Gaan maar deur die pynlike proses

As ‘n wapeneienaar is ek die afgelope ruk in ‘n tweestryd gewikkel oor die besit van ‘n vuurwapen, en het ek oorweeg om my wapen te gaan inhandig by ‘n handelaar. Indien ek sou besluit om nie vir hernuwing van my lisensies aansoek te doen nie, sal ek, ingevolge die nuwe wapenwet, op die 1ste Julie vanjaar in onwettige besit van my voorheen wettige vuurwapens wees.

Hierdie oorweging het tot ‘n skielike einde gekom nadat ek verneem het dat ‘n vriend van my homself en sy vrou suksesvol verdedig het, toe hulle by Fort Klapperkop aangeval is. Die aanvaller was ‘n spoorwegpolisiebeampte wat van diens af was. (Sien Rapport 1 Maart 2009). Hierdie gebeurtenis het dit vir my herbevestig dat ‘n mens jouself ‘n kans gee as jy in ‘n situasie soos hierbo genoem, ‘n vuurwapen by jou het, en dat dit dwaas sou wees om my vuurwapen te gaan inhandig. Gevolglik is ek besig om deur die pynlike proses van herlisensiëring te gaan.

баня подДанильченко