Wulff, of dan “Wolf” is nou “skaapwagter” maar eers na twee slaggate getref is Christian Wulff is pas as Duitsland se nuwe president aangewys. Dié grootliks seremoniële amp is vakant gelaat nadat sy voorganger die sonde gepleeg het om ‘n politieke uitspraak oor Afganistan te maak. Wulff, wat tot sy presidentsverkiesing die premier van die
Nasionalisering van ondergrond het impak op bogrond – twee hofsake
‘n Pas-afgehandelde hofsaak, en nog ‘n hofsaak vroeër vanjaar, toon ondubbelsinnig hoe ernstig ‘n onlangse gedagte van die regering kan wees om landbougrond tot nasionale bate te verklaar. Die twee hofsake handel oor mynregte, en beide spruit uit die staat se verklaring van mineraleregte tot nasionale bate. Hoewel die regering dit ontken, is die land
Lees verder: Nasionalisering van ondergrond het impak op bogrond – twee hofsake
Uitspraak vandag in Selebi-verhoor
Uitspraak in die verhoor van die nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi se korrupsieverhoor word vandag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof gelewer. Selebi staan tereg op korrupsie in verband met tot R1,2m wat hy na bewering van verskeie mense in ruil vir gunste ontvang het, asook aanklagte van dwarsboming van die gereg. Gedurende die finale argumente vroeër in
Turkse vloermoere namate Armeense volksmoord se eeuherdenking naderkom
Die Turke se volksmoord op tussen ‘n miljoen en een en ‘n half miljoen Armeniërs spook steeds by die Turkse owerhede, al word dit na amper ‘n 100 jaar steeds ontken. Armeniërs is besig met voorbereidings om die geleentheid, wat in 1915 in alle erns begin het, se “eeufees” te herdenk. Die jongste Turkse vloermoer
Lees verder: Turkse vloermoere namate Armeense volksmoord se eeuherdenking naderkom
Amerikaanse toeris in Johannesburg geskiet
‘n Amerikaanse toeris is tydens ‘n rooftog in Johannesburg geskiet, net nadat hy van die Gautrein afgeklim het om sy vakansie in Suid-Afrika te begin. ‘n Woordvoerder vir die polisie, luitenantkolonel Leon Engelbrecht van die Wêreldbeker-gesamentlike-operasiesentrum, het gesê die 35-jarige David Bueche is aangerand en in die arm geskiet nadat hy Marlboro-stasie net ná 21:00
Afrikaners geniet sokkerkyk
SuperSport het ‘n opname onderneem oor kykertalle tydens die eerste drie weke van die Wêreldbekersokkertoernooi. Clinton van der Berg, SuperSport se kommunikasiehoof, het Woensdag aan Nuus24 gesê die Wêreldbekergeleentheid het ‘n “onverwagte en dramatiese toename” ‘in die getal Afrikaanse sokkerkykers tot gevolg gehad. ‘n Rekordgetal van 341 000 Afrikaanssprekendes het na die openingswedstryd tussen Suid-Afrika
Sielkundige impak van wêreld-ekonomiese krisis
Terwyl ‘n Amerikaanse paneel nog nie onomwonde kon bevestig dat die wêreld-ekonomiese krisis iets van die verlede is nie, is dit duidelik dat state, instansies en individue nie deur die krisis onaangeraak is nie. In die VSA is daar selfs ‘n groep wat ‘n dubbele insinking, die sogenaamde “double dip” verwag. Versigtigheid is nou die
SA se bedenklike wapenverkope
“Die ou politiek-wetenskaplike gesegde stel dit dat lande in die internasionale politiek nie vriende het nie, net belange. Met die ANC se bewindsaanvaarding is grootliks van hierdie konsep afgestap, en is vriendskapsbande dikwels weens historiese bande gehandhaaf – dikwels met van die wêreld se bekendste muishondlande soos Libië en Kuba. Dit het selfs tydens SA
Bepleit Bekker ideëkolonialisme?
‘n Onlangse beriggie in Naspers het bykans ongesiens verbygegaan. Koos Bekker, uitvoerende hoof van Naspers, het gewys na voordele van “sosiale media” asook die gevare en dat dit tot polarisasie kan lei. (Beriggie hieronder). Hierdie kwessie word al lank en ruim deur talle instansies en individue onder die loep geneem. Die baken hiervan, uit die
Engelse kleedkamerindringer los
‘n Sokkeraanhanger van Engeland, Pavlos Joseph, wat glo deur David Beckham ná ‘n Wêreldbekerwedstryd in die Engelse kleedkamer betrap is, is Woensdag vrygelaat ná hy ‘n boete van R750 betaal het. Joseph is verlede week aangekla nadat hy op 18 Junie die Engelse span se kleedkamer in die Kaapstad-stadion ná ‘n wedstryd onwettig binnegegaan het.
