Suid-Afrika moes op ‘n groot soektog gaan om ingenieurs te lok weens die vaardigheidstekort in die land, het die ingenieursraad van Suid-Afrika (ECSA) Vrydag gesê.
“Die hoeveelheid werk wat aan die gang is, is heeltemal te veel vir die hoeveelheid ingenieurs wat beskikbaar is om dit te doen,” het die raad se hoofuitvoerendebeampte, professor Hu Hanrahan gesê.
ECSA het bygevoeg dat dit die oproep deur raadgewende ingenieurs van Suid-Afrika (CESA) ondersteun om ingenieurs wat afgelê is as gevolg van die globale finansiële krisis na die land te bring.
CESA het vroeër vandeesweek gesê dat die huidige globale krisis wat veroorsaak het dat baie ingenieurs regoor die wêreld ontslaan word ‘n ideale geleentheid is om daardie vaardighede na Suid-Afrika terug te bring.
“As ‘n regulerende organisasie, is ons daaraan toegewy om saam te werk met alle relevante partye om seker te maak dat die broodnodige vaardighede in die ingenieursektor in die hande gekry word."
“Ons kyk tans buite die land se grense om indiwidue te registreer om die gapings in die industrie te vul,” het Hanrahan gesê.
Die aflegging van ingenieurs in sommige gebiede sal ‘n geval wees waar dit Suid-Afrika se wins is, het hy gesê.
“Ons sal hulle graag wil absorbeer,” het Hanrahan gesê.
Huidige syfers by die departement van arbeid toon dat daar ernstige tekorte is in die siviele, chemiese, meganiese en ander ingenieursektore bestaan.
Tensy daar ernstige optrede plaasvind, gaan die probleme waarmee die industrie te kampe het, voortduur, het ECSA gesê.


Goudproduksie in Suid-Afrika het in 2008 met 13,6% gedaal tot sy laagste vlak sedert 1922, het Suid-Afrika se kamer van mynwese Dinsdag gesê.