Skrap kriminele rekords sê EFF

Die rooi barette
Die EFF

Kriminele rekords van oudmisdadigers wat skuldig bevind is aan sekere misdade, moet geskrap word, het die Economic Freedom Fighters in sy handves gesê.

“Die vlakke van oudmisdadigers in Suid-Afrika weer in hegtenis geneem word, is baie hoog, want die land se korrektiewe stelsel is nie korrektief nie,” het die protesbeweging, wat staan onder leiding van Julius Malema, gesê.

“Die korrektiewe stelsel moet getransformeer word om verpligte opvoeding en opleiding vir alle gevangenes in te sluit.”

Die EFF het gesê dít sal gevolg word deur die skrap van kriminele rekords van sommige oudmisdadigers, afhangend van die erns van die misdade wat gepleeg is.