Dis tyd vir daardie Afrikaanse kanton!

Ek stem volmondig saam met Daniel M. le Roux. Die tyd is ryp vir 'n eie Afrikaner/Afrikaanse kanton (volkstaat). Dit is 'n idee wat so gou moontlik bespreek, bemark en oor besluit moet word, want dit sal die talle depressiewe en ontnugterde Afrikaners weer motiveer/inspireer om nuut, vars en verbeeldingryk  te dink.

Op die oomblik onttrek talle Afrikaners hulle van die samelewing. Daar sal net baie nugter en eerlik gekyk moet word na die mees geskikte gebied vir so 'n staat. Na my mening is die Bo-Karoo die mees ideale gebied, juis a.g.v. die Afrikaansheid, die ongereptheid en die relatief min misdaad van die omgewing.

Dit is ook nie n gebied met groot industrieë wat vreemdes en plakkers lok nie. Die Karoo-platorand vorm reeds 'n sterk natuurlike grens tussen die verskillende gebiede. Die Vryheidsfront se langtermynvisie kan dus uitstekend werk, maar dan sal ons beslis meer mense opgewonde moet maak oor die idee.

Die huidige bestel gaan ons in elk geval binnekort dwing tot so 'n besluit. Selfbeskikking is dus op die tafel. Moet net nie die Engelse – van watter kleur ookal – hierby betrek nie. Ons moet mos altyd skoonmaak sodat hulle kan oorvat! Universiteit Stellenbosch is die nuutste slagoffer hiervan.

освещение для картинФильчаков прокурор харькова