 'n kommunistiese stelsel daarstel, die "rassistiese wittes" wegjaag en uitwis. Wel, groot gaan die val van die ANC wees. Hierdie is maar net die begin. Die streke van Niehaus, Zuma en ander ANC's bewys een ding – die Freedom Charter en die verbintenis van die ANC tot die kommunistiese  ideologie is niks minder as vals nie. Dit is weereens 'n hebsugtige elite, wit of swart, wat eintlik net hulself wil verryk – ten koste van die massas wat hul aanhang. Die toestand in SA onder die ANC-regime bewys dit ook.

Die afgelope naweek se saamtrek met Mandela se teenwoordigheid bewys weereens wat die ANC is.

Wreed is die ontnugtering by wit en ander Afrikane (Afrikaners en regsgesinde witmense is lankal bewus daarvan) dat die ANC verrot is met 'n klomp terroriste, kriminele en rampokkers in hul geledere.  Veral dié wat Mandela as heilig en 'n ikoon voorgestel het, omdat hy sogenaamd geweld teen witmense afgesweer het, is volkome naïef.

In werklikheid gaan die ANC's voort met hul "struggle" op plase en stede soos voor 1994, net op 'n baie meer geslepe manier. MK sing nog "Kill the Amabhulu" en "Kill the farmer, kill the Boer". Nóg Mandela nóg ander ANC's het dit al ooit veroordeel of selfs verskoning daarvoor aangebied. Blote stilswye word daaroor gehandhaaf.

ппр насосного оборудованиятопкарго

Nee vir COPE

As ek dit ooit oorweeg het om vir COPE te stem in die komende verkiesing is ek tans in ‘n proses van selfbesinning. Alhoewel ek steeds van mening is dat die koms van COPE een van die beste goed is wat met ons politieke situasie kon gebeur, wonder ek of dit wel ons probleme gaan aanspreek en of hulle die sogenaamde "reënboognasie" gaan verenig. Dat hulle ‘n wig in ANC-geledere vorm en die spreekwoordelike doring in hulle vlees is, betwyfel ek nie. Meeste COPE-lede het egter die ANC-wa goed gery totdat die wiele afgeval het en hulle besluit het om verder te ryloop in die vorm van ‘n nuutgestigte party.

Mnr. Lekota se onlangse uitlatings oor die herinstelling van die kommando's om uiters noodsaaklike dienste te lewer laat mens wonder oor sy ware bedoelings. Hy sê dat tydens sy deelname aan die proses om die kommando's af te stel, het hy dit teensinnig gedoen want hyself wou dit eintlik geleidelik uitfasseer. So hy was ten gunste daarvan, maar hy wou dit op sy manier doen. 'n Absolute gespeel met woorde waarmee hy homself maar net meer skuldig maak. Hy is steeds van mening dat slegs die SAPS na burgerlikes moet omsien aangesien dit so tydens Kodesa bespreek is. Waar hy egter die pot sleg mis sit, is dat hy voel dat ons landsgrense deur die polisie verdedig moet word in die vorm van grensbeheer. Sedert die weermag van ons landsgrense verwyder is, het duisende vrylik oor ons grense gestroom en die effek daarvan is tans oral te sien.

Van die meeste misdade teen ons burgerlikes word deur misdadigers vanuit Mosambiek en Zimbabwe gepleeg waarna hulle vrylik met hulle buit na hulle land padgee. Van die grootste dwelmhandelaars kom uit Nigerië en het ons bure geword in die townships en ook Bishops Court. Die Polisie wat hy wil hê om al dié kwessies aan te spreek is duidelik onbevoeg as mens slegs kyk na die toename in misdaad en spesifiek dwelmhandel. Ons het nou al so baie dwelms in die land dat ons dit deur ons nasionale lugredery na Engeland kan uitvoer. Wat duidelik van onbevoegdheid spreek, is die feit dat ons nooit die dwelms van hier af kan keer nie en dat die Britte dit elke slag namens ons moet doen. Dis geen wonder hulle vereis nou visums van elke persoon wat hulle eiland vanaf SA wil besoek nie. Met ons swak paspoortbeheer en bedrog kan enige onwettige immigrant hiervandaan maklik na enige land as Suid-Afrikaner reis.

Die kommando's het vir jare landelike gebiede beveilig teen normale misdaad en ook aanvalle van oorkant ons grense. Die weermag en kommando's het hand aan hand gewerk en ‘n gedugte span gevorm. Spesifiek op ons plase is beveiliging deur die boere self gedoen en was plaasmoorde ongehoord. Nie net is blankes beskerm nie, maar mense van alle kleure. Nou is al hierdie mense wat deur 'n hoogs doeltreffende diens beskerm is die slagoffers van gewetenlose misdadigers met die polisie om hulle te beskerm. Die afstelling van die kommando's was juis uit vrees vanaf ANC-kant en presies om die verpolitisering van die polisie en weermag te bespoedig. COPE ry tans ook maar net in die spore van die ANC op ‘n voosgeryde pad en as mens mooi kyk, is daar min verskille in hul beleid. Mnr. Lekota waarsku teen die verpolitisering van ons polisie en die weermag en soos hy dit stel is dit een van die ANC se doelwitte. Hy vertel ons dan mos iets wat  ons weet, want hy was self minister van  verdediging en het gehelp om voetsoldate van Umkhonto in te lyf. Selebi se doen en late en die hantering van sy saak spreek mos ook boekdele. So Terror moenie dink hy kan vir baba bangmaak met sulke voorverkiesingsmenings nie. Die polisie en weermag is lankal verpolitiseer; dink eerder aan iets nuuts om jou volgelinge te beïndruk. Ons gaan nie almal na jou nuutgevonde "hawe" hardloop nie. Deur Boesak weereens 'n kans te gee, het julle baie van jul ou identiteit maar net weer laat deurskemer. Hy verwys na die onlangse toesmeerdery van Carl Niehaus deur die ANC wat baie goed vergelyk met Boesak se aanstelling. Hulle smeer daardeur ook maar net toe, deur Boesak as die nuwe kandidaat voor te stel wat ons onder sy leiding verder gaan voer.

Sy uitsprake teenoor die landbou en grondhervorming is maar net soos afgeroomde melk en het min om die lyf. Hy is blykbaar onbewus van opleiding en leiding wat aan mense gegee word wat plase en grond ontvang het. Hy stel voor as deel van sy meesterplan dat hulle eers opleiding sal ontvang voor enige grond oorgedra sal word aan diegene wat daarvoor kwalifiseer. Briljante plan, mnr. Lekota, as mens dit net kan laat werk. As hy maar net realisties sal wees en sy trots in sy sak steek, sal hy besef dat die blanke boer die een is wat hierdie ekonomie dra en van kos voorsien. Hoekom hulle nie kry om hierdie opleiding, waarmee hulle in elk geval al jare lank besig is, te doen en swart boere sodoende te bemagtig nie?

Ek dink die aantwoord daarop is voor die hand liggend of is dit net ‘n geval van: "Hy dink nie"?

COPE het 'n reusetaak voor die deur om uit die skoene van die ANC te kom en sal met unieke idees moet kom om die kieser, vernaam die een op die draad, te oortuig. Deur bloot die "julle-het-dit-gedoen-en-ons-doen-dat"-politiek te wil beoefen, is nie goed genoeg nie.

slots win real money no depositОлександр Васильович Фільчаков

Hebsug lei tot ‘n volk se ondergang

Bravo vir Dan Roodt se rubriek oor die Niehaus-semels – wat ook deur die varke gevreet sal word.

Voorheen het ek al dikwels hierdie diaboliese opportunistiese Afrikanerkitaarslaners, voorbokke en agterryers met mening aangevat en ontmasker.

Dit herinner my aan die volgende:

"Slegte mense kan onmoontlik nie goeie burgers wees nie. 'n Volk van sedeloses en afgodedienaars kan onmoontlik nie 'n vrye volk wees nie. Wanneer mense hul God vergeet, word die kettings van tirannie gesmee. Immoraliteit en 'n korrupte publieke gewete is onverenigbaar met vryheid." Patric Henry, 1775.

"Die krag en swakheid van 'n samelewing steun meer op die vlak van sy geestelike lewe as op sy vlak van industrialisering. Nóg die markekonomie nóg algemene welvaart verteenwoordig die mense se hoogste prestasie. Indien 'n volk se geestelike energie uitgeput raak, sal hy nie deur die mees volmaakte regeringstruktuur of deur enige nywerheidsontwikkeling van ineenstorting gered word nie. 'n Boom met 'n verrotte kern kan nie staande bly nie. Alexander Solsjinitsin.

Voorspoed met die goeie werk hier op praag.co.za.

камин дома своими рукамиАлександр Фильчаков

Mouton se vingerwysing oorbodig

Mouton se reaksie op Gustav Venter se skrywe het n paar tong-in-die kies-gedagtes by my laat opkom.

So vind ek Mouton se "aanval" op Gustav Venter se Christenskap ietwat irrelevant. Waarom moet sommige mense alewig kruidjie-roer-my-nie houdings inslaan as dit by godsdiens kom?

 

Laat die waarheid en werklike feite ( nou ja, wat sou dan die volle waarheid wees? Amper n filosofiese invalshoek word dalk hier benodig..) vir hulself spreek . Wat is die waarheid dus rondom die vrome aartsbiskop? Die vraag is nie of hy 'n goeie Christen is, al dan nie.

En Alwyn, enige godsdiens wat homself ( sien, ek buig die knie voor die manlike aanspreekvorm – is dit nou nie nederigheid nie?) as die enigste weg tot "nie hel toe met jou" nie aanslaan, is per se hoogmoedig . So daar trap jy dan in dieselfde twakkies waarvan jy Gustav beskuldig .

Om die waarheid te eien, was dalk makliker in die hofsaak waar n dame van die nag aan die regter sou gesê het : "ll bow to your superior knowledge, your honour ." En inderdaad dalk gebuig het!

Wie sou in hierdie geval die superieure kennis besit? En sou dit die stralekrans om die aartsbiskop se kop intakt laat?

светильники подвесныелобановский александр дети