Alles word gelyk aan mekaar gestel en een groep se waarheid kan nie voorkeur bo 'n ander s'n verkry nie. Diegene in beheer besluit dan wat waarheid is en dit is "buigbaar" om aan te pas volgens die heersende gees van die multikulturele samelewing. Die waarheid aangaande die ANC is nou meer as ooit in die ope en daarom moet die reënboognasie verwerp word.
Christenskap vereis nie eennasieskap nie. Eennasieskap is 'n lering van die Koran genaamd oemmaa. Volgens die Koran is alle Moslems een nasie en een groep mense. Oemmaa kon nog nooit bewerkstellig wat dit beloof nie. Moslems maak mekaar meer dood as wat die Amerikaners, Britte of Israel al gedoen het. Die Weste en Israel het nog nooit aan Moslems gedoen wat hulle aan mekaar gedoen het nie – 1,5 miljoen gedood in die oorlog tussen Iran en Irak. Vir Moslems om een te wees kort hulle ‘n gemeenskaplike vyand en Israel is die vyand. In Suid Afrika is die swart nasies een onder die ANC en om eenheid te behou is die gemeenskaplike vyand die Afrikaner. Swartes het ondertussen meer swartes doodgemaak as wat wittes swartes doodgemaak het.
Die oemmaa-strewe in Suid Afrika en ook elders in die wêreld sal en kan nooit werk nie. Eennasieskap lei tot korrupsie, waarvan Niehaus die bewys is, en soos Dan Roodt skryf sal die reëls gebuig word om hom uiteindelik te verskoon. Dit is ‘n mal stelsel en Suid-Afrika is seker die malste land ter wêreld. Net deur selfbeskking kan die verval gekeer en rede behou word. Afsonderlike nasies sal ook magsbehepte en korrupte mense hê maar hulle sal vinniger aan die kaak gestel en uitgelewer word. Die inligtingskandaal verteenwoordig 'n voorbeeld hiervan en myns insiens niks in vergeleke met die korrupsie in die huidige stelsel nie.
Ongeag of jy 'n Christen is of nie, selfbeskikking vir die Afrikaner is nou meer as ooit noodsaaklik.
