DA-woordvoerder sê ANC is beslis beter as ‘apartheid’

Zille en Maimane
Zille en Maimane

Die DA-woordvoerder, Mmusi Maimane het Maandag gesê dat Julius Malema verkeerd was deur te sê dat die ANC-regering erger as die apartheidsregering is.

“U mag gehoor het dat Julius Malema oor die naweek gesê het dat die ANC erger as apartheid is. Dit is verkeerd om dié indruk onder Suid-Afrikaners te skep,” het hy in ‘n voorbereide toespraak gesê.

“Apartheid was erger omdat dit ‘n stelsel van ingeburgerde rassisme was. Apartheid was erger omdat ons apartheid nie kon uitstem nie. Trouens, ons kon glad nie stem nie.”

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters het Saterdag tydens ‘n byeenkoms in Lethabong naby Rustenburg gesê dat swartmense nooit grond onder die African National Congress sal besit nie.

“Ons stryd gaan oor grond. Mandela is oor grond in hegtenis geneem,” het Malema gesê.

Maimane het gesê dat “die opofferinge wat soveel vir ons vryheid gemaak het” moet onthou word.

“Soos soveel ander waar ek grootgeword het, was ek destyds ‘n ANC-ondersteuner. Ek het geglo dat die ANC ‘n beter lewe vir my en my gesin sou bewerkstellig,” het hy gesê.

“Sedertdien het ek gesien hoe die eens trotse beweging onder die huidige leierskap die pad byster geraak het.”

Hy het gesê dat apartheid teen die mense se wil op hulle afgedwing is, terwyl die ANC nie “verpligtend” is nie.

“Die ANC is ‘n politieke party in ‘n demokrasie. Ons kan vir ‘n ander party stem indien ons deur dié aan bewind in die steek gelaat voel.” – Sapa

Zuma: Jeugliga moet radikaal en gehoorsaam wees

blackwhitePresident Jacob Zuma het by ‘n byeenkoms in Seshego, Limpopo gesê die ANC Jeugliga mag radikaal wees, solank hulle die tradisies van die regerende party respekteer.

Tienduisende mense het die byeenkoms bygewoon. Daar was nie een wit gesig in die skare of op die verhoog nie, wat ‘n duidelike streep deur die ANC se vermaarde verbintenis aan “nie-rassigheid” getrek het.

Die president se toespraak was gemik om Julius Malema se EFF-steunbasis in sy tuisdorp. Zuma het gesê daar is nie iets soos die “Born Free” geslag nie – diegene wat ná 1994 gebore is – aangesien daar nog nie ekonomiese gelykheid in Suid-Afrika heers nie.

Die byeenkoms het die nege en sestigste herdenking van die Jeugliga gevier. Busse van oral het na Polokwane gereis vir die geleentheid.

Zuma het vroeër ook die graf van die voormalige Jeugligaleier Peter Mokaba besoek en ‘n krans gelê. Mokaba het die “Kill a Boer” liedjie gepopulariseer.

EFF registreer by OVK met beloftes van nasionalisering, grondroof

MalemaDie ekonomiese vryheidsvegters is geregistreer as ‘n politieke party by die Onafhanklike Verkiesingskommissie.

“Die registrasie van die EFF … is ‘n historiese oomblik en die begin van die werklike radikale, militante en beslissende politieke program wat sal lei tot ware bevryding van die mense van Suid-Afrika, Afrika en die wêreld,” het die EFF se leier Julius Malema Donderdag gesê.

Die goedkeuring beteken die party sal aan die algemene verkiesing deelneem in 2014, en wen, sê Malema .

“[Die ] EFF sal die verkiesings betwis om die regering oor te neem nie om ‘n tandelose opposisieparty in verskillende parlemente en wetgewers te wees nie.”

“Die demokratiese ruimte is nou oop vir die regte politieke en ideologiese geveg…”

OVK-woordvoerder Lydia Young het die registrasie bevestig.

“Ja, hulle het geregistreer, ” het sy in ‘n epos bevestig.

Malema het gesê Suid-Afrikaners kan nou ‘n “sug van verligting” slaak omdat sy “reuse-beweging” ‘n opsie  is. Ander politieke partye, het hy gesê, het versuim om die land te transformeer.

“Die mense van Afrika moet besef dat daar nou ‘n beweging van die mense is wat die belange van die mense van Afrika bevorder, wat ‘n aggressiewe ekonomiese dekolonisasieprogram insluit, gelei deur massiewe ontwikkeling en industrialisering en [dit] sal binnekort [die] Regering van Suid-Afrika wees.

“Die mense van die wêreld wat onderdruk en uitgebuit word kan nou uitsien na daadwerklike anti-imperialistiese optrede en politieke programme wat prakties en programmaties neo-liberalisme en globale kapitalisme sal ondermyn.“

Malema het gesê die EFF is bewus van sy verpligtinge en verantwoordelikhede en sal dit met ‘n “militêre presisie” volvoer.

“Hierdie is die verpligtinge en die verantwoordelikheid om Suid-Afrika en Afrika se rykdom aan die mense as ‘n geheel te herversprei,” het hy gesê .

“Grond sal billik verdeel word onder die mense, myne sal genasionaliseer word, en gratis gehalte-onderwys, gesondheidsorg en sanitasie sal voorsien word.”

Hy het gesê die Afrika-ekonomie sal ontwikkel word, Suid-Afrika sal geïndustrialiseer word, en korrupsie sal uitgeskakel word onder die EFF se bewind.

Malema staar self aanklagte van korrupsie in die Polokwane-landdroshof in die gesig weens beweerde korrupte aktiwiteite . Hy is uit op borgtog van R10 000.

Die voormalige ANC Jeugliga-leier het belowe om nooit die mense op die grond te versaak nie.

Die party beplan om dele van die werkersklas te organiseer in “militante, onwrikbare vakbonde en werkersbewegings”.

Die omstrede leier het ‘n beroep op “vegters” gedoen om op die voorpunt van elke protes-beweging in alle gemeenskappe , werkplekke, en instellings te wees.

“Oorwinning is seker, geen oorgawe nie! Nooit terugwaarts nie! ” het hy gesê. – Sapa

Soesji-koning bedank uit EFF-bestuur

Kenny Kunene
Kenny Kunene en kiesers

Die Soesji-koning en pornobaas Kenny Kunene se politieke loopbaan was van korte duur. Die sakeman het bedank uit Julius Malema se nuwe Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF).

Mbuyiseni Ndlozi, ’n woordvoerder, het aan Sapa gesê Kunene het gevra om onthef te word van sy leiersverantwoordelikhede.

Kunene is op 12 Julie deur Malema as lid van die EFF se “nasionale sentrale bevelvoerderspan” aangewys en was verantwoordelik vir verkiesingsveldtogte en spesiale projekte.

Kunene het na net sowat ’n maand uit die bestuur bedank. Hy sal glo egter steeds lid van die EFF bly. Hy kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Woordvoerders van die EFF wou ook nie kommentaar lewer op Kunene se bedanking nie.

Ndlozi het aan Sapa bevestig dat Kunene steeds ’n lid van die party is.

Kunene is haaks met ANC na ’n ope brief aan The Star waarin hy pres. Jacob Zuma as ’n “monster” en ’n “tiran” beskryf het. In die brief het Kunene gesê hy is ontnugter deur Zuma se leierskap.

Kunene se redes vir sy besluit is onbekend.

VF+ bevraagteken grondwetlikheid van EFF

iecHaatspraak, ‘n beleid gegrond op rassisme en ‘n ekonomiese beleid van nasionalisering druis in teen die letter en gees van Suid-Afrika se Grondwet en die Vryheidsfront Plus het in die lig hiervan by die Verkiesingskommissie (OVK) ten sterkste beswaar aangeteken teen die registrasie van Julius Malema se politieke party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV).

Volgens mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se voorsitter, is ‘n sterk bewoorde brief hieroor aan die Verkiesingskommissie (OVK) gestuur waarin die kommissie versoek word om Malema se registrasie-aansoek om grondwetlike redes af te keur. Individue en partye het tot einde verlede week geleentheid gehad om beswaar teen die registrasie aan te teken.

“Die EVV propageer die nasionalisering van grond, myne, banke en ander bates sonder enige vergoeding, en in besonder op ‘n rasse-grondslag. Dit is ongrondwetlik.

“Malema is reeds deur die hooggeregshof van Suid-Afrika skuldig bevind aan haatspraak oor die sing van die gewraakte lied ‘Shoot the Boer’, wat sedertdien verbied is en tot haatspraak verklaar is.

“Met die sing van die lied het Malema rasse-polarisasie geskep en emosie opgejaag teenoor ‘n spesifieke ras- en etniese groep wat ook ongrondwetlik is.

“Tot nou toe het Malema as leier van die EVV geen berou getoon nie. Die VF Plus glo dat hy met sy ongrondwetlike optrede sal voortgaan en dat hy sy party sal misbruik as ‘n voertuig vir soortgelyke diskriminerende optrede en beleidsrigtings.

“Daarbenewens is die woord ‘Vegters’ of ‘Fighters’ in Engels nie geskik vir ‘n demokratiese bestel waar politieke partye verkiesings op ‘n geordende en demokratiese wyse voer nie. Art. 16 van die Verkiesingskommissiewet stel dit duidelik dat enige naam of afkorting wat die propageer of aanhitsing van geweld of haat voorstel, nie aanvaarbaar is nie,” sê mnr. Groenewald.

‘n Verdere versoek is ook aan die OVK gerig waarin die VF Plus beswaar aanteken teen die Engelse afkortings van die name van die VF Plus (FF Plus in Engels) en die EVV (EFF in Engels) aangesien dit tot verwarring onder die publiek kan lei.

Mnr. Groenewald sê die VF Plus ervaar reeds dat verwarring bestaan op onder meer netwerke van die sosiale-media.

“Die VF Plus sal oor hierdie aangeleenthede die nodige bewyse aan die Verkiesingskommissie voorlê indien dit benodig word. Oor die naamkwessie verwag ons ook ‘n deeglike verduideliking van die (OVK) oor sy besluit.

“Tot nog toe is die VF Plus die enigste party wat die registrasie van Malema se party teenstaan. By ons is daar geen twyfel nie dat dit ongrondwetlik is en die OVK sal gewis sy mandaat versaak indien die registrasie van die EVV goedgekeur word, sê mnr. Groenewald.

DA, EFF sal saamwerk in Tlokwe

tlokweDie DA wil met die 14 geskorste ANC-raadslede in die Tlokwe-stadsraad in Potchefstroom in Noordwes saamwerk wat gehelp het om Maphetle Maphetle as vorige burgemeester te ontsetel.

Die nuwe burgemeester, Annette Combrink, sal amptelik vandag met haar pligte begin.

Sy sê sy sien uit na die moontlikheid om met die geskorste raadslede in ‘n koalisie saam te werk.

Van dié lede ondersteun Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters.

Die DA het voorheen aangedui dat hulle van die geskorste raadslede wat met die EFF simpatiseer, finansieel sal ondersteun.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het Maandag beslis dat Maphetle uit die kantore moet padgee.

Die ANC het gister sy planne om teen die uitspraak te appelleer, laat vaar, nadat die ontsetelde burgemeester eers vasgeskop het en nie die kantoor wou ontruim nie. – RSG/praag

ANC erken Zim-burgers se aandeel in SA

Zim-wynkelners slaag die toets
Zim-wynkelners slaag die toets

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het het toegegee dat pres. Robert Mugabese stelling dat Zimbabwiese burgers Suid-Afrika se ekonomie oorgeneem het, waar is.

Hy gesê Suid-Afrika kan by Mugabe gaan kers opsteek wat betref beleggings in onderwys en opleiding.
Hoewel “dit erg is om by Mugabe te hoor”, is dit nie onwaar nie, het Mantashe by ‘n inligtingsessie erken.
“In die landbou en gasvryheidsbedryf is daar orals Zimbabwiërs omdat ons jongmense blykbaar dink sulke tipe werk is benede hulle.”
Hy het ook Zanu-PF daarvan beskuldig dat hy die ANC wil destabiliseer met Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), maar nie meer besonderhede gegee oor dié poging nie.
Mantashe het verklaar dat Malema se nuwe politieke beweging deur Zanu-PF gedryf word en daarom afwyk van die Vryheidshandves “en baie meer met Mugabe en Zanu-PF” te make het.
“Nêrens in die Vryheidshandves sê dit grond moet sonder vergoeding gevat word nie. Malema gaan te kere oor die besitreg van minerale onder die grond. Besit die staat dit nie reeds danksy wetgewing nie?”

Die ANC bekommer nie dat Malema die jeugstem gaan afrokkel nie. “Die jeug identifiseer met die EFF, akademici met (dr.) Mamphele (Ramphela) se Agang . . . die ANC is vir almal.”

EFF wil Afrika se grense afskaf, alle grond konfiskeer

africaAfrika sonder grense! Die ekonomiese vryheidsvegters (EFF) sal die uiteindelike integrasie van die Afrika-kontinent help bevorder deur die uitskakeling van die nasionale grense, volgens sy manifes.

Die “protes-beweging“ onder leiding van Julius Malema het gesê die grense tussen Afrika-lande is “onnodig“, veral dié tussen Suid-Afrika en Botswana, Lesotho, en Swaziland.

“Die EFF sal … vir die uiteindelike integrasie van die Afrika-kontinent veg deur die erosie en uiteindelike uitskakeling van onnodige grense, wat, in die geval van Suid-Afrika Botswana, Lesotho, Swaziland beteken en grense op ‘n wyse bestuur wat die deelname en goedkeuring van dié lande insluit,” het hy gesê in sy manifes.

“Dit sal ook aangemoedig word in ander dele van die vasteland van Afrika.“

Dit vorm deel van die EFF se beleid oor “progressiewe internasionalisme“.

Die EFF sê hulle pleit ook vir vrye handel oor die hele vasteland.

Oor immigrasie, is die beweging verbind tot die stryd van alle immigrante, of hulle in Suid-Afrika wettig of onwettig verkeer.

Daar word gesê dat immigrante se basiese regte moet gewaarborg word in die land.

“Sekere basiese regte kan nie ontken word aan enige mens wat in Suid-Afrika is nie, ongeag of hulle in besit is van sekere dokumente of nie.

“Basiese regte wat moet gewaarborg word, en sluit in toegang tot gesondheidsorg, toegang tot onderwys vir kinders, die beskerming van die super-uitbuiting deur werkgewers, en toegang tot die begrafnisregte in Suid-Afrika.“

Die proses van aansoek vir burgerskap moet nie ingewikkeld wees nie.

“Die staat moet, deur middel van sy wetgewende kapasiteit, vir die oordrag van alle grond aan die staat sorg, wat dit sal administreer en gebruik vir volhoubare ontwikkelingsdoeleindes,” het die EFF het ook gesê in sy manifes.

“Hierdie oordrag moet gebeur sonder vergoeding, en alle Suid-Afrikaners, swart en wit, moet aansoek doen om gebruik.“

Sodra die grond onder die staat se beheer is, sal ‘n “grondgebruik lisensie” uitgereik word aan aansoekers.

Die lisensie sal toegestaan ​​word slegs as die gebruiksdoel aangedui word, het die EFF gesê.

Die lisensie sal geldig wees vir 25 jaar en kan hernu word gebaseer op die vraag na grond.

“Die staat moet, binne hierdie konteks, hou die reg om die lisensie terug te trek en weer toe die grond vir openbare doeleindes.“

Die EFF het gesê onteiening sonder vergoeding is een van die sewe ononderhandelbare “kardinale pilare” van sy beleid.

Die EFF hou ‘n konferensie in Soweto op Vrydag en Saterdag om sy beleid en manifes uit te werk.

– Sapa

Skrap kriminele rekords sê EFF

Die rooi barette
Die EFF

Kriminele rekords van oudmisdadigers wat skuldig bevind is aan sekere misdade, moet geskrap word, het die Economic Freedom Fighters in sy handves gesê.

“Die vlakke van oudmisdadigers in Suid-Afrika weer in hegtenis geneem word, is baie hoog, want die land se korrektiewe stelsel is nie korrektief nie,” het die protesbeweging, wat staan onder leiding van Julius Malema, gesê.

“Die korrektiewe stelsel moet getransformeer word om verpligte opvoeding en opleiding vir alle gevangenes in te sluit.”

Die EFF het gesê dít sal gevolg word deur die skrap van kriminele rekords van sommige oudmisdadigers, afhangend van die erns van die misdade wat gepleeg is.