Skrap kriminele rekords sê EFF

Die rooi barette
Die EFF

Kriminele rekords van oudmisdadigers wat skuldig bevind is aan sekere misdade, moet geskrap word, het die Economic Freedom Fighters in sy handves gesê.

“Die vlakke van oudmisdadigers in Suid-Afrika weer in hegtenis geneem word, is baie hoog, want die land se korrektiewe stelsel is nie korrektief nie,” het die protesbeweging, wat staan onder leiding van Julius Malema, gesê.

“Die korrektiewe stelsel moet getransformeer word om verpligte opvoeding en opleiding vir alle gevangenes in te sluit.”

Die EFF het gesê dít sal gevolg word deur die skrap van kriminele rekords van sommige oudmisdadigers, afhangend van die erns van die misdade wat gepleeg is.

5 thoughts on “Skrap kriminele rekords sê EFF”

  1. Die waarheid is dat talle misdadigers in die hoogste poste in die land sit. Hulle word nie meer misdadigers genoem nie omdat Desmond Tutu se WVK hulle sondes vergewe het. ‘n Ander wanpraktyk het bly voortbestaan, naamlik dat die President misdadigers se kriminele rekords kan uitwis. Dit is wat in die geval van bv Allan Boeksak gebeur het. Die voorlegging is deur Franklin Sonn gedoen. Onlangs is berig dat baie mense wat slegte skuld het se name van die swartlys verwyder is. Hulle is dus vry om weer maklik skuld aan te gaan. Die uitwissing van kriminele rekords is ‘n dwase praktyk, want dit moedig noodwendig misdaad aan.
    Leon Lemmer

    1. Leon net so ietsie oor die name van mense op ‘n swartlys vir skuld. Ek is bly dit gaan gedoen word want daar is talle gevalle waar mense se name ondeurdag op swartlyste geplaas word deur enige jan rap en sy pêl. Ek is onlangs gedreig deur Vodacom deur dieselfde met my te doen deur skuld wat ek nie eers verantwoordelik voor is nie. Nee wat ek dink dit het in ‘n sirkus ontaard wat maar geskrap kan word.

  2. Wie kan nou die hanswors ernstig opneem? net die verkiesing sal leer. In n land sonder private eiendom kan ons maar die ekomonie toemaak. Hy wil die banke en myne en sommer al die eiendom vat. Eiendomsreg en kapitaal gaan hand aan hand. NIemand gaan tog iets wil koop, verbeter of onderhou indien jy dit nie besit nie. Indien daar dus nie geleenthede vir beleggers in SA is sal kapitaal maar landuit vloei saam met al die desperate mense wat nog onder n kapitalistiese stelsel wil leef.na al die eiendom geneem is kan die banke hul deure maar toemaak. Daar sal geen motivering vir enige-een wees om lenings nog te betaal nie. Die deelname van die EFF aan die verkiesing is dalk die grootste IK toetse tot nog toe. maar wat as meer as die helfte van ons kiesers werklik dom is? wat sal die buiteland van die mandela-wonder reenboognasie Se^? dat demokrasie altyd die oplossing is? sal apartheid weer die skuld kry? gaan Naspers nogsteeds die blanke rassiste kastei ?

Maak 'n opvolg-bydrae